Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kamp by Trompie se duin

Elands Baai

Dit is Vrydagmiddag 4pm en Jean (ons oudste) maak gereed vir sy laaste “relay ladder event” by die Hoër Jongenskool Paarl. Ek hoor hoe “ping” my verdomde foon in my gatsak en ek weet dit is die manne wat al aan die beweeg is op pad Elandsbaai toe.

Knapie is skaars uit die water en na ʼn vinnige high-5 is ons op ʼn drafstap voertuie toe. Terug in Wellington word die laaste paar goed gepak en dan is ons ook op die pad.

Een van Jacques se koeie het ook sy Vrydag planne so bietjie omver gegooi toe sy besluit om vroegmiddag te begin kraam. So net buite Riebeeck Wes sluit ons by mekaar aan en takel die laaste +/- 160km saam aan.

Uiteindelik by Elandsbaai draai ons links by die Velddrift bord, oor die vlei en dan weer links by die volgende Velddrift bord. +/- 10km verder kry ons die grondpaadjie aan die regterkant en volg dit oor die duin tot waar die res van die spannetjie al sterk vure begin maak het.

Blad word geskud en iets kouds vir die keel word gou geniet voor die daktente aangepak word.

Ons span vir die naweek was soos volg:

  • Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé)
  • Laas’e (Paul, Marina, Munnik, Streicher & Tessa)
  • Dreyer’s (Johan, Nicolene, Barbara-Mari & Ben)
  • Laubscher’s (Frans & Lunay)
  • Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

Soos altyd het Jacques nie teleurgestel nie en het voorwaar ʼn liplekker spyskaart vir die naweek uit gewerk.

Vrydagaand het dinge op die vuur soos volg gelyk: slap chips, calamari in ‘n braai pan, rooster vol prawns en ʼn swart mossel pot en room. Magtig daar water my mond sommer alweer.

Kamp by Elandsbaai

Saterdagoggend en Jacques is al vroeg aan die gang, besig om sy visvang “tackle” reg te kry voor hy afsak na die see.

Ek, Frans & die seuns sluit later by hom aan. Die seuns se tyd saam met ons is van korterduur en na ʼn kraaines besluit hulle om liewers die strand saam met Marli & Ben (Johan-hulle se hond) te verken.

Kamp by Elandsbaai

Terwyl daar gepoog (gebid) word om ʼn paar grotes uit die see te trek geniet die vrouens hul oggend koffie rustig bo-op die duin en wonder of daar dalk ʼn vars vis op die rooster gaan verskyn. Ongelukkig was geduld & geluk nie aan ons kant nie. Moes maar na oom Fred geluister het toe hy gesê het ons gaan maar sukkel om iets uit die water die kry.

Kamp by Elandsbaai

Laat oggend en ʼn rooster vol Stroebel burger patty’s & vark staanrib kry hulle plekke op/om die vuur. Hierdie sou maar net die begin van ons Saterdag se spyskaart gewees het, want van die oggend tot laat die aand was daar kos op die vuur. Na die burgers, was dit die staanrib, toe smaaklike Springbok fillit en om die aand af te sluit 4 x hoenders op die spit met roosterkoeke.

Wag ʼn bietjie – die roosterkoeke het nooit gebeur nie, of hoe Jacques? Haha

Laat middag word daar gepoog om die rugby (Springbokke vs Engeland) op RSG te luister, maar vir een of ander onverklaarbare rede word die toets toe NIE uit gesaai op RSG nie.

Nes die son sy laaste strale oor die see terug trek, kom die koue en wind. Gelukkig is ons goed beskud teen die wind en die vuur word sommer lekker gestook.

Kamp by Elandsbaai

Sondagoggend word daar nie eers probeer om die stokke in die water te kry nie. Mos nou klaar geleer dat daar nie visse is nie haha.

Paul is doening met voorbereiding van sy Mexican omelet. ʼn Regte moer-by-mekaar gereg, maar ook een wat nou al ʼn tradisie op Sondae oggende is as ons kamp/toer.

Kamp by Elandsbaai

Na ontbyt word kamp op geslaan en skoon gemaak. ʼn Laaste kiekie word geneem en dan trek ons weer die voertuie se neuse Elandsbaai toe om vir oom Fred te gaan groet.

Dankie vir ʼn puik naweek almal. Maak sommer gou weer so.

