Karoo

Blog Main Image Template

10 Feb: Merweville hitte & die Karoo sonsondergange

Merweville is ʼn Karoo dorpie so 45km Noordwes van Prins Albert en as jy enige iemand sal vra of hul al van die dorpie gehoor het, sal meeste eers Google raadpleeg om te sien waar die plekkie presies sit. Wel +/- 13 jaar gelede was ek en ʼn paar vriende (van Willeklong verlede) deel van daai lysie en het ons vir een of ander onverklaarbare rede opgeëindig op Merweville. Dit was maar net nog ʼn dorpie op ʼn kaart waar ons nog nie was nie, en dit was genoeg van ʼn…

Blog Main Image Template

17 Jun: Kuier op Plaatfontein

As iemand begin van die jaar vir my genoem het dat ons, en so ook die res van die wêreld, op ʼn “lockdown” gaan wees sou ek die persoon sterk aangeraai om sy medikasie weg te foeter want WTF dink jy ou maat. Hierdie is nie Hollywood nie – trek jou ronde gesiggie weg van die TV en lewe vir ʼn slag man #SiesMan. Maar ja, so is die koeël toe wragtig deur die kerk en oom Cyril se ons moet Jan Tuisbly vir ʼn paar maande. So word die beperkings…

48966750293_e814e33ea9_o (1)

27 Oct: Saam met ʼn Rolbos & ʼn knaap van Afrika

Wanneer laas het jy saam met twee wildvreemde families in ʼn rigting in geskiet? Nee, ek praat nie van daai keer op hoërskool toe jou vriende vir jou ʼn blind-date gereël het met jou eie niggie nie. Wag, voor dit woes weird begin raak laat ek sommer reguit inspring met die storie. Hoe ouer ek raak hoe meer begin ek my verskeie sosiale kanale vir spesifieke doeleindes gebruik. Bv. Facebook is om al die belangrike verjaarsdae en nuus van families te kry, maar ook die een wat my tans die meeste…

Paasnaweek Karoo

25 Apr: Paasnaweek in die Karoo

Met die dat ons oor twee maande op ʼn 3 weke toer gaan wees, sou ons aanvanklik maar laag gelê het tuis, maar so twee weke voor Paasnaweek besluit ek dit gaan nie deug nie en stel die seuns in kennis dat dit weer tyd is dat hulle en “verlate plekke” mekaar weer ontmoet. Toe ek dit noem kon ek sien Jean dink terug aan sy eerste besoek aan Verneukpan en hoe hy stom geslaan was dat daar letterlik NIKS was nie. Vrydagoggend (19 April) so net na 10am trek ons…

Camp Google

18 Dec: Kamp Google

Dit is weer daai tyd van die jaar wanneer alles wat leef en beef in ʼn winkel sentrum, of op die strand is. Dus probeer ek hierdie twee slagvelde sover moontlik vermy. As ons die see ding gaan doen, moet ek myself geestelik voorberei want Marli & die seuns is mal oor die verdomde plek, dus is dit nie ʼn vinnige episode nie, maar ʼn lang dag in my lewe. Vir een of ander rede wil ek die tyd van die jaar nie oorval word met tonne mense nie. Die jaar…

Loeriesfontein 1

28 Sep: Loeriesfontein kuier

Einde verlede week skiet ek gou na Jacques op die plaas, buite Wellington, en terwyl ons om die tafel sit en ʼn koppie koffie geniet gesels ons oor die vorige naweek se kuier in Loeriesfontein en wat ʼn puik naweek dit was vir almal betrokke. Soos altyd het ons net ʼn halwe rede nodig om in die pad te val – dus toe Frans met die uitnodiging kom dat ons by hulle in die Hantam op die plaas moet kom kuier tydens Loeriesfontein se bekende kerk basaar was die koeël reeds…

Groot Karoo

13 Aug: Groot Karoo se agterpaaie

Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…