Dit is weer daai tyd van die jaar wanneer alles wat leef en beef in ʼn winkel sentrum, of op die strand is. Dus probeer ek hierdie twee slagvelde sover moontlik vermy. As ons die see ding gaan doen, moet ek myself geestelik voorberei want Marli & die seuns is mal oor die verdomde plek, dus is dit nie ʼn vinnige episode nie, maar ʼn lang dag in my lewe. Vir een of ander rede wil ek die tyd van die jaar nie oorval word met tonne mense nie. Die jaar…
Ceres Karoo
Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…