Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Groot Karoo se agterpaaie

Groot Karoo

Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense.

As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het.

Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken in die Karoo is die kaarte onmiddellik nader getrek.

Fraserburg, Loxton & Carnarvon het uit gespring op die kaarte maar met Streicher wat nog net 2 maande oud is, wou ons nie te veel km op ʼn dag gery het nie, want mens ry sommer maklik die jongspan moeg.

Daar is besluit dat Loxton & Carnarvon dalk net te ver gaan wees en dat ons die keer by Fraserburg gaan draai. Met die dat ons ʼn eindbestemming het was dit hoe kom ons daar en watse pad ry ons terug.

Groot Karoo toer 2018

Ons spannetjie was soos volg:

  • Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé)
  • Laas’e (Paul, Marina, Munnik & Streicher)
  • Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

Met die dat ons laas jaar so lekker gekuier het by Cassie Steenkamp-hulle het ons besluit om die 1st aand sommer weer by Amandeldrift aan te gaan.

Van Wellington sou ons weer die Ceres Karoo in skiet op die R355. Na ʼn vinnige/verpligte soetwyntjie by die Tankwa Padstal, draai ons regs en vol die grondpad tot ons aansluit by die R356.

+/- 50 km verder draai ons links op pad Ouberg Pas toe. Soos altyd lei Jacques die konvooi en die knaap het nou al ʼn reputasie op gebou om altyd die perfekte plekkie (of dit nou vir kamp of sommer net iets te eet langs die pad) te kry. Geluk was weereens aan sy kant en die dames het ons verras met ʼn ongelooflike verskeidenheid eetgoedjies.

Groot Karoo toer 2018

Wat is ʼn avontuur dan nou sonder so bietjie teëspoed. Daai teëspoed sou die einste Jacques tref toe sy linkeragterwiel besluit het, hy het nou genoeg grondpaaie gery.

By Ouberg Pas word daar soos altyd eers gestop by die uitkyk punt waar ʼn paar kiekies en ietsie kouds vir die kele geniet word.

Groot Karoo toer 2018

Volg die pad tot by die T-aansluit. Regs volg jy die pad tot voor Sutherland, ons draai links en so 25km verder stop ons by Cassie-hulle op die plaas.

Winter in die Karoo beteken net een ding – daar moet vuur gemaak word, en mens het ons nie vuur gemaak nie. Cassie en die kinders het ook later die aand aangesluit en soos altyd was daar geëet soos konings. Natuurlik was daar ook darem so paar onbekende vuil Cokes wat mens nie sommer so alleen kan laat staan het nie.

Groot Karoo toer 2018

Vrydagoggend en die bakkies se temperatuur wys -4. Die wêreld is koud en dit is maar ʼn gesukkel om uit die bed te kom. So net na 10am en ons is weer aan die beweeg. Tyd om die bakkies se neuse Fraserburg se rigting toe te stoot.

Groot Karoo toer 2018

Tweede aand sou ons by Witfontein Gasteplaas kuier. In Sutherland draai ons links net na die hotel en volg die R356 tot in Fraserburg. Die veld lyk mooi met die dat die veld blommetjies plek-plek uit skiet.

So 40km buite Sutherland en daar word eers gestop vir middagete langs die pad. Die wêreld is koud en die wind sny deur die baadjies. Die kinders lyk of dit hul geensins pla nie en hardloop die wêreld plat om ons.

By Fraserburg en daar word eers by Pep gestop om paar goedjies vir die kinders te koop.

Groot Karoo toer 2018

Daarna vat ons die R353 vir so 26km tot ons die Witfontein bordjie kry. Lorraine (ons gasheer) wag ons in met ʼn groot glimlag en drukkies vir almal.

Soos altyd vat dit nie lank en die vuur brand weer lekker. Na ʼn vinnige verkenning van die plaas begin Jacques met die nodige voorbereidings vir sy Springbok & skaapsterte pot.

Groot Karoo toer 2018

ʼn Bottel vonkelwyn maak sy verskyning en kort voor lank is die geselligheid om die vuur jolig.

Hoe gaan die gesegde – “and the rest was history”, haha.

Saterdagoggend en al die krane in die huis is vas gevries. Die vonkelwyn spannetjie staan maar swaar op uit die bed haha.

Jacques trek die kaart nader en ons bespreek ʼn moontlike roete wat ons wil aanpak. Terug in Fraserburg word die bakkies vol gemaak en dan draai ons links by die Posroete bordjie.

Die aanvanklike plan was om die Posroete pad te volg en dan weer aan te sluit by die pad wat skuins verby Merwerville sou gaan tot by die N1, maar vir een of ander rede kon ons net nie daai aansluitings pad kry nie.

Die pad sluit later weer aan by die R356 en kort voor lank ry ons Sutherland weer binne. Die keer word daar nie verby die hotel gery nie en middagete word by die hotel geniet. Loop sommer ʼn paar ou vrinne (Theunis & Sophia en hulle familie) ook by die hotel raak.

Van Sutherland volg ons die R354 tot by Matjiesfontein, draai regs en volg die N1 vir so 15km tot ons die Jagerskraal Farm bord regs van die pad kry.

Terwyl die kinders die area verken & diere kos gee word daar weer groot vuur gemaak. Die vorige aand se vonkelwyn spannetjie teug maar rustig aan ietsie ligs 

Groot Karoo toer 2018

Sondagoggend en die voertuie word vir die laaste keer gepak. Dit is tyd om huis se kant toe te staan, maar niemand is lus om die N1 terug te ry nie. Ons is mos hier om nuwe paaie te ontdek.

12km verder draai ons links, skiet oor die treinspoor en volg die grondpad (wat parallel hardloop met die N1) terug na Laingsburg se rigting. Die aanvanklike plan was dat ons net voor die Anysberg Natuurreservaat sou wegbreek en dan die netwerk van grondpaeie sou volg tot by Montagu, maar weereens mis ons die afdraai.

So paar km voor ons die teerpad (R323) sou kry wat na Laingsburg toe sou gaan, kry ons ʼn aftrekplek aan die bo-punt van ʼn kloof en besluit dit is sommer nou tyd om vuur aan te steek.

Groot Karoo toer 2018

Die kaarte & GPS toestelle word weer deeglik deur gegaan om te kyk waar die verdomde pad is wat ons gemis het. Kry uiteindelik die pad op die GPS en besef ons is al so 34km gelede verby hom. Besluit ons het mos in elke geval niks om te doen by die huis nie so met die dat tyd aan ons kant was, “back-track” ons die +/- 34km en kry die afdraai.

ʼn Groot geel bord stop ons in ons spore soos ons links draai wat ons in kennis stel dat hierdie nie meer ʼn deurgangspad is nie, maar dat dit net tot by die Witteberg Natuurreservaat gaan.

“Bliksem!”, is al woord wat by my mond uit kom. Maar niks wat mens daaromtrent kan doen nie en daar word besluit op die alternatiewe roete, wat ons sover moontlik wou vermy het, die N1.

Baie gelag, baie vuur gemaak & ongelooflike memories. Tot die volgende keer.

Kliek hier vir paar foto’s van ons reis.

Related Posts

Comments (3)

Lyk lekker. Great fotos…

Mis n vuil coke saam almal daar!

Mis jou ou groot gees. Die verdomde vuil Cokes was die stof so lekker uit die mond, maar aai dit skep chaos met die gewig 🙁

Dit was super lekker en dankie vir al die lag!!! En hulp met d kleinspan

Leave a comment