Dit is weer daai tyd van die jaar wanneer alles wat leef en beef in ʼn winkel sentrum, of op die strand is. Dus probeer ek hierdie twee slagvelde sover moontlik vermy. As ons die see ding gaan doen, moet ek myself geestelik voorberei want Marli & die seuns is mal oor die verdomde plek, dus is dit nie ʼn vinnige episode nie, maar ʼn lang dag in my lewe.
Vir een of ander rede wil ek die tyd van die jaar nie oorval word met tonne mense nie. Die jaar het klaar sy merke op my gemaak en die rustigheid met ʼn boek êrens is al waarna ek begeer, maar dit is seker iets wat later sal kom in die lewe, want eers moet ek die twee woelwaters van my lewend deur hierdie vakansie kry.
Dit is langnaweek en ek voel skuldig om die hele naweek by die huis te spandeer. Lang voorafbespreekte kuiertjies saam met vriende verhoed dat ons sommer net in die pad val in ʼn rigting.
Die jukkerigheid om nogsteeds weg te breek, al is dit net ʼn aand lê nog vlak. Elke kampeerplek sal nou al bars uit sy nate van vakansiegangers en dit is die laaste ding waar ek myself nou wil bevind.
ʼn Idee begin plek vat hier in my gedagtes en ek skiet die voorstel op ons manne se WhatsApp groep. Die belangstelling is onmiddellik daar gevolg deur bevestiging dat dit nou maar so is dan.
Sondagmiddag endie Boland spog alweer met sy hitte. So net na 17h30 skuif die 3 Toyota’s agtermekaar in en suiker ons Bainskloof pas uit op pad Op Die Berg se rigting.
Bo op die Gydopas draai ons regs en volg die grondpad verby Kaleo Gasteplaas. ʼn Goeie ou vriend, Danie van Tonder, het my vertel van hoe hy die plekkie op Google Earth gesien het en besluit om dit een Vrydagaand, toe hul op pad was met vakansie, te gaan soek. Hy het die plekkie gekry en seker gemaak hy neem waypoints daarvan.
Ons kry dieJeeptrack regs van die pad en sien ʼn spoor loop links en ʼn ander regs. Ek volgdie een regs en dit verdwyn later voor ons. Ons back-track en besluit om diespoor wat links loop te probeer. Lourens vat voor en ons beweeg deur die veldtot ons die sandduin langs ʼn klipkrans kry.
Die wêreld is rustig en al wat jy hoor is die geknetter van kameeldoring en die sonbesies.Terwyl ʼn staanrib sy plek langs die vuur in neem, maak ʼn paar krewe ook hulverskyning. Alles is rustig en die dag se hitte is lankal iets van die verlede.
Maandagoggenden die manne is al vroeg aan die beweeg. Vandag is daar niks spesifiek beplannie so ons ry waar die bakkies ons maar vat. By Droelandskloof pas word daarkoffie & beskuit in die skadu van die kranse geniet totdat die son sestrale ons vang en ons besluit om verder aan te stoot.
By die R355T-aansluiting besluit ons dit is dalk ʼn goeie idee om ontbyt by die TankwaPadstal te gaan geniet en maggies dit was ʼn puik idee gewees. Die vorige aandse sand en vuur reuk word sommer in die swembad afgewas.
ʼn Paar van die manne het nog nie die grondpad na die R303 (net voor Op Die Berg) gery via Groenfontein Privaat Natuurreservaat nie, dus is ons ʼn km terug op die R355 envat dan ʼn links en suiker die berg op.
Maandag vroegmiddag hardloop die 3 voertuie Wellington binne. Blad word geskud en elk skiet in sy eie rigting.
Die kop is skoon en daar is sommer weer rustigheid. Dankie vir ʼn puik jaar almal – tot volgende keer.
Kliek hier vir ‘n paar foto’s van die vinnige avontuurtjie.
Great Henry