Swakopmund

52622944810_94a6ac4c35_o

16 Jan: Visvang by Torrabaai en dan Nungubais toe

Donderdagoggend, 29 Desember so net voor 4am en Ruan de Kock (goeie maat van Willeklong faam) druk die Hilux se neus by die hek uit. ʼn Lang dag lê vir ons voor en die twee seuns sal moet sterk staan want daar lê +/- 1,800km se pad tussen ons en Swakopmund, Namibië waar Marina se ma & suster vir ons wag. Uiteindelik veilig in Swakopmund later die aand en tannie Jeanetta & Johanta oorval ons met Namibiese gasvryheid, braaivleis en koue bier. ʼn Koue bier het lanklaas SO LEKKER geproe! Die…

Tamatiepos

15 Jan: Swakopmund, Damaraland & die mooi Kunene

Dit is 03h55 Saterdagoggend (26ste Desember) en ek lê en kyk vir my selfoon – alarm behoort enige oomblik af te gaan en dan is dit so, ons gaan Namibië toe, pappie. So net na 04h30 en die seuns slaap rustig verder in die bakkie. Wellington se strate is stil en daar is geen siel of kraai nie. Kort voor lank breek die son sy strale oor die Swartland, en so tussen die bestuur word daar gesukkel om koffie uit die Stanley fles te gooi, maar terwyl die seuns nog slaap…

Sossusvlei

06 Aug: Namibië se misterieuse landskappe

Die 3de en laaste been/week van ons Namibië toer het aangebreek en dit was tyd om weer na die Suide van hierdie ongelooflike land te beweeg. Voor ons hierdie weeklange tog huis toe aanpak kuier ons vir 2 dae (dag 16 & 17 van ons toer) by Marina-hulle se strandhuis in Swakopmund. Die tyd was gebruik om alles weer skoon (voertuie en klere) te kry en so ook die nodige proviand aan te koop. Lanklaas die arme kinders so sien blink! Marina se reis het ongelukkig tot ʼn einde gekom en sy…