Henry Jonker

Botswana

02 Jul: Victoria Watervalle, Hunters Road & Makgadikgadi Pans

Ons twee weke lange reis van Hentiesbaai na Kasane was voorwaarlik ʼn belewenis, maar die tyd het nader gestaan dat ek en Jacques die bakkie se neus Suide toe moet draai. Ons vriende van Wellington, Jurgens en Karien Schoeman, het intussen by ons groep aangesluit en hulle gaan vir die volgende twee weke verder saam met ons groep reis deur Zimbabwe. Synde dat dit ons laaste dag by Chobe Safari Lodge is, besluit ons om van die geleentheid gebruik te maak om die tuiste van “the smoke that thunders”, ook bekend…

Henties

13 Jun: ‘n Ekspedisie van Hentiesbaai na Kasane

Alte Brucke Resort, Swakopmund: Die tyd het uiteindelik aangebreek. Ek en my goeie ou maat, Jacques Groenewald, vertrek op ʼn 12 dae lange reis saam met vriende van Live The Journey van Hentiesbaai, Namibië tot by Kasana, Botswana. Ons reis begin amptelik so +/- 50kms Noord van Swakopmund by die bekende visvangdorp, Hentiesbaai, waar ons konvooi van 11 voertuie bymekaar kom. Blad word geskud en dan word die nodige VHF radio’s in die voertuie installeer wat nie reeds radio’s in het nie. Jacques trek almal bymekaar en verduidelik die dag se…

default

24 Mar: Boogklip kamp by Boegoeberg

Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…

Henry_01

12 Feb: Chaos oppad Chobe toe en Ngepi se seekooie

Met die Laas gesin sterk oppad terug Klein Nungubais toe, druk ons die Cruiser se neus in ʼn Suidelike rigting op die B8. +/- 1km voor die Ngoma grenspos kry ons die afdraai na Chobe River Camp wat ons tuiste gaan wees vir die volgende 2 dae. Die 4km na die kamp is ʼn grondpad en soos meeste van die kampe waar ons reeds gekamp het, was dit plek-plek onder water. Die GROOT verskil was dat hierdie daai swart kleigrond was, en toe ons deur die eerste gat water gaan, sê…

kaprivi_01

06 Feb: Groot reën & tiervisse in die Zambezi

Ons is presies halfpad deur ons 18 dae lange reis deur Namibië via Outjo en dan Oos, deur die Caprivi strook tot by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park. As jy erg verveeld is nadat jou ma jou Huisgenoot versameling weg geneem het, lees gerus die eerste twee gedeeltes: Van Nambwa beweeg ons verder Oos, al dieper die Caprivi strook in tot by Katima Mulilo waar die voertuie volgemaak word en die nodige proviand vir die volgende paar dae aangeskaf word. Ons tuiste vir die volgende twee aande sou by Zambezi…

Rivier_01

31 Jan: Ons kyk die muskiete vierkantig in die oë in die Caprivi

Daar is opwinding in die lug… Ek en Paul is tot laataand besig om die voertuie gepak te kry, want môre begin die tweede been van ons Namibië toer. (Lees gerus die eerste gedeelte van ons toer na die Caprivi in Namibië) Kinders is soos vlieë om ons. Nie om te help nie, maar net om te kyk watse kos ons alles pak 😊. Vroegoggend is dit nie nodig om die jongspan aan die gang te kry nie. Laaste paar sakke word ingegooi en dan mik ons vir Outjo waar ons…

Caprivi

27 Jan: Mullets, ‘n polisie snor & zeffness Caprivi toe

Ek loop al lank met die idee rond om die Ooste van Namibië te gaan verken, die Caprivi strook om meer spesifiek te wees. Daar is wel nog iets wat my dryf om daai wêreld saam met die seuns te gaan verken. Vriende van my was al jare terug daar en albei het swembroeke van die Ngepi kamp. Vir die normale persoon mag dit soos net enige ander swembroek lyk, maar dit is vir my ʼn teken van iemand wat al deur die Caprivi getoer het… En dit was tyd dat…

manne_01

18 Dec: Skaapkop ete in die Boesmanland

2018!! Amper op my rug geval toe ek sien dat dit die laaste keer was, wat ons klomp manne by Frans se broer, Conrad Laubscher, gaan kuier het. Hoe meer ek daaraan dink, besef ek dat dit wraggies strafbaar is 😊, en Frans (aka gevreesde Span B leier) gaan met die volgende bosberaad moet verduidelik, hoekom dit ons 6 jaar geneem het om weer in daai rigting te beweeg het. Lees gerus meer oor ons kuier in die Hantam wêreld.  Hierdie keer verruil ons die Hantam (Loeriesfontein) vir die Boesmanland (Brandvlei)….

sanddrift_01

06 Dec: Sanddrif se Wolfberg Cracks

Met die lang & nat winter wat ons die jaar gehad het, is hierdie kamp seker meer geskuif as ʼn 2 ure skaak wedstryd. Uiteindelik het al die gesinne se kalenders gesinchroniseer en met geen tekens van reën wat voorspel was nie & eksamens wat iets van die verlede is kon ons uiteindelik Sanddrif gaan besoek het, en die bekende Wolfberg Cracks gaan verken. Was 7 jaar gelede by Sanddrif en dit was lekker om weer in die Cederberge te wees. Voel of ek nog so min van die Cederberge verken…

Weskus(7)_02

18 Oct: Groenrivier lighuis & Waterval se Skuimgat

Ons kuier by Agama Tented Camp het ongelukkig tot ‘n einde gekom (lees gerus meer oor ons kuier hier), en ons het die tweede been van ons vakansie begin. Van Agama beweeg ons terug na Garies, waar die nodige brandstof aangevul word voor ons op die grondpad klim Groenriviermond Lighuis toe. Beide seuns was al vantevore by hierdie bekende lighuis aan die Weskus en dit was ʼn voorreg, diè dat hulle nou bietjie ouer is, om weer daai mooi kusstrook van Suid Afrika vir hulle te wys. Lees gerus meer oor…