Moeilik om te glo dat ons klomp vriende, bietjie minder as ʼn jaar laas saam gekamp het. Genade, wat het van die jaar geword. Ons sal hierdie situasie duidelik moet aanspreek by die volgende braai. Schoongezicht is geleë aan die voet van die Skurweberge in die Koue Bokkeveld, Wes-Kaap. Met ons vorige besoek so 2 jaar gelede, was dit DIEP winter, en my mens ek het lanklaas so gebewe soos daai aand. Die keer het ons besluit om in die Somer te kom kuier. Toe ek die foto van Alex Kock…
Ons kuier by Gecko Rock het tot ʼn einde gekom en ons is weer aan die beweeg. Volgende stop is by Laingsburg, 85km verder, en dan is dit nog so +/- 12km tot by Buffelsrivier waar ons vir die volgende twee aande lekker in die veld gaan kamp. By die ingang van die plaas ontmoet ons ʼn oud Boland Landbouer, Izak van der Vyver, en ons manne skud blad. Ons is van die eerste besoekers wat na die groot reën daar kom kamp, so die Buffelsrivier loop op plekke lekker diep….
Na ons twee aande se kuier by Zwartkop Guest Farm, draai ons regs op die R46 na Touwsrivier. Die Matroosberge regs van ons is spierwit onder die sneeu en ons 3 manne lag lekker in die Cruiser want ons weet die volgende paar dae in die veld gaan klippe kou verg. Gecko Rock is so +/- 26km buite Touwsrivier en hierdie sou ons derde besoek aan hulle wees. Ons manne het al die voorreg gehad om by hul Echo Valley kamp asook ʼn “wild” kamp (hulle was vol en het ons…
Vrydagmiddag en die weer in Wellington lyk kwaad. YR.com voorspel ʼn groot koue front wat deur die Weskaap gaan beweeg en die eerste reën gaan Wellington die middag al tref. Ek het geen begeerte om daarvoor te wag nie, so ons 3 manne en Mila besluit om in die pad te val Tankwa Karoo toe. Dawie Joubert van Zwartkop Guest Farm het ons manne genooi om bietjie by hul Lapa te kom kamp en as ek so na die donker weer in my truspieëltjie kyk, is ek dankbaar ons het die…
Donderdag laat oggend het ek gevoel soos Appel se liedjie FOUTE, want ʼn groot naweek het op ons gewag. Meer spesifiek, ʼn JAG naweek het vir my en die seuns voorgelê in Aberdeen. As gevolg van eksamen roosters wat geskuif het, kon ons nie die Woensdag saam met die res van die manne al deur geskiet het nie, maar Donderdagoggend is ons 4 manne (Joshua, Lourens se seun, het ook nog eksamen geskryf) direk na die eksamens in die pad gewees. Met al die groot reën wat ons oor die laaste…