Middel Maart kry ek ʼn boodskap op een van my vele WhatsApp groepe van ʼn goeie vriend Lourens Hugo (boer in die Franschhoek omgewing) dat hul, Franschhoek Landbouvereniging betrokke geraak het by ʼn droogtehulp projek na Fraserburg en dat daar ‘n sitplek oop is in die vragmotor wat hy gaan bestuur en of iemand wil saam ry. Nog voor ek my kalender (my vrou) kon raadpleeg het ek laat weet as die geleentheid nog daar is sal ek graag wil saamry. Vrydagoggend, 5 April so net na 4:45am vertrek die konvooi…
Fraserburg
Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…