Namibia

Caprivi

27 Jan: Mullets, ‘n polisie snor & zeffness Caprivi toe

Ek loop al lank met die idee rond om die Ooste van Namibië te gaan verken, die Caprivi strook om meer spesifiek te wees. Daar is wel nog iets wat my dryf om daai wêreld saam met die seuns te gaan verken. Vriende van my was al jare terug daar en albei het swembroeke van die Ngepi kamp. Vir die normale persoon mag dit soos net enige ander swembroek lyk, maar dit is vir my ʼn teken van iemand wat al deur die Caprivi getoer het… En dit was tyd dat…

52622944810_94a6ac4c35_o

16 Jan: Visvang by Torrabaai en dan Nungubais toe

Donderdagoggend, 29 Desember so net voor 4am en Ruan de Kock (goeie maat van Willeklong faam) druk die Hilux se neus by die hek uit. ʼn Lang dag lê vir ons voor en die twee seuns sal moet sterk staan want daar lê +/- 1,800km se pad tussen ons en Swakopmund, Namibië waar Marina se ma & suster vir ons wag. Uiteindelik veilig in Swakopmund later die aand en tannie Jeanetta & Johanta oorval ons met Namibiese gasvryheid, braaivleis en koue bier. ʼn Koue bier het lanklaas SO LEKKER geproe! Die…

Tamatiepos

15 Jan: Swakopmund, Damaraland & die mooi Kunene

Dit is 03h55 Saterdagoggend (26ste Desember) en ek lê en kyk vir my selfoon – alarm behoort enige oomblik af te gaan en dan is dit so, ons gaan Namibië toe, pappie. So net na 04h30 en die seuns slaap rustig verder in die bakkie. Wellington se strate is stil en daar is geen siel of kraai nie. Kort voor lank breek die son sy strale oor die Swartland, en so tussen die bestuur word daar gesukkel om koffie uit die Stanley fles te gooi, maar terwyl die seuns nog slaap…

Kunene

31 Jan: Ons gaan kuier in die Kunene

So ongeveer 2 maande gelede het goeie maats van ons, Paul en Marina Laas, sak en pak opgetrek na Namibië om te gaan boer in die Outjo omgewing. Met diè dat Marli in haar besige seisoen by die werk was, het dit beteken ek was op diens met ons twee jong woelwaters (Jean en Lian) oor Desember. Nou elke ouer kan vir jou sê om ʼn jong span besig te hou oor vakansie, as jy tuis gaan bly, is soms ʼn mal avontuur op sy eie en dit deeg nie goed…

48314484372_3d70e7d757_o

18 Jul: Namibië toe met ʼn helse draai

Saterdagoggend 4am raas my wekker hier langs my. Iets waaraan ons nou al vir +/- 12 maande beplan het, het uiteindelik aangebreek. Die laaste paar goed kry hul plek in die voertuig. ʼn Vinnige gebed en dan word ʼn swaar 80 Series se neus die hek uit geluier. Net buite die dorp kry ons die Groenewald’s en Hugo’s. Blad word vinnig geskud en dan is ons konvooi aan die beweeg. Ons eerste stop vir hierdie drie weke toer sou Verneukpan wees. Met die dat die ander twee gesinne nog nie daar…

namibia

27 Jul: Namibia se roep

As jou beter helfte besluit om ’n molshoop êrens in Afrika (Kilimanjaro) te gaan klim saam met 2 ander vrinne en jou ouers oor hulle voete val om na jou kind te kyk terwyl ma weg is dan sal ’n trip Nam toe saam met ’n gatgabba mos net kookwater wees! Donderdagaand 20h30 en ’n volgelaaide Trooper vat die pad Namibia toe. Die wat Parma goed ken sal weet die knaap is effe gebreklik met ’n swaar regter voet so toe die son sy oggend strale begin uitgooi toe trek ons…

21 Apr: Toer Namibia toe

Vrydagaand 19h00 en ons is weer op die langpad om paniek te saai vir ons land, samesyn, die bokke en al julle damn wetters daar buite. Dit gaan hard en woes wees, liggame gaan harde knocks vat, maar wie is nou bang – het mos alles by uncle Chuck geleer. Springbok is 550km ver en ons kom eers so 02h30 Vrydagoggend by Vic se oom-hulle aan. Die pad was ‘n gemors en vele kere moes daar net gekeer word dat ‘n Willeklong nie ‘n ander knaap voeter oor sy kak manier…