Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kuier op Plaatfontein

Blog Main Image Template

As iemand begin van die jaar vir my genoem het dat ons, en so ook die res van die wêreld, op ʼn “lockdown” gaan wees sou ek die persoon sterk aangeraai om sy medikasie weg te foeter want WTF dink jy ou maat. Hierdie is nie Hollywood nie – trek jou ronde gesiggie weg van die TV en lewe vir ʼn slag man #SiesMan.

Maar ja, so is die koeël toe wragtig deur die kerk en oom Cyril se ons moet Jan Tuisbly vir ʼn paar maande.

So word die beperkings verslap en almal kan begin vrylik beweeg, maar natuurlik onder ʼn kombers van streng reëls. Sosialehuisarres is vir ons as Suid Afrikaners maar ʼn moeilike ding en dus toe Tertius Joubert met die voorstel kom dat ons vir ʼn naweek moet wegbreek na sy broer (Retief Joubert) se Karoo plaas, Plaatfontein, naby Prince Albert was die koeël reeds deur die kerk.

Op die N1 vat jy nie die 1st Prince Albert (teerpad) afdraai nie, maar wel die 2de een (grondpad). Van hier is dit ʼn paar km totdat jy Plaatfontein op jou linkerkant sal kry.

Die Joubert’s (Tertius, Zandre + kids) was reeds op die plaas toe ons daar aankom. Die Van Der Merwe’s (Hugo, Xania & kids) was nie lank na ons op die plaas nie en Jacques & Nettania-hulle sou eers die volgende dag by ons aansluit.

Soos per menigte van my vorige artikels het ek ʼn groot liefde vir die Karoo, veral in die Karoo. Anders as hier in die Boland, is die winters in die Karoo nie so nat nie, maar het jy daai ongelooflike sonsondergange wat moeilik is om vir iemand te verduidelik.

Kuier op Plaatfontein

Ek as daar ʼn paar alleenloop Springbokke is dan is dit moes ʼn goeie rede om te gaan rond ry met die gewere.

Kuier op Plaatfontein

Saans is daar om die vure vir lank gekuier en die wêreld se probleme was iets van die verlede. Kinders het die vlaktes rond gehardloop en het gespeel soos kinders moet. As daar soggens, of laat middag rond gery word, opsoek na die bokke dan is die hele klein span saam.

Kuier op Plaatfontein

Laaste dag is paar teikens langs een van die grensdrade geplaas en die jong mannetjies het bietjie lood gegooi.

Groot dankie aan Tertius & sy vrou, Zandre, wat die naweek moontlik gemaak het asook sy broer, Retief Joubert, dat ons die vir lang naweek op sy plaas kon kuier.

Plaatfontein besprekings kan gedoen word direk by Liezel Joubert (plaatfontein1954@gmail.com). Voorwaarlik ‘n lekker plekkie en spog ook nou met ‘n nuwe Boma Kamp.

Tot ʼn volgende keer julle.

Kliek hier vir ʼn paar foto’s van die naweek.

Related Posts

Comments (3)

Jonkers!!!!! Hierdie naweek is een vir die boeke. Julle is AWESOME, was n great nwk. Ek en Marli het bietjie grondpaaie gaan verken, en verdwaal, Ters moes ekstra onties inpak en so kan ek aangaan. Ons harte is vol

Haha, lag ek nou so lekker Zandre. Stem – ons moet gou weer so maak

Was n fantastiese naweek! Ons moet asb weer so maak. Mooi geskryf my engel. Dit was een vir die boeke!

Leave a comment