Skip to main content Scroll Top

Familie

KTP

13 Aug: Leeus in die kamp en Mabuasehube Wilderness 4×4-roete

My mens, nou toer ons lekker! In die eerste twee artikels het ons die Kgalagadi Transfrontier Park by die suidelike hek, Twee Rivieren, binnegegaan. Ná onvergeetlike dae en aande by Rooiputs, Nossob en Polentswa beweeg ons nou ooswaarts na die Mabuasehube-gebied, waar ons die omliggende panne en die pragtige Kalahari verder gaan verken. As jy dalk die eerste twee gedeeltes gemis het, lees dit gerus hier: Van Monamodi na Mpayathutlwa (Mpaya) pan, waar ons vir die volgende twee dae gaan wees, is dit slegs +/- 12km so ons besluit om die…

Polenswa

03 Aug: Mabuasehube!!

Ons is nou vyf dae in ons Kgalagadi-avontuur tydens die Junie/Julie-skoolvakansie. In die eerste deel van die reis het ons via Fraserburg die park by Twee Rivieren binnegegaan. Ná ‘n paar onvergeetlike aande by Rooiputs en Nossob, pak ons nou die pad verder noord aan na Polentswa – een van die Kgalagadi se mees besondere kampe. Mense het my gewaarsku die Kalahari is bitter koud gedurende die winter seisoen, maar van dag een het ons die perfekte weer ervaar. Aande was koud, maar gedurende die dag was dit enige iets van…

Kgalagadi

23 Jul: Katte met tande in die Kgalagadi

Bietjie meer as nege jaar gelede het ek en die langman van Franschhoek, Lourens Hugo, ons eerste reis al langs die Weskus se kuslyn aangepak. Min het ons geweet dit sou net die punt van die ysberg wees – daarna sou daar nog vele toere, kampe, jagte, visvang en onvergeetlike avonture volg. In 2021 het ons na Khutse, Botswana, gereis, en wat ‘n belewenis was dit nie! Nou, vyf jaar later, is die jongspan ouer en lus vir nóg ‘n avontuur. Neem eers ‘n paar minute om hierdie reeks artikels te…

Blog-Main-Image-Template(1)

01 Mar: Lekker mense en wind by Welgegun

Skokkend om te dink dat die laaste pa-en-kind-kamp wat ons van ons gemeente, NG Wellington-Oos, kon bywoon, drie jaar gelede was. Lian se somersportskedule help nie die proses nie, maar gelukkig het die sterre dié jaar belyn en kon ons die kamp op die nippertjie bywoon. Soos in die vorige jare was Henry de Koker aan die stuur van al die reëlings, en man, dit is lekker om net te kan opdaag vir ’n kamp waar alles reeds gereël is. Welgegun-kampterrein is net buite Rawsonville geleë, op die oewer van die…

Lesotho

27 Jan: Lesotho se berge, Koffiebaai en taai vakansie kompetisie

Vroeg in 2025 sit ek met die kaart en doen ’n bietjie beplanning vir die einde van die jaar se vakansie. Ons gaan definitief Kersfees by my suster en Stiaan (die seuns se nefie) in Gqeberha vier, maar voor dit moet daar eers ’n draai gery word. Ek kyk na al die aangrensende lande, maar nie een spring regtig vir my uit nie. Dalk is dit ’n goeie tyd om iets plaaslik te doen? Siedaar — daar staan die ronde oop kol tussen die Vrystaat en Natal uit soos ’n geel…

Middelstevlei

23 Oct: ʼn Swembad in die Moordernaarskaroo

Ons reis verder… Lees gerus die eerste gedeelte van ons Moordernaarskaroo trippie – Manne tyd in die Moordernaarskaroo. Ons volgende stop is by Middelstevlei Wildernis Kamp, so ongeveer 40 kilometer vanaf Buffelsrivier is. Die wêreld is klaar warm en, omdat Laingsburg nogal naby is, sal ʼn lekker groot Wimpy melkskommel mos ʼn lekker bederf wees. Gewapen met ʼn melkskommel elk, is ons weer op die grondpad. Al die vensters oop, lekker tunes op die radio en die Cruiser wat die grondpad opvreet. Lian knak eerste en kort op sy hake gaan…

Buffelsfontein

17 Oct: Manne tyd in die Moordernaarskaroo

Hierdie is ʼn nota aan myself. Dit is Sondagmiddag en my gat is nog pê van ons trippie deur die Moordenaarskaroo. Ek laai ʼn paar kiekies op sosiale media om seker te maak ek “date stamp” die gebeurtenis en besluit ek sal ‘n ander dag paar woorde skryf daaroor. Die volgende dag drink ek koffie saam met ʼn maat en hy noem, “Bliksem Henry, maar dit lyk of julle manne lekker tyd gehad het”. Ek knik my kop, en toe ek weer terug is in die bakkie maak ek my foon…

Karoo Poison

10 Sep: Karoo Poison en hul lekker mense

Terwyl ek sinnelose tyd een middag op Instagram spandeer, verskyn daar ‘n post van ʼn Karoo Poison MTB resies by Leeuwenboschfontein Gaste Plaas. Skielik onthou ek van ʼn vriend wat hierdie einste resies al gedoen het en, volgens hom, was dit ʼn fees! Ons kom nou net uit ʼn lang skolerugby seisoen en my siel smag na oop vlaktes en die bos. Met die dat ons 3 manne nog net 1 keer die jaar op ons fietse was en meer belangrik, dat Lian nog net 11 jaar oud is, skryf ek…

bb

10 Jul: Wupperthal se onbekende valleie

Dis Vrydagmiddag en skoolsakke word net neergegooi en dan druk ons die Cruiser se neus by die hek uit. Ons manne is genooi om saam met Jurgens Schoeman en ʼn paar vriende van Live The Journey te gaan kuier in die “Jewel of the Cederberg”, Wupperthal. Wupperthal is ʼn klein sendingdorpie in die Cederberge wat bekend is vir sy afgesonderde ligging, unieke kultuur en rol as die tuiste van Rooibostee. Die dorpie is bereikbaar via ‘n grondpad vanaf Clanwilliam, wat aan die einde van die Kouebergpas geleë is, of van Ceres…

default

24 Mar: Boogklip kamp by Boegoeberg

Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…