Die laaste 3 jaar het ons die langnaweek in die winter gebruik om paaie en plekkies te gaan verken in die Karoo en areas rondom dit saam met die Groenewald gesin. Die jaar sou dinge nie anders wees nie en Vrydagoggend 7vm verlaat ons ʼn bitter koue Wellington op pad na Op-Die-Berg via Ceres. Die wêreld is koud en plek-plek is dit wit geryp. Net buite Op Die Berg draai ons regs en volg die teerpad totdat dit grond raak. ‘n Paar kilometer verder stop ons langs ʼn dam en geniet…
Sutherland
Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…