Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Familie tyd by Elgin River Lodge

Elgin River Lodge

So paar km buite Grabouw kry jy die Peregrine Padstal langs die N1. Net soos jy verby die padstal ry, op pad Botrivier toe, draai jy regs by die bordjie, Viljoenshoop.

ʼn Km verder draai jy weer regs en volg die Appletiser pad tot jy die Elgin River Lodge aanwysings begin kry.

ʼn Naweeg wegbreek saam met my skoonouers was “long overdue” en veral die kinders was super opgewonde om bietjie saam met ouma & ouma weg te breek vir ʼn paar dae.

Familie naweek by Elgin River Lodge

Elgin River Lodge is geleë aan die oewer van die Palmietrivier in die Elgin distrik.

Die hout chalets is opgehefde boomhuise met ʼn ongelooflik uitsig op die daaglikse aktiwiteite van die lodge, asook die berge en rivier. Hierdie is ʼn paradys vir enige kind en die water aktiwiteite is oneindig.

Familie naweek by Elgin River Lodge

Die restaurant, The Toad On The River, is aan die oewer van die Palmietrivier geleë en daar is heeltyd ʼn buz van dag besoekers & en lodge gaste.

Familie naweek by Elgin River Lodge

Die paar dae langs die rivier was goed vir die siel en ons sal definitief weer kom kuier.

Kliek hier vir ‘n paar foto’s van die kuier.

Leave a comment