Dit is weer daai tyd van die jaar wanneer alles wat leef en beef in ʼn winkel sentrum, of op die strand is. Dus probeer ek hierdie twee slagvelde sover moontlik vermy. As ons die see ding gaan doen, moet ek myself geestelik voorberei want Marli & die seuns is mal oor die verdomde plek, dus is dit nie ʼn vinnige episode nie, maar ʼn lang dag in my lewe. Vir een of ander rede wil ek die tyd van die jaar nie oorval word met tonne mense nie. Die jaar…
Droelandskloof Pas
Om ʼn langnaweek tuis te wees is net so goed jy word vir die dorp se eerste klub rugby span gekies, maar in die voorry posisie in plaas van losskakel, waar jy jou talent kan uit leef met jou ligvoetige passies. Met die dat Mnr Afrigter se 110kg niggie graag haar sport talent wil versprei na die van rugby (gee ons asb krag) het hy goed gedink om haar jou plek te gee en jou na die dodelike posisie van #1 te skuif waar die oom oorkant jou jou sagte wang…