Familie

Middelstevlei

23 Oct: ʼn Swembad in die Moordernaarskaroo

Ons reis verder… Lees gerus die eerste gedeelte van ons Moordernaarskaroo trippie – Manne tyd in die Moordernaarskaroo. Ons volgende stop is by Middelstevlei Wildernis Kamp, so ongeveer 40 kilometer vanaf Buffelsrivier is. Die wêreld is klaar warm en, omdat Laingsburg nogal naby is, sal ʼn lekker groot Wimpy melkskommel mos ʼn lekker bederf wees. Gewapen met ʼn melkskommel elk, is ons weer op die grondpad. Al die vensters oop, lekker tunes op die radio en die Cruiser wat die grondpad opvreet. Lian knak eerste en kort op sy hake gaan…

Buffelsfontein

17 Oct: Manne tyd in die Moordernaarskaroo

Hierdie is ʼn nota aan myself. Dit is Sondagmiddag en my gat is nog pê van ons trippie deur die Moordenaarskaroo. Ek laai ʼn paar kiekies op sosiale media om seker te maak ek “date stamp” die gebeurtenis en besluit ek sal ‘n ander dag paar woorde skryf daaroor. Die volgende dag drink ek koffie saam met ʼn maat en hy noem, “Bliksem Henry, maar dit lyk of julle manne lekker tyd gehad het”. Ek knik my kop, en toe ek weer terug is in die bakkie maak ek my foon…

Karoo Poison

10 Sep: Karoo Poison en hul lekker mense

Terwyl ek sinnelose tyd een middag op Instagram spandeer, verskyn daar ‘n post van ʼn Karoo Poison MTB resies by Leeuwenboschfontein Gaste Plaas. Skielik onthou ek van ʼn vriend wat hierdie einste resies al gedoen het en, volgens hom, was dit ʼn fees! Ons kom nou net uit ʼn lang skolerugby seisoen en my siel smag na oop vlaktes en die bos. Met die dat ons 3 manne nog net 1 keer die jaar op ons fietse was en meer belangrik, dat Lian nog net 11 jaar oud is, skryf ek…

bb

10 Jul: Wupperthal se onbekende valleie

Dis Vrydagmiddag en skoolsakke word net neergegooi en dan druk ons die Cruiser se neus by die hek uit. Ons manne is genooi om saam met Jurgens Schoeman en ʼn paar vriende van Live The Journey te gaan kuier in die “Jewel of the Cederberg”, Wupperthal. Wupperthal is ʼn klein sendingdorpie in die Cederberge wat bekend is vir sy afgesonderde ligging, unieke kultuur en rol as die tuiste van Rooibostee. Die dorpie is bereikbaar via ‘n grondpad vanaf Clanwilliam, wat aan die einde van die Kouebergpas geleë is, of van Ceres…

default

24 Mar: Boogklip kamp by Boegoeberg

Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…

Henry_01

12 Feb: Chaos oppad Chobe toe en Ngepi se seekooie

Met die Laas gesin sterk oppad terug Klein Nungubais toe, druk ons die Cruiser se neus in ʼn Suidelike rigting op die B8. +/- 1km voor die Ngoma grenspos kry ons die afdraai na Chobe River Camp wat ons tuiste gaan wees vir die volgende 2 dae. Die 4km na die kamp is ʼn grondpad en soos meeste van die kampe waar ons reeds gekamp het, was dit plek-plek onder water. Die GROOT verskil was dat hierdie daai swart kleigrond was, en toe ons deur die eerste gat water gaan, sê…

kaprivi_01

06 Feb: Groot reën & tiervisse in die Zambezi

Ons is presies halfpad deur ons 18 dae lange reis deur Namibië via Outjo en dan Oos, deur die Caprivi strook tot by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park. As jy erg verveeld is nadat jou ma jou Huisgenoot versameling weg geneem het, lees gerus die eerste twee gedeeltes: Van Nambwa beweeg ons verder Oos, al dieper die Caprivi strook in tot by Katima Mulilo waar die voertuie volgemaak word en die nodige proviand vir die volgende paar dae aangeskaf word. Ons tuiste vir die volgende twee aande sou by Zambezi…

Rivier_01

31 Jan: Ons kyk die muskiete vierkantig in die oë in die Caprivi

Daar is opwinding in die lug… Ek en Paul is tot laataand besig om die voertuie gepak te kry, want môre begin die tweede been van ons Namibië toer. (Lees gerus die eerste gedeelte van ons toer na die Caprivi in Namibië) Kinders is soos vlieë om ons. Nie om te help nie, maar net om te kyk watse kos ons alles pak 😊. Vroegoggend is dit nie nodig om die jongspan aan die gang te kry nie. Laaste paar sakke word ingegooi en dan mik ons vir Outjo waar ons…

Caprivi

27 Jan: Mullets, ‘n polisie snor & zeffness Caprivi toe

Ek loop al lank met die idee rond om die Ooste van Namibië te gaan verken, die Caprivi strook om meer spesifiek te wees. Daar is wel nog iets wat my dryf om daai wêreld saam met die seuns te gaan verken. Vriende van my was al jare terug daar en albei het swembroeke van die Ngepi kamp. Vir die normale persoon mag dit soos net enige ander swembroek lyk, maar dit is vir my ʼn teken van iemand wat al deur die Caprivi getoer het… En dit was tyd dat…

sanddrift_01

06 Dec: Sanddrif se Wolfberg Cracks

Met die lang & nat winter wat ons die jaar gehad het, is hierdie kamp seker meer geskuif as ʼn 2 ure skaak wedstryd. Uiteindelik het al die gesinne se kalenders gesinchroniseer en met geen tekens van reën wat voorspel was nie & eksamens wat iets van die verlede is kon ons uiteindelik Sanddrif gaan besoek het, en die bekende Wolfberg Cracks gaan verken. Was 7 jaar gelede by Sanddrif en dit was lekker om weer in die Cederberge te wees. Voel of ek nog so min van die Cederberge verken…