Vriende

Botsalano

20 Oct: Reën & donderweer by Botsalano

Ons reis verder op ons Noord-Kaap & Botswana toer. As jy die eerste gedeelte van ons toer gemis het, lees gerus Verneukpan wind & Putsonderwater se eensaamheid. Van Witsand Kalahari Natuurreservaat volg ons die grond pad tot ons aansluit by die N14 en dan is dit reguit Vryburg toe waar ons COVID toetse moet laat doen. COVID toetse is glad nie ʼn hoogtepunt vir enige kind nie, maar ek moet sê die 3 jong manne was “champs” en dinge het seepglad verloop by Vryburg Pathcare. Ons volg die N18 tot by…

test

15 Oct: Verneukpan wind & Putsonderwater se eensaamheid

Dit is 04h30 Woensdagoggend en ek kyk vir die wekker soos die minute af tik. Net voor die wekker 04h45 raas druk ek die knoppie dood en ek weet dit is “sulke tyd”. Die opwinding is hoog en dit vat net ʼn ligte skud aan die skouers en die seuns is op en begin al praat van hoe en waar ons gaan ry vir dag 1 van ons Noord-Kaap/Botswana toer. By die garage voor die Hugenote Tonnel breuk Lourens Hugo se stem oor die VHF radio. Hy en sy seun, Josua,…

MicrosoftTeams-image

23 Sep: Lekker geselskap by Leeuwenboschfontein

Hierdie was een van die langste winters vir my. Vir een of ander rede het dit net gevoel dit wou nie einde kry nie. En op dit het die verdomde virus, COVID, ook nie gehelp met die bors nie, maar dit is alles iets van die verlede en ek kan nie wag vir Wellington & sy 40+ grade nie…sjoef. So, toe dit lyk of ons ‘n paar warm dae sonder reën gaan kry het ons onmiddellik plan gemaak om bietjie te gaan kamp saam met vriende. Reon Visser het vir ons…

Blog Main Image Template 2

09 Jun: Koue aande in die Koue Bokkeveld

Dit is Junie maand en ʼn mens moet glad nie verbaas wees dat die aande in die Koue Bokkeveld onmenslik koud is nie. Ek & die seuns was nie lank terug op ‘n kamp (Solo kamp op die maan) in die omgewing, en alhoewel ons koue aande beleef het, was dié naweek se temperatuur saans net ʼn paar trappies laer. Met die dat Tigger se ratkas op ʼn tafel by ou Martin van Heerden lê, besluit ek dit is ʼn goeie tyd om weer die grond tent uit die rakke te…

Blog Main Image Template

26 Apr: Kamp in die Doringrivier by Gifberg

Snaaks hoe ʼn sekere baken of spesifieke plek jou die heeltyd volg in jou reise. Byvoorbeeld daar is ʼn spesifieke draai op die R62 voor Calitzdorp waar ek amper my dinges gesien het een jaar en elke keer as ek daar verby gaan dan oorval die herinnering my. Dan is daar die Doringrivier en dit is hier waar ons verhaal begin. Die einste rivier het my al ʼn paar keer gestop as ons die Tankwa Karoo besoek in die winter maande, maar terselfdetyd ook mooi saam gespeel en ons toe gelaat…

Blog Main Image Template

12 Apr: Goeie tye & muskiete by Breede Otter

Deesdae begin mense my vra of ek my eie toer maatskappy het want as hul hoor/sien dan is ek en die seuns weg na een of ander plek. Soos ek die storie vertel dat dit maar net ʼn platform is om al hierdie spesiale oomblikke te dokumenter vir eendag as my klippie deur die voorvenster is (dit is nou as ek na my Skepper gaan as jy nie daai een verstaan het nie) kan ek sien dat die klein muis van sy wieletjie afvoeter want “why Larry, WHY?!” is seker maar…

Weskus

30 Mar: Sand, see & zinkplaat deur Namaqua National Park

Die Weskus het maar net sy eie bekoring en daar is min goed wat lekkerder is as om langs die see wakker te word in ʼn tent. Ons avontuur begin Donderdagmiddag direk na skool en skaars trek die groot yster sy neus deur die hek en die VHF radio begin lewe kry met die groot seun, Jacques Groenewald, se stem oor die lug. Vir my is daar min goed lekkerder as wanneer ek Wellington uit ry en ek weet dit is die oop pad voor ons – die country musiek loop…

Deelblok

12 Mar: Kristal helder water & baie skiet

Snaaks hoe die lewe mense oor jou pad bring. Paar jaar gelede (dit voel al soos ‘n leeftyd) stop ‘n dametjie my terwyl ek Lian by sy kleuterskooltjie aflaai en vra my hoe dit gaan. Met die dat my geheue korter as ‘n vuurhoutjie is, weet ek natuurlik glad nie met wie ek praat nie. Sy sien die verwarring op my gesig en hoe die arme klein muis (my verstand) sukkel om op die wieletjie te bly. “Henry, jy onthou my seker nie meer nie, maar jy & jou twee vriende…

Blog Main Image Template

16 Feb: Kinders vir “galore” by Skurwekop

11 gesinne (25 kinders) almal van Wellington op een kamp – jup, jy het reg gelees. So paar weke gelede sit ek en Tertius Joubert en teug aan ʼn koue bier toe hy ʼn klip in die bos gooi dat ons die jaar moet afskop met ʼn lekker kamp. Skiet die voorstel na ‘n paar manne en voor ons ons kon kry is daar 10 families wat bevestig. Om eerlik te wees as die COVID wetgewing (Toerisme) meer as 50% okkupasie toegelaat het, sou daar seker nog ʼn paar name op…

Blog Main Image Template

10 Feb: Merweville hitte & die Karoo sonsondergange

Merweville is ʼn Karoo dorpie so 45km Noordwes van Prins Albert en as jy enige iemand sal vra of hul al van die dorpie gehoor het, sal meeste eers Google raadpleeg om te sien waar die plekkie presies sit. Wel +/- 13 jaar gelede was ek en ʼn paar vriende (van Willeklong verlede) deel van daai lysie en het ons vir een of ander onverklaarbare rede opgeëindig op Merweville. Dit was maar net nog ʼn dorpie op ʼn kaart waar ons nog nie was nie, en dit was genoeg van ʼn…