Weskus

Wekus

18 Dec: ‘n Draai deur die Weskus & Cederberge

Dit was tyd om die jaar op sy gat te stamp, maar voor ons almal in verskillende rigtings infoeter moes ʼn tradisie voortgesit word. Ons moet ín ʼn rigting skiet met min tot geen idee waar ons gaan eindig nie. Geen tente, so nee jy mag nie jou sussie se tent saam bring nie. Geen kos, ons koop soos ons reis. Verlede jaar het ons die Overberg lekker verken, maar die jaar het ons die voertuie se neuse Noord-Wes gedruk. Jacques het te hore gekom van ʼn plekkie teen die Weskus,…

Noup

04 Jul: Laaste besoekers by Noup

Ons Weskus avontuur begin in die klein kusdorpie van Elandsbaai. Met die dat Noup +/- 520km van Wellington is, sou die afstand net te lank gewees het vir die twee honde (Pepsi & Mila), wat ons vergesel op hierdie avontuur. Die bakkie het skaars by Elandsbaai gestop en die honde kon nie vinnig genoeg die voertuig uit nie. Kamp is opgeslaan en dan is dit reguit strand toe met die honde. Terug by die kamp het ʼn groot Rummikub toernooi begin terwyl die vuur lekker knetter.   Volgende oggend is kamp…

Weskus

30 Mar: Sand, see & zinkplaat deur Namaqua National Park

Die Weskus het maar net sy eie bekoring en daar is min goed wat lekkerder is as om langs die see wakker te word in ʼn tent. Ons avontuur begin Donderdagmiddag direk na skool en skaars trek die groot yster sy neus deur die hek en die VHF radio begin lewe kry met die groot seun, Jacques Groenewald, se stem oor die lug. Vir my is daar min goed lekkerder as wanneer ek Wellington uit ry en ek weet dit is die oop pad voor ons – die country musiek loop…

Blog Main Image Template

13 Oct: Naweek by Postberg Reservaat

Dat 2020 een mal jaar is, is ʼn relatiewe begrip om die minste van die jaar te sê, veral die laaste maand. Dit was tyd om die kop weer skoon te kry, maar meer belangrik om die seuns weer aan die beweeg te kry; weg van die huis en al die geraas. ʼn Onderwyser kan hulle ook net soveel leer in die skool, maar naweke is daar om hulle te leer van die lewe, ons mooi land en die plek wat ons Afrika noem. Soos 90% van alle wegbreek naweke was…

Elands Baai

07 Nov: Kamp by Trompie se duin

Dit is Vrydagmiddag 4pm en Jean (ons oudste) maak gereed vir sy laaste “relay ladder event” by die Hoër Jongenskool Paarl. Ek hoor hoe “ping” my verdomde foon in my gatsak en ek weet dit is die manne wat al aan die beweeg is op pad Elandsbaai toe. Knapie is skaars uit die water en na ʼn vinnige high-5 is ons op ʼn drafstap voertuie toe. Terug in Wellington word die laaste paar goed gepak en dan is ons ook op die pad. Een van Jacques se koeie het ook sy…

Zevenputs

19 Feb: Zevenputs, jou lekker ding

Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weet-van-beter” mense. Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot vlaktes vol klip, my gunsteling wegbreek plekke is om kop skoon te maak, moet ek bieg ek begin my kuiers & avonture langs die Weskus meer en meer geniet. Ek dink ook ʼn groot aspek van enige avontuur/naweek wegbreek is die…

Weskus

31 Mar: Weskus Kuslyn 4×4 Toer

Saterdag, 19 November 2016, kom 5 van ons bymekaar om 1) ʼn paar koues saam te geniet, en 2) meer belangrik om ʼn datum te finaliseer vir ons Weskus kuslyn 4×4 toer. Definitief nie ons moeders se mooiste kinders nie, maar almal het wel dieselfde lus vir ʼn groot avontuur na die vreemde en dus is beplanning nie van kardinale belang nie, want beplanning vorm hoe ʼn trip moet beloop en dit is die laaste van ons behoeftes. Ons weet waar ons wil begin en waar en wanneer ons tuis moet…