Artikel volg binnekort
Buitelewe
Snaaks hoe die lewe mense oor jou pad bring. Paar jaar gelede (dit voel al soos ‘n leeftyd) stop ‘n dametjie my terwyl ek Lian by sy kleuterskooltjie aflaai en vra my hoe dit gaan. Met die dat my geheue korter as ‘n vuurhoutjie is, weet ek natuurlik glad nie met wie ek praat nie. Sy sien die verwarring op my gesig en hoe die arme klein muis (my verstand) sukkel om op die wieletjie te bly. “Henry, jy onthou my seker nie meer nie, maar jy & jou twee vriende…
11 gesinne (25 kinders) almal van Wellington op een kamp – jup, jy het reg gelees. So paar weke gelede sit ek en Tertius Joubert en teug aan ʼn koue bier toe hy ʼn klip in die bos gooi dat ons die jaar moet afskop met ʼn lekker kamp. Skiet die voorstel na ‘n paar manne en voor ons ons kon kry is daar 10 families wat bevestig. Om eerlik te wees as die COVID wetgewing (Toerisme) meer as 50% okkupasie toegelaat het, sou daar seker nog ʼn paar name op…
Merweville is ʼn Karoo dorpie so 45km Noordwes van Prins Albert en as jy enige iemand sal vra of hul al van die dorpie gehoor het, sal meeste eers Google raadpleeg om te sien waar die plekkie presies sit. Wel +/- 13 jaar gelede was ek en ʼn paar vriende (van Willeklong verlede) deel van daai lysie en het ons vir een of ander onverklaarbare rede opgeëindig op Merweville. Dit was maar net nog ʼn dorpie op ʼn kaart waar ons nog nie was nie, en dit was genoeg van ʼn…
Dit is 03h55 Saterdagoggend (26ste Desember) en ek lê en kyk vir my selfoon – alarm behoort enige oomblik af te gaan en dan is dit so, ons gaan Namibië toe, pappie. So net na 04h30 en die seuns slaap rustig verder in die bakkie. Wellington se strate is stil en daar is geen siel of kraai nie. Kort voor lank breek die son sy strale oor die Swartland, en so tussen die bestuur word daar gesukkel om koffie uit die Stanley fles te gooi, maar terwyl die seuns nog slaap…
Snaaks hoe idees net ontwikkel en vorm aanneem as mens om ‘n vuur sit! Dit wil my amper voorkom dat, as daar nie ʼn idee onwikkel tydens ʼn braai nie, dan word daar of met gas gebraai (#SiesMan) of jy is in ʼn groep wat net oor werk gesels (eina). So word ʼn paar koues om ʼn vuur genuttig een Saterdagmiddag saam met Simon & Roland. Beide van die manne skroom nie om op Nommer 99 te ontsnap van die beton oerwoud nie, dus is hierdie manne my dam se ganse! Ons het al…
As daar al ooit ‘n wegbreek naweek was, waar ek die Vrydag begin wonder het of ons nog moet voort gaan, dan was dit die naweek gewees… Donderdag laatmiddag, toe daar gepak word, het die wêreld bo ons begin toetrek met donker, swaar, reën wolke. Die weer het gehou, maar toe ons Vrydagmiddag in die pad val en anderkant Du Toitskloof tonnel uitdop, toe val die water sulke emmersvol uit die hemel. Die seuns het maar met groot oë na buite geloer en so af en toe gevra wat ons gaan…
Een van die grootste probleme in vandag se gejaag is om tyd te maak vir familie. En ek praat nie van jou kinders en wederhelftes nie, maar jou groter familie: broers, susters, nefies, niggies, oumas, oupas en dan, as jy baie bevoorreg, is oupa- en oumagrootjies. Nou ek sal bieg – ek was een van daai mense wat altyd die standaard verskoning van “ek is net te besig” gebruik het en as jy jou oë uitvee dan sien jy van hierdie individue dalk 1 of 2 keer ʼn jaar. Ja,…
Ek weet nou nie of dit ‘n gesegde of ‘n wyse sê ding is nie, maar een ding wat ek al eerstehands beleef het is dat as jy iemand regtig wil leer ken gaan toer/reis saam met hulle. Om saam met hulle om die vuur te kuier tuis is “quick & easy”, maar as jy ’n paar dae saam spandeer en as daar soms ʼn hick-up of twee jou kant toe gegooi word dan sal jy ʼn idee kry van die persoon se karakter. Nou met die filosofiese stukkie agter ons,…
Dat 2020 een mal jaar is, is ʼn relatiewe begrip om die minste van die jaar te sê, veral die laaste maand. Dit was tyd om die kop weer skoon te kry, maar meer belangrik om die seuns weer aan die beweeg te kry; weg van die huis en al die geraas. ʼn Onderwyser kan hulle ook net soveel leer in die skool, maar naweke is daar om hulle te leer van die lewe, ons mooi land en die plek wat ons Afrika noem. Soos 90% van alle wegbreek naweke was…