Toe die kommunikasie van Wouter Viljoen deur kom rakende ons gemeente, NG Wellington Oos, se jaarlikse “Pa & Kind” kamp het ek onmiddellik die datum vas gemaak in die kalender, want dit is altyd ʼn fees vir die kinders. Ongelukkig het ons die laaste twee jaar gemis, maar die jaar wat ek en Lian gegaan het by Alartsoewer, was dit ʼn stryd om die knaap die Sondag by die huis te kry so het hy dit geniet. Vrydagmiddag toe die klok 13h10 slaan, staan en wag ek dat daai knape by…
Donderdagoggend, 29 Desember so net voor 4am en Ruan de Kock (goeie maat van Willeklong faam) druk die Hilux se neus by die hek uit. ʼn Lang dag lê vir ons voor en die twee seuns sal moet sterk staan want daar lê +/- 1,800km se pad tussen ons en Swakopmund, Namibië waar Marina se ma & suster vir ons wag. Uiteindelik veilig in Swakopmund later die aand en tannie Jeanetta & Johanta oorval ons met Namibiese gasvryheid, braaivleis en koue bier. ʼn Koue bier het lanklaas SO LEKKER geproe! Die…
Einde van die jaar staan nader en binnekort gaan alles wat leef en beef skarrel om die laaste goedjies klaar te kry voor die jaar op sy gat geslaan gaan word. Paar van ons manne besluit voor hierdie chaos ons tref, dat ons moet ontsnap en bietjie die Overberg gaan verken. Met die dat die res van die families nie saam reis nie, was dit ʼn gulde geleentheid om dit so minimalisties te hou en die tente word by die huis gelos. Ons eerste stop vir die naweek is by die…
Soos jy van die titel kan aflei gaan hierdie avontuur oor een of ander rally. Maar nie sommer enige rally nie, nee pappie – hierdie een word gedoen in ou karre (mag nie jonger as 1985 wees en duurder as R30,000.00 wees nie). So, hoe het dit nou gebeur dat ek skielik van kamp en toer oorskuif en by so iets betrokke geraak het? Ek kan nie die spesifieke dag onthou nie, maar dit het iets soos hierdie begin: ek kry een aand laat ʼn Whatsapp boodskap van my besigheidsvennoot, Hermanus…
Na MAANDE se wag, is die groot JAG EXTRAVAGANZA hier! Hierdie gaan een vir die boeke wees, maar meer belangrik dit gaan een wees wat 7 jong individue nie gou sal vergeet nie. Die vrieskaste tuis is leeg en 7 super opgewonde kinders gaan die geleentheid kry om hul eerste bok te skiet. Woensdagmiddag trek 8 opgewonde pa’s, 7 kinders, 4 voertuie en BAIE gees weg uit Wellington, hard op pad Oos-Vrystaat toe. As gevolg van die afstand na Luckhof (+/- 850km) is daar besluit om by Retief Joubert se Karoo…
ʼn Paar weke gelede ontvang ek ‘n oproep van oom Bassie Basson, hier op Wellington, wat wil weet of ek en die seuns nie belangstel om by sy vriende, Andre en Suzaan Theron wat naby Merweville boer, se nuwe Boskamp te gaan kamp nie. Dit is mos musiek vir my ore en voor ek my weer kon kry is ons 4 manne (Lian se makker, Paultjie, het by ons aangesluit vir die naweek se kuier) oppad Merweville toe. ‘n Paar km buite Ceres, net nadat ons regs gedraai het op die…
Dit is Vrydagmiddag en die seuns kan nie vining genoeg uit hul skoolklere kom nie. Tigger is reeds gepak en die knape moet net klim. Tannie Clara (wat die naweek na die honde gaan omsien) & die honde word gegroet en ons is die hek uit. Kort voorlank verdwyn Wellington in my truspieeltjies en die opgewondenheid loop hoog terwyl Airbourne se Runnin’ Wild oor die radio blaas. Ons stop vlugtig in Ceres waar ons vir Lourens Hugo kry voor ons aanstoot via Ceres, Prince Alfred Hamlet, Gydopas…Net na Op Die Berg…
Dit is Januarie maand en my maat die wêreld is warm, veral hier in die Boland. Meeste van die vriende is al terug van vakansie en daar lê nog een naweek oop voor die skole begin, so toe Hugo met die voorstel kom ons moet ʼn kamp inwerk het ‘n paar van ons hande opgesteek. Ek voel ʼn vere waar ons gaan kamp, daar moet net water wees – dit was al vereiste wat ek gehad het. Hugo bel ‘n paar plekkies en die lot word toe geslaan op Altyd Water…
Die einde van die jaar is op ons en ek dink almal is net lus om die tuig neer te lê en te ontsnap van een mal, op en af jaar. So ‘n paar weke gelede het Mauritz met die voorstel gekom dat hy graag sy vrou en ʼn paar van ons vriende twee van sy gunsteling plekke in die Tankwa wil wys. ʼn Kaart is na my geskiet om te vra of ek en die seuns wil join… Ag, met my ou rubber armpie was dit ʼn maklike ja! Ons…
Ons reis verder op ons Noord-Kaap & Botswana toer. As jy die eerste twee gedeeltes van ons toer gemis het, lees gerus: Van Gaborone volg ons die A12 tot Letlhakeng (+/- 125km) waar ons vir die laaste keer sou diesel kry na en van Khutse. Soos geluk dit wou hê, is een van die enigste twee vulstasies sonder diesel en dus word daar in ‘n ry gestaan by die tweede en enigste een met diesel in die omgewing. Seuns leer weer so bietjie van Afrika tyd haha. Uiteindelik is alles vol…

