Die jaar het einde se kant toe begin staan en almal was maar lekker gatlam van die dag-tot-dag se gejaag. Ou groot Jacques kom toe met die voorstel dat ons vir ‘n aand moet wegbreek, net ons mans. Sy woorde was skaars koud en ʼn datum is vas gemaak. Beste om hierdie 48 uur avontuur op te som is die volgende twee video’s op ons YouTube kanaal. Tot ‘n volgende keer. Tarra
Tankwa Padstal
Wanneer laas het jy saam met twee wildvreemde families in ʼn rigting in geskiet? Nee, ek praat nie van daai keer op hoërskool toe jou vriende vir jou ʼn blind-date gereël het met jou eie niggie nie. Wag, voor dit woes weird begin raak laat ek sommer reguit inspring met die storie. Hoe ouer ek raak hoe meer begin ek my verskeie sosiale kanale vir spesifieke doeleindes gebruik. Bv. Facebook is om al die belangrike verjaarsdae en nuus van families te kry, maar ook die een wat my tans die meeste…
Dit is weer daai tyd van die jaar wanneer alles wat leef en beef in ʼn winkel sentrum, of op die strand is. Dus probeer ek hierdie twee slagvelde sover moontlik vermy. As ons die see ding gaan doen, moet ek myself geestelik voorberei want Marli & die seuns is mal oor die verdomde plek, dus is dit nie ʼn vinnige episode nie, maar ʼn lang dag in my lewe. Vir een of ander rede wil ek die tyd van die jaar nie oorval word met tonne mense nie. Die jaar…
Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…