Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

‘n Vergete braai casserole & HITTE by Altyd Water

Blog-Main-Image-Template

Dit is Januarie maand en my maat die wêreld is warm, veral hier in die Boland. Meeste van die vriende is al terug van vakansie en daar lê nog een naweek oop voor die skole begin, so toe Hugo met die voorstel kom ons moet ʼn kamp inwerk het ‘n paar van ons hande opgesteek.

Ek voel ʼn vere waar ons gaan kamp, daar moet net water wees – dit was al vereiste wat ek gehad het. Hugo bel ‘n paar plekkies en die lot word toe geslaan op Altyd Water naby Rawsonville.

Vrydag en die wêreld is woes warm in Wellington. Alles is klaar gepak en om te help met die hitte stel Jean voor ons spring in die swembad en klim dan net so nat in die Cruiser en val in die pad.   

Die oggend se geswemery het sommer gou sy tol op die seuns gehad en ons het nie eers die Hugenote Tol Plaza gemaak nie, so is die twee knape klaar plat.

20220114_143241

Die afdraai na Altyd Water is net voor Du Toitskloof Kelder (+/- 43km van Wellington). Moet asb nie Google Maps volg nie, want dit gaan jou deur Rawsonville wil vat.

Ons spannetjie vir die naweek was:

  1. Ek & seuns
  2. Bertie Joubert & gesin
  3. Hugo van der Merwe & gesin
  4. Waters Smith & gesin

In die middel van die kampterrein is ʼn lapa wat Hugo sommer vir ons bespreek het so dit het toe lekker uit gewerk want almal het sommer so om/binne die lapa gekamp, en met die rivier seker so 30m van ons kon ons nie vir ʼn beter ligging gevra het nie.

Ja, ʼn paar bome vir die skadu sou heel handig gewees het.

Naweke soos hierdie waar die temperature in die diep 30s hardloop, was die roetine maar baie dieselfde – kruip vir die son weg, swem, braai, swem….swem, braai…

20220115_165642

Kaart speletjies onder die kinders is altyd ʼn wenner en dit was lekker om Lian deel van die pakkie te sien.

Knaap kou altyd aan sy broer se haakskene en was in die verlede maar altyd die jong een in die groep, maar nou begin die knaap sy eie baan oop baklei en neem gretig deel saam met die groter kinders.

20220115_172043(0)

So Henry, hoekom die titel van ʼn vergete Casserole? Wel, hierdie kamp was ek die enigste een sonder ʼn kamp wa. So met die wete dat daar vriende gaan wees met klein woonstelletjies was ek nie te veel bekommer om al die nodige toerusting wat nie permanent in die LC bly in te pak nie bv. Casserole & braairooster.

Maar ja, dit was heel duidelik ʼn tegniese foutjie, want elke keer as daar gebraai word dan loop ek deur dat ek nie ʼn Casserole & braairooster in my Cruiser het nie en van daar af is dit net afdraand.

In die begin het ek nog probeer verduidelik, maar later net kop geskud en gelag.

20220114_201859

Sondag laat oggend en almal is op gepak en reg om te beweeg. Met die dat ons so naby Rawsonville is sou dit ʼn sonde wees om nie vir die Malherbes (Reinhardt & Carla) by Waaihoek te gaan kuier het nie.

Aan my twee seuns, Jean en Lian: Manne – so hoe warm was dit nie die naweek gewees nie haha. Een van die lekker besprekings punte as pa met mense gesels oor kamp, is wat verkies jy? Kamp in die winter (koud en nat), diep somer of lengte/herfs. Wel manne daar is ʼn rede hoekom pa nie oor Desember kamp nie. As die wêreld warm is, dan is daar maar min goed wat gedoen kan word om deur die nagte te kom. Maar dit is iets wat jul as jong manne self gaan besluit hoe ouer jul raak. Vir eers, reis jul saam met pa en ons pak hom aan soos hy vir ons gegee word deur die Groot Man.

Kliek hier vir ‘n paar fotos en videogrepe van hierdie lekker WARM naweek.

20220114_141437

Leave a comment