Kliek hier vir ‘n paar foto’s van die naweek.

Related Posts

Comments (26)

Hallo Henry.
Stuur bietjie vir my jou email adres. Ek wil graag kontak maak met jou.
Ek edit elke maand jou stories vir Kamp is Lekker. Ek is die freelance fotograaf/storieskrywer vir Rikus by LekkeR Kampplekke. Ek dink ek moet bietjie saam met jou en jou familie gaan kamp en sommer `n stoeie doen oor julle gesin/kampgoeters/kampgroep…
Vriendelike groete.
Pierre Labuschage

Yes Pierre.

Skuus man – vir een of ander rede het ek die boodskap gemis. Gelukkig het ons nou al ontmoet en stem dit kan lekker wees as jy op een van ons naweek trips wil saam kom.

Ons bly in kontak.

Hi

Please could you send me a contact no or e-mail for Trompie se Duin. would love to visit.

Hi, did you get a number? Will you lease forward to me on 0824161829

Hi. I have send you the details via SMS. Shout if you have any questions. Cya

Hi Henry,

Kan jy asb vir my n nomer stuur om te bespreek?

Waar kan ons bespreek. T Nolan 0837158870

Goeie dag,

Is dit moontlik om `n naweek te bespreek Trompie se duin ?

Goeie naand. Baie dankie vir die wonderlike artikel. Sal jy asb vir ons via sms/whatsapp die nommer van die plek stuur. Ons sal baie graag daar wil gaan kamp. Vriendelike groete, Renier en Leja 0810181105

Hi Hein. Dankie vir die terugvoer. Word waardeer ou maat. Ek het sommer epos vir jou gestuur met die kontak besonderhede. Groete

Hello Henry,

Het jy kontak besonderhede vir Trompie se duin ? Ek kan dit nerens kry nie.

Ek volg jou avonture, dankie by voorbaat.

Hein Brand.
Langebaan
0825524498

Hi Hein. Jy kan gerus Fred van Zyl kontak by 0‪‪27 83 498 9202. Dit is ‘n baie populêre plekkie so is ongelukkig maande vooruit bespreek. Groete

Kan ek asb die kontak nommer kry vir Trompie se duin?

ons wil kom kamp kan ek asb n kontak nr kry

Marietjie Nieder-Heitmann

Hallo Henry

Stuur asb. tog vir my ook die besprekingsbesonderhede na 076 842 5499. Sal dit tog so baie waardeer.

Mooi bly.

Marietjie

Goeie middag – stuur asb bespreking besonderhede na 0662668989 of mail@nikidesign.co.za
Ek kry nêrens anders kontak besonderhede op die internet vir die kampplek nie.
Dankie

Hi Goeie Middag ,

Ek wil graag die kontak persoon se besonderhede van Trompie se duin in di hande kry . Dit sal baie gaaf wees . Baie dankie .

Goeie middag,

Kan ek asb. die besprekings besonderhede kry vir Trompie se duin?
Stuur asb. na 084 444 4522

Hi Jannes,

Ek het daar vir jou ‘n epos gestuur. Gtroete

Hi Henry

Sal jy asb vir my die kontak besonderhede stuur om n bespreking te maak by Trompie se duin.

Baie dankie

Hi Jo-Anne,

Ek het vir jou ‘n epos gestuur met die besonderhede.

Dankie vir die inloer

Hello my maat.
Len hier, n onderwyser in kaapstad. Ek stel belang om dalk n paar dae in DEC te kom kamp daar by julle indien daarplek is.
Stuur gerus boodskap na llawsonlen@gmail.com.Of kontak my gerus op 0823967844.
Groete
Len

Goeie dag

Waar kan mens ‘n besprekingsnavraag maak vir Trompie se duin?

Groete
Chris

Hi Chris. Jy kan gerus Fred van Zyl kontak by 083 498 9202

Hi there
Kindly send me the contact details for bookings for Trompie se Duin to emile.james.sawyer@gmail or WhatsApp to 0760989004. Many thanks, much appreciated.

Hallo daar. Ek sal graag die besprekings besonderhede wil verkry om by Trompie se Duin te gaan kamp tydens my jaarlikse vakansie. Kan jy dit aanstuur na chris.dutoit@fruitways.co.za Of whattsapp na 072 416 0232 Ek sal dit baie waardeer. Dankie

Leave a comment