Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Toer Namibia toe

Vrydagaand 19h00 en ons is weer op die langpad om paniek te saai vir ons land, samesyn, die bokke en al julle damn wetters daar buite. Dit gaan hard en woes wees, liggame gaan harde knocks vat, maar wie is nou bang – het mos alles by uncle Chuck geleer.

Springbok is 550km ver en ons kom eers so 02h30 Vrydagoggend by Vic se oom-hulle aan. Die pad was ‘n gemors en vele kere moes daar net gekeer word dat ‘n Willeklong nie ‘n ander knaap voeter oor sy kak manier van ry wat hy by sy ouma geleer het nie. Net die nodige (brannas) word uit Oupa en Tigger gehaal en die eerste knertse word afgewurg asof ons nog nooit die goed oor ons lippe gehad het nie. Die eigevissies val hard en dit vat nie lank voor die kombinasie van die langpad en brannas ons horisontaal bring nie.

06h30 Vrydagoggend en ons is weer op die pad Vioolsdrif toe. Die Noord-Kaap het een van sy beste oggende vir ons gegee en mens kan nie help om jou te verstaar aan die oop vlakte nie.

By die grens het dinge goed gegaan totdat hulle Vic gevra het om sy bakkie agter oop te maak. Tigger is al oor die grens en het gewag aan die Namibië kant. Hier staan Vic, Steve & Parma met ‘n bakkie met meer drank as wat daar in die hele Springbok is. Daar word wyd en suid gelieg en bedrieg en almal is oor die grens. Party kry hulle eerste stamps en mens sal glo dit is Nuwejaar soos van die bliksems smile.

Die van julle wat al in Namibia getoer het sal weet as ek sê die paaie hier is ma vrek reguit en draaie kry jy net op ‘n skrikkeljaar in die pad. Die wêreld is mooi na al die reën wat hulle gekry het en dit is werklik iets wat jy nie kan deel met iemand nie.

100km voor Keetmanshoop en Parma gaan deur ‘n kleur versameling en kry beina ‘n angsaanval. Bakkies word amper gerol soos daar tot stilstand gekom word sodat een of ander dom, dapper moer in die span CPR op die brak kan uitvoer. In opsomming – die aap het kos gesoek en kon dit nie meer hanteer dat hy nou al 2 ure sonder kos gegaan het nie. Brunch word onder die enigste boom in ‘n afstand van 180km gemaak. Parma haal weer asem en daar word geskiet vir Keetmanshoop.

Son bliksem ons van alle kante en Namibië wys ons hoekom bier ‘n moet is in hierdie land. Bier kwota word gestock en daar word vir die grensdraad gemik. Net so na Aus check ons gou die wilde Namib perde voor ons die laaste stretch Luderitz toe aanpak. Bier kwota is wragtig amper weer op en mens klap die goed vinniger as wat jou boetie toiletpapier gebruik.

18h30 Vrydagaand en ons sleep Luderitz met ‘n moerse gejuig binne. Skiet gou ‘n recce op die dorp voor ons skiet vir Shark Island waar ons die twee nagte gaan crash. Shark Island is seker een van die min kampeerplekke wat kan spog met ‘n ligging wat jy op min plekke sal kry. Jy word omring deur die see, rotse en ‘n view wat jy nie eers op ‘n porn movie sal kry nie.

TB kry sy plek en die vure loop lekker. Bier is op en Eigevis kom maak sy stem dik en voeter so paar Willeklonge grond toe. Saterdagoggend 05h00 en die kopseer kan nie meer geduld word nie en daar moet ‘n koffietjie aanmekaar geskop word. Die plek lyk woes en mens sou glo ons het die vorige aand ‘n party vir 200 eerstejaar studente gehad. EISH!!!

Sonsopkoms was mooier as Minki in klein kleertjies en daar word vir ure gestaar na ons surroundings. Parma kom te voorskyn met sy badprop nipples en die ding se maag skreeu alweer vir kos. Goeie donder, hy is soos ‘n masjien! Ons sal hom na ‘n veearts toe moet vat as ons terug is in die RSA.

Oupa (Vic se bakkie) word afgepak en nadat almal ge-shit, shave & shampoo het word daar geskiet vir Kolmanskoppe. Baie het al gehoor van die plekke en dit is ook seker een van die hoof toeriste blabla op Luderitz, maar om tussen al hierdie geboue te stap wat verwaarloos is deur jare se sand is nogals amazing. Jy kry skoon daai warm gevoel op jou ass as jy te lank op die toilet gesit het.

