Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Jag by Mimosa Lodge

Blog Main Image Template

Dinsdag laat middag kom die nuus deur dat die regering dit goed gedink het dat jag ʼn dramatiese effek op die COVID-19 pandemie gaan hê en dus is daar ʼn onmiddellike verbod op die bedryf geplaas.

Angs & anergie breek uit op ons WhatsApp jag groep. Ek voel aan hoe daar trane opbou by groot manne, want maggies ons gee nie om, om in gehok te wees in ons huise nie, ook nie as ons nie saam met vriende om ʼn vuur mag kuier tuis nie, maar my bliksem (skuus, maar dit skep die effek) om nou ook ons jag weg te vat waarvoor daar lank gewag word is net nie menslik nie.

Koppe word by mekaar gesit en die besluit word geneem ons ry moreoggend 7am, kom wat ook al.

Ons span vir die naweek was soos volg:

  1. Jacques Groenewald
  2. Frans Laubscher
  3. Lourens Hugo
  4. Johan Dreyer
  5. Louis Burger
  6. Ek

Woensdag laatmiddag trek die twee bakkies in by Mimosa Lodge. Tertius Myburgh kom skud blad en dit is lekker om die knaap weer te sien.

Kort voor lank is ons almal op die skietbaan om ʼn paar skote deur die lope te stoot en soos geluk dit wil hê skiet ek verby k@k en daar begin ek wonder.

Frans doen ʼn verstelling hier en daar en sit een net onder die bull deur.

Jag by Mimosa Lodge 2020

“Niks fout met die geweer nie man”, is al wat Frans sê.

Great – geen druk nie boys!

Ek lê weer aan en sit hom die keer in die bull. DANKIE TOG! Wat met die vorige rondtes gebeur het kan ek jou wragtig nie se nie, maar ja…

ʼn Vinnige draai word gery en Louis maak sy Springbok rekening oop met ʼn mooi rammetjie.

Terug by die plaas en ou Tertius moet net keer anders maak die manne die vuur so groot dat dit die boom langsaan, aan die brand sal steek. Die samesyn loop oop ketels en die wêreld se probleme is iets van die verlede.

Jag by Mimosa Lodge 2020

Donderdagoggend en daar heers opwinding onder die manne – vandag gaan daar gejag word. Die wêreld is plat en bossies is daar maar min, maar hey hierdie is Beaufort Wes wêreld so moet nie baie meer verwag nie.

Laat middag en ons is terug by die plaas. Almal se Springbok rekeninge is oop en kort voor lank word daar weer vuur gemaak. Vanaand is dit Jacques se bekende swart pot skyfies & GROOT steaks. Die dag se avonture word om die vuur bespreek en die gees is groot want Johan het sy eerste bok ook plat getrek – welgedaan my maat.

Jag by Mimosa Lodge 2020

Vrydagoggend en daar gaan Gemsbokke gejag word. ʼn Paar van ons besluit daar is nog ʼn paar Rand in die rekening so hoekom nie gaan soek vir nog Springbokke nie.

Beide Louis & Frans het ʼn suksesvolle dag in die veld gehad en elk spog met ʼn 130kg+ Gemsbok.

Jag by Mimosa Lodge 2020

Terwyl die bokke skoon gemaak word, begin Frans idees kry vir die manne wat hul eerste bok & Gemsbok plat getrek het.

Laat aand toe die gees en vure hoog loop kry Louis & Johan se glase ʼn ekstra ietsie onder die ys – Springbok “knater”.

So word die dag se stof die mond uit gewas deur yskoue vuil Coke’s en ou Louis & Johan is glad nie bewus wat onder hul glase lê nie. Later kon die manne net nie meer hul lag in hou nie en die manne word gevra om te loer wat onder in die glase is, en as jy hom in jou hand het dan moet jy hom sommer ook maar weg slaan.

Louis laat nie met hom sukkel nie en die knaap het die ding skaars uit sy bierbeker gehad en toe verslind hy hom. Johan op die ander kant, was HEELTEMAL ʼn ander storie. Na vele pogings en Jacques wat amper van ʼn bankie val soos hy lag word die tuig neergelê.

Saterdagoggend word daar met ʼn swaar gemoed op gestaan – dit is tyd dat ons huiswaarts terug keer. Manne kry hul plek om die tafel en rekeninge word vereffen met ou Tertius voor daar bokke gelaai word.

Manne soos altyd ʼn voorreg en great avontuur.

Kliek hier vir paar kiekies van die trippie.

Lees gerus nog so paar jag verhale:

Related Posts

Comments (4)

Leave a comment