Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Buffelsrivier se rustigheid

buffelsrivier_01

Liewe mensdom, maar die jaar het met ʼn “bang” afgeskop. Dit voel of die seuns se skedule net meer en meer intens raak. Ons kla nie en ons weet ons moet dankbaar wees, maar my kop kort rus. Ek wil weg kom van Whatsapp boodskappe, en is lus vir rustigheid.

Ek ping Izak van der Vyver van Buffelsrivier en vra of daar ʼn plek langs die rivier is, vir my en my hond, vir so 3 dae. Izak laat weet die saak is reg, en hy wag vir ons.

Ons vorige kuier by Buffelsrivier was in die middel van die winter en die rivier het toe lekker geloop. Met hierdie besoek het dinge egter heel anders gelyk; die manne in die Moordenaars Karoo het tot op hede nog nie goeie reën gehad nie, so die wêreld was maar dor en die rivier het nie geloop nie.

Izak het my dieper die plaas in gevat en dit was voorwaar lekker om so deur die droë rivierloop asook al die verskeie syvertakkings te ry.

ʼn Laaste kiekie word by die bekende Klipstoor geneem voor ek my laaste aanwysings kry van ʼn moontlike lekker plekkie langs ʼn swemgat en daar skiet ons verder.

Solo camp @ Buffelsrivier

Ek kry ʼn lekker plek langs ʼn swemgat en die daktent word uit getrek. Die vuur word aangesteek en ek gaan sit op my gat voete in die stof met ʼn bier en ʼn lekker boek.

Die arme hond (Mila) is so opgewonde oor al die ooptes en hardloop soos ʼn mal vlakhaas die wêreld vol.

Solo camp @ Buffelsrivier

Met geen sein, is jy heeltemal afgesny van die buitelewe. Ons raak so gewoond om in te check op ons fone vir nuwe mails en boodskappe, sosiale media notifications… blabla, en dit vat ‘n rukkie om gewoond te raak om die verdomde ding (foon) uit te los.

Dit vat net ʼn goeie boek en die stilte van jou omgewing om die situasie te waardeer.

Solo camp @ Buffelsrivier

3 dae later (plus 2 stewige boeke) is ek weer terug in Wellington en ‘n maat vra, “Wat het jy vir 3 dae alleen gemaak in die vlaktes?”.

Die antwoord is maklik en dit is ʼn kombinasie van die volgende: boek lees, swem, braai/eet, stap en herhaal soos nodig…  

Solo camp @ Buffelsrivier

Op ‘n 8,000 hektaar plaas met net ʼn paar gaste wat “wild camp”, is dit net jy en die sterre saans. Dit was voorwaarlik ‘n fees gewees!

Kliek hier vir paar kiekies van ons kuier by Buffelsrivier.

Solo camp @ Buffelsrivier

Related Posts

Leave a comment