Memories word gebou en geen boeta kan dit wegneem van jou nie. Koue bier in die hand, wetters wat jy sjommies noem en daar is niks in die lewe wat jou moer meer koer nie. Jy is die icon van anargie en jou ma sal seker so trots op jou wees. Ok ok ek het dit nie regtig gedink nie, maar damn dit klink nogals goed. Dalk is dit ‘n teken vir iets groter…WHAHHAHAHA!! Fok, laat ek liewers aangaan.

Terug in Luderitz en daar word bier gekoop asof dit die einde van die wereld is. Parma se maag kry kos by die local Waterfront wat naby die hawe geleë is en Oupa se 4×4 word so bietjie getoets op die duine net so buite die dorp.

In die verte bou die wolke woes saam oor Shark Island en ek begin myself vloek omrede ons nie ‘n boot saamgesleep het nie. Sunami se gat man ek wil net nie die brandewyn verloor wat by die tent is nie. Code red word geroep en daar word gesleep vir TB en Tigger wat sy broek by hierdie tyd al bek*k het want daai damn bakkie is maar moer bang vir water.

Terug op Shark Island en die wolke wil-wil so sy water op ons neervoeter, maar dan hou hy terug en die waiting game gaan aan. Het nie tyd vir hierdie waiting game k*k en hare nie en die vure word gebou. Tafel Lager loop woes en ons en baggas is groot sjommies. Madre skop ‘n bobaas pot aanmekaar en dit voel soos Kersfees soos daar geëet word. Hoe later hoe kwater en die party begin nou rowwer raak. Iemand skreeu Courage en voor jy jou oë kan uitvee is almal ‘n dop in die hand en reg vir die groot Willeklong game – courage. Marli en Steve is nuut en dit vat nie lank voor hulle die pyn en anargie beleef wat Courage op jou neersit as jy hom hom wil speel nie. Parma sit ‘n kampstoel verby moer toe en ons moes amper die Jaws of Life kry om die brak uit die ding te kry. Courage vat 5 (Steve, Marli, Parma & Madre) grond toe en mens moet net keer dat jy jouself nie nat dinges soos mens lag vir hierdie klomp wetters nie. Steve praat met Abraham teen ‘n klip en mens sal glo die kind gaan by die dood omdraai. Maar hey, elke sport het mos sy beserings.

Sondagoggend 00h30 en dit klink of Parma op Tigger se canopy spring soos daai reën neerkom. Vic en Parma wat buite geslaap het skiet vir ‘n tent, maar met Parma se pens en badprop nipples het Vicky maar besluit om Oupa te kies vir die aand.

06h00 en dit lyk of die wêreld amper verspoel het buite. Hierdie keer was daar seker 2 000 mense by die party want dinge het woes gelyk. Reën bedaar vir so uur en bakkies word gepak asof ons vir ons lewens jaag. Alles is in en reg en dit is weer op die langpad terug huis toe.

Net voor Aus stop ons by ‘n lodge vir breakfast en dan is dit weer terug op die langpad. Wou die grondpad links by Aus vat, maar info het deurgekom dat die pad gesluit is. SHIT SHIT SHIT!!!

Weer op die hoofpad en net na Keetmanshoop skiet die N608 regs en dit is grondpad boeta. Tigger en Oupa is bly en die bliksems hardloop dat jy net modder, k*k en hare sien vlieg. Wat vir my heel duidelik was met die terugkom so +/- 100km voor die grens is dat as dit reën in Namibië dan word dit vrek goed gedoen.

18h00 Sondagaand en ons skiet oor die grens. By Vioolsdrif vat ons die eerste regs en skiet so paar km op die grondpad waar ons die aand by Bushwacked op die Oranjerivier geslaap het.

Maandagoggend kan mens die skade aan die span sien wat die lang paaie, baie bier en Eigevis en min slaap aan ‘n mens doen. Die wêreld is verby nat, maar die gees is nog woes groot.

2 700km, BAIE vog, tonne memories en goeie tye sleep ons Vic se plaas binne net so voor 16h00 Maandagmiddag en ons trip kom offiseel tot ‘n einde.

As jy nog hierdie kan lees dan is dit ‘n wonderwerk dat jy so lank uitgehou het. Maar ja, dit is ‘n effe kort en kragtige opsomming van seker een van my beste en lekkerste road trips ooit. Moerse dankie aan Parma, Vic, Ruan, Madre, Steve en Marli wat elke km van hierdie trip die moeite werd gemaak het. Dan ook aan Oupa wat sy eerste ofisiele Willeklong trip gehardloop het wil ons ook net net sê welkom by die familie en hoop die knaap kan ons nog na baie skurwe, rowwe plekke vat.

NAMIB 2006 signing out!!

Related Posts

Leave a comment