Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Visvang by Torrabaai en dan Nungubais toe

52622944810_94a6ac4c35_o

Donderdagoggend, 29 Desember so net voor 4am en Ruan de Kock (goeie maat van Willeklong faam) druk die Hilux se neus by die hek uit.

ʼn Lang dag lê vir ons voor en die twee seuns sal moet sterk staan want daar lê +/- 1,800km se pad tussen ons en Swakopmund, Namibië waar Marina se ma & suster vir ons wag.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Uiteindelik veilig in Swakopmund later die aand en tannie Jeanetta & Johanta oorval ons met Namibiese gasvryheid, braaivleis en koue bier.

ʼn Koue bier het lanklaas SO LEKKER geproe!

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Die volgende oggend word die laaste aankope gedoen en dan skiet ons Noord op die C34. Op Hentiesbaai (eerste vir almal) word ʼn kiekie geneem en die bakkie se diesel weer opgetop.

Die opwinding loop hoog en almal se g@tte jeuk om aan te sluit by die ander in Torrabaai

Uiteindelik bereik ons die bekende skedelkop hek van die Skeleton Coast National Park waar die nodige papierwerk gedoen moet word voor ons verder aanstoot.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Torrabaai is so +/- 10km verder as jy verby die R38 afdraai ry en wat ʼn belewenis was dit nie!

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Die oord is slegs twee maande (Desember & Januarie) van die jaar oop. ʼn Winkeltjie voorsien die nodige, teen natuurlik ʼn stywe fooi, en alhoewel daar netjiese badkamers naby die verskeie staanplekke is, word storte beheer deur ʼn tydsgleuf saans by sentrale stortgeriewe as gevolg van beperkte water, natuurlik.  

Baie gaste, soos die groep saam met wie ons daar was, het besluit dat al die mans tydens die eerste week van Desember sou gaan om kamp op te slaan. Dit is moeilik om vir iemand dit in woorde te verduidelik, maar dit voel letterlik soos ʼn tydelike basis wat opgeslaan word.

Met die intrapslag was dit nie lank nie en ons is die kus af om swartmossels te gaan soek.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Die volgende paar dae kom ons gou in ʼn roetine. Soggens, nog voor sonop, is die mans en van die kinders al teen die kus af om te gaan visvang.

Die vrouens en res van die kinders sluit dan later die oggend by ons aan met lekker happies vir die honger span. Die res van die dag word langs die viswaters geniet waar die koue briese jou mislei van die werklike hitte en daar moet gereeld sonskerm aangesmeer word anders byt hy jou, soos arme Jean eerstehands sou leer met ʼn opgeswelde lip die een oggend.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

As die jong span moeg is vir visvang dan word daar in die water baljaar onder STRENG toesig, want die gety is nie jou maat hier nie.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

ʼn Paar “sand buggies” is ook saam gery en na ʼn lang gekerm word daar een middag besluit, oppad terug kamp toe, dat dit nou sulke tyd is. Grysheid bring die wysheid en ek het sommer van die begin af geweet hoe hierdie verhaal gaan eindig.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Hoe langer daar op die ‘buggies’ gebly word, hoe groter raak die bravade. My woorde en gelag was skaars koud toe koop daai twee knape van my ʼn stuk sand tesame met ‘n paar liter seewater.

Na ʼn tranedal en kopseer pilletjies, was alles vergete… Ons sal maar sien in die toekoms of hul die episodetjie sal onthou en dit weer doen.

Saans is ʼn verhaal en avontuur op sy eie. Die longtop biere word eenkant toe geskuif en die “swart koffie” word met antisipasie en dankbaarheid nader getrek sodra die vure aangesteek word.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Kos word uit die boonste rakke gemaak en elke aand/dag was daar gesmul aan lekker kos.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Dan, as daar klaar geëet is word die borde eenkant toe geskuif, glasies word volgemaak en dan word daar Knobel gespeel.

Nou my liewe vriende, ek gaan nie eers probeer om te verduidelik nie, want na 5 dae se probeer speel het ek en Ruan nogsteeds nie die volle begrip van die speletjie nie.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Maar soos alles in die lewe het ons kuier by Torrabaai tot ʼn einde gekom en die tweede gedeelte van ons kuier in Namibië het voor ons gelê.

Torrabaai is ʼn belewenis en dalk nie vir almal beskore nie, maar ons het dit terdeë geniet. Dankie aan al die gesinne wat ons met ope arms ontvang het en hoop om julle gou weer in die nabye toekoms te sien.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Die pad Outjo toe is lank en warm, maar die manne met die groot waens voel ʼn vere. So net voor Outjo word die laaste keer blad geskud voor ons en Paul-hulle aanstoot na Nungubais (Marina-hulle se familie plaas) toe.

Ons was presies twee jaar gelede laas op die plaas en elke keer as ons besoek aflê, kan jy sien dat daar hard gewerk was sedert ons vorige kuier.  

Ons kuiers op die plaas is altyd goed vir die siel en dit was ʼn voorreg om ʼn stukkie van hul lewe te beleef. Die seuns het, soos altyd, ʼn fees gehad en elke dag was ʼn avontuur op sy eie.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Van bakkie ry, skape werk, swem, hoenders jaag, sukkel met hek kombinasies, miershope uitklouter, middag slapies, eet soos konings en die lys gaan aan…

Gou-gou word daar ook geleer hoe om skaap te werk en dan moet die jongspan bond staan om lammers te vang.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

As die son sy strale laatmiddag begin wegtrek, word ʼn kleurvolle prentjie voor jou oë geskilder van soveel kleure.

Elke aand ís ʼn verrassing en nes jy dink daar kan nie ʼn mooier sonsondergang is nie, dan verras die volgende aan jou.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Ongelukkig het die tyd ons gevang en ons moes die bakkie se neus weer Suid druk.

Paul, Marina & kinders – dankie vir ʼn ongelooflike kuier en al die gasvryheid. Ons manne het dit terdeë geniet en dankie dat ons ‘n paar dae deel van jul lewens kon wees op die plaas.

Aan my wingman, ou Ruan – what a legend. Ek kan hom op nommer 99 skakel en hy sal bakkie klim, maak nie saak waar ons gaan nie. Dankie vir jou geduld met die seuns en sien uit na die volgende een.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Aan my twee seuns, Jean & Lian: manne dit was voorwaar ʼn voorreg om Torrabaai vir die eerste keer saam met jul ook te kon beleef het. Jean jy het ons manne verbaas met jou kundigheid met die visstok en ek hoop van harte ek kan nog menigte male langs julle knape langs die seewater staan. Die afstande was hard en ek weet dit was taai op jul klein lyfies, maar julle het dit soos champs hanteer en daarvoor haal ek my hoed af vir julle twee.

Kliek hier vir paar kiekies & videogrepe van hierdie ongelooflike reis.

Visiting Torra Bay for the first time, and then off to Nungubais Farm

Related Posts

Leave a comment