Ok, so hierdie is ‘n plekkie wat ek al lankal wou gaan besoek het, maar as gevolg van hul gewildheid het my kalender nooit geklop met hul beskikbare datums nie, TOT onlangs. Die jaar het met ʼn helse “bang” begin en die kinders se skedules is net chaos, so dit was tyd dat ons 3 manne vir ʼn slag alleen ontsnap van al die geraas en weer tyd met mekaar spandeer. Ek moet eerlik wees, ek was al vele male in die Cederberge, maar die laaste paar jare het ek net…
Dit is Januarie maand en my maat die wêreld is warm, veral hier in die Boland. Meeste van die vriende is al terug van vakansie en daar lê nog een naweek oop voor die skole begin, so toe Hugo met die voorstel kom ons moet ʼn kamp inwerk het ‘n paar van ons hande opgesteek. Ek voel ʼn vere waar ons gaan kamp, daar moet net water wees – dit was al vereiste wat ek gehad het. Hugo bel ‘n paar plekkies en die lot word toe geslaan op Altyd Water…
Die einde van die jaar is op ons en ek dink almal is net lus om die tuig neer te lê en te ontsnap van een mal, op en af jaar. So ‘n paar weke gelede het Mauritz met die voorstel gekom dat hy graag sy vrou en ʼn paar van ons vriende twee van sy gunsteling plekke in die Tankwa wil wys. ʼn Kaart is na my geskiet om te vra of ek en die seuns wil join… Ag, met my ou rubber armpie was dit ʼn maklike ja! Ons…
Ons reis verder op ons Noord-Kaap & Botswana toer. As jy die eerste twee gedeeltes van ons toer gemis het, lees gerus Verneukpan wind & Putsonderwater se eensaamheid & Reën & Donderweer by Botsalano. Van Gaborone volg ons die A12 tot Letlhakeng (+/- 125km) waar ons vir die laaste keer sou diesel kry na en van Khutse. Soos geluk dit wou hê, is een van die enigste twee vulstasies sonder diesel en dus word daar in ‘n ry gestaan by die tweede en enigste een met diesel in die omgewing. Seuns…
Ons reis verder op ons Noord-Kaap & Botswana toer. As jy die eerste gedeelte van ons toer gemis het, lees gerus Verneukpan wind & Putsonderwater se eensaamheid. Van Witsand Kalahari Natuurreservaat volg ons die grond pad tot ons aansluit by die N14 en dan is dit reguit Vryburg toe waar ons COVID toetse moet laat doen. COVID toetse is glad nie ʼn hoogtepunt vir enige kind nie, maar ek moet sê die 3 jong manne was “champs” en dinge het seepglad verloop by Vryburg Pathcare. Ons volg die N18 tot by…
Dit is 04h30 Woensdagoggend en ek kyk vir die wekker soos die minute af tik. Net voor die wekker 04h45 raas druk ek die knoppie dood en ek weet dit is “sulke tyd”. Die opwinding is hoog en dit vat net ʼn ligte skud aan die skouers en die seuns is op en begin al praat van hoe en waar ons gaan ry vir dag 1 van ons Noord-Kaap/Botswana toer. By die garage voor die Hugenote Tonnel breuk Lourens Hugo se stem oor die VHF radio. Hy en sy seun, Josua,…
Hierdie was een van die langste winters vir my. Vir een