Vat die tyd en vra jou vriende of hulle al gehoor het van die kleurvolle gemeenskap, Wupperthal, in die Cederberge… Soos per ons besoek vroeër hierdie jaar, het ek ʼn gedeelte van die area en gemeenskap ontdek wat ek dink die man op die straat nie van bewus is nie. Met my volgende besoek het ek die Cruiser verruil vir ʼn paar stapskoene. Ek en 19 ander stappers pak die Wupperthal66 aan wat ʼn vierdaagse, “slack pack” staptog is wat oor ongeveer 66 kilometer in die pragtige Sederberge strek. Ons stap…
Vriende
Terwyl ek sinnelose tyd een middag op Instagram spandeer, verskyn daar ‘n post van ʼn Karoo Poison MTB resies by Leeuwenboschfontein Gaste Plaas. Skielik onthou ek van ʼn vriend wat hierdie einste resies al gedoen het en, volgens hom, was dit ʼn fees! Ons kom nou net uit ʼn lang skolerugby seisoen en my siel smag na oop vlaktes en die bos. Met die dat ons 3 manne nog net 1 keer die jaar op ons fietse was en meer belangrik, dat Lian nog net 11 jaar oud is, skryf ek…
Dis Vrydagmiddag en skoolsakke word net neergegooi en dan druk ons die Cruiser se neus by die hek uit. Ons manne is genooi om saam met Jurgens Schoeman en ʼn paar vriende van Live The Journey te gaan kuier in die “Jewel of the Cederberg”, Wupperthal. Wupperthal is ʼn klein sendingdorpie in die Cederberge wat bekend is vir sy afgesonderde ligging, unieke kultuur en rol as die tuiste van Rooibostee. Die dorpie is bereikbaar via ‘n grondpad vanaf Clanwilliam, wat aan die einde van die Kouebergpas geleë is, of van Ceres…
Ons twee weke lange reis van Hentiesbaai na Kasane was voorwaarlik ʼn belewenis, maar die tyd het nader gestaan dat ek en Jacques die bakkie se neus Suide toe moet draai. Ons vriende van Wellington, Jurgens en Karien Schoeman, het intussen by ons groep aangesluit en hulle gaan vir die volgende twee weke verder saam met ons groep reis deur Zimbabwe. Synde dat dit ons laaste dag by Chobe Safari Lodge is, besluit ons om van die geleentheid gebruik te maak om die tuiste van “the smoke that thunders”, ook bekend…
Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…
Ons is presies halfpad deur ons 18 dae lange reis deur Namibië via Outjo en dan Oos, deur die Caprivi strook tot by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park. As jy erg verveeld is nadat jou ma jou Huisgenoot versameling weg geneem het, lees gerus die eerste twee gedeeltes: Van Nambwa beweeg ons verder Oos, al dieper die Caprivi strook in tot by Katima Mulilo waar die voertuie volgemaak word en die nodige proviand vir die volgende paar dae aangeskaf word. Ons tuiste vir die volgende twee aande sou by Zambezi…
Daar is opwinding in die lug… Ek en Paul is tot laataand besig om die voertuie gepak te kry, want môre begin die tweede been van ons Namibië toer. (Lees gerus die eerste gedeelte van ons toer na die Caprivi in Namibië) Kinders is soos vlieë om ons. Nie om te help nie, maar net om te kyk watse kos ons alles pak 😊. Vroegoggend is dit nie nodig om die jongspan aan die gang te kry nie. Laaste paar sakke word ingegooi en dan mik ons vir Outjo waar ons…
Ek loop al lank met die idee rond om die Ooste van Namibië te gaan verken, die Caprivi strook om meer spesifiek te wees. Daar is wel nog iets wat my dryf om daai wêreld saam met die seuns te gaan verken. Vriende van my was al jare terug daar en albei het swembroeke van die Ngepi kamp. Vir die normale persoon mag dit soos net enige ander swembroek lyk, maar dit is vir my ʼn teken van iemand wat al deur die Caprivi getoer het… En dit was tyd dat…
2018!! Amper op my rug geval toe ek sien dat dit die laaste keer was, wat ons klomp manne by Frans se broer, Conrad Laubscher, gaan kuier het. Hoe meer ek daaraan dink, besef ek dat dit wraggies strafbaar is 😊, en Frans (aka gevreesde Span B leier) gaan met die volgende bosberaad moet verduidelik, hoekom dit ons 6 jaar geneem het om weer in daai rigting te beweeg het. Lees gerus meer oor ons kuier in die Hantam wêreld. Hierdie keer verruil ons die Hantam (Loeriesfontein) vir die Boesmanland (Brandvlei)….
Met die lang & nat winter wat ons die jaar gehad het, is hierdie kamp seker meer geskuif as ʼn 2 ure skaak wedstryd. Uiteindelik het al die gesinne se kalenders gesinchroniseer en met geen tekens van reën wat voorspel was nie & eksamens wat iets van die verlede is kon ons uiteindelik Sanddrif gaan besoek het, en die bekende Wolfberg Cracks gaan verken. Was 7 jaar gelede by Sanddrif en dit was lekker om weer in die Cederberge te wees. Voel of ek nog so min van die Cederberge verken…

