Skip to main content Scroll Top
Polenswa

03 Aug: Mabuasehube!!

Ons is nou vyf dae in ons Kgalagadi-avontuur tydens die Junie/Julie-skoolvakansie. In die eerste deel van die reis het ons via Fraserburg die park by Twee Rivieren binnegegaan. Ná ‘n paar onvergeetlike aande by Rooiputs en Nossob, pak ons nou die pad verder noord aan na Polentswa – een van die Kgalagadi se mees besondere kampe. Mense het my gewaarsku die Kalahari is bitter koud gedurende die winter seisoen, maar van dag een het ons die perfekte weer ervaar. Aande was koud, maar gedurende die dag was dit enige iets van…

Kgalagadi

23 Jul: Katte met tande in die Kgalagadi

Bietjie meer as nege jaar gelede het ek en die langman van Franschhoek, Lourens Hugo, ons eerste reis al langs die Weskus se kuslyn aangepak. Min het ons geweet dit sou net die punt van die ysberg wees – daarna sou daar nog vele toere, kampe, jagte, visvang en onvergeetlike avonture volg. In 2021 het ons na Khutse, Botswana, gereis, en wat ‘n belewenis was dit nie! Nou, vyf jaar later, is die jongspan ouer en lus vir nóg ‘n avontuur. Neem eers ‘n paar minute om hierdie reeks artikels te…

Blog-Main-Image-Template(1)

01 Mar: Lekker mense en wind by Welgegun

Skokkend om te dink dat die laaste pa-en-kind-kamp wat ons van ons gemeente, NG Wellington-Oos, kon bywoon, drie jaar gelede was. Lian se somersportskedule help nie die proses nie, maar gelukkig het die sterre dié jaar belyn en kon ons die kamp op die nippertjie bywoon. Soos in die vorige jare was Henry de Koker aan die stuur van al die reëlings, en man, dit is lekker om net te kan opdaag vir ’n kamp waar alles reeds gereël is. Welgegun-kampterrein is net buite Rawsonville geleë, op die oewer van die…

Lesotho

27 Jan: Lesotho se berge, Koffiebaai en taai vakansie kompetisie

Vroeg in 2025 sit ek met die kaart en doen ’n bietjie beplanning vir die einde van die jaar se vakansie. Ons gaan definitief Kersfees by my suster en Stiaan (die seuns se nefie) in Gqeberha vier, maar voor dit moet daar eers ’n draai gery word. Ek kyk na al die aangrensende lande, maar nie een spring regtig vir my uit nie. Dalk is dit ’n goeie tyd om iets plaaslik te doen? Siedaar — daar staan die ronde oop kol tussen die Vrystaat en Natal uit soos ’n geel…

Middelstevlei

23 Oct: ʼn Swembad in die Moordernaarskaroo

Ons reis verder… Lees gerus die eerste gedeelte van ons Moordernaarskaroo trippie – Manne tyd in die Moordernaarskaroo. Ons volgende stop is by Middelstevlei Wildernis Kamp, so ongeveer 40 kilometer vanaf Buffelsrivier is. Die wêreld is klaar warm en, omdat Laingsburg nogal naby is, sal ʼn lekker groot Wimpy melkskommel mos ʼn lekker bederf wees. Gewapen met ʼn melkskommel elk, is ons weer op die grondpad. Al die vensters oop, lekker tunes op die radio en die Cruiser wat die grondpad opvreet. Lian knak eerste en kort op sy hake gaan…

    Hidden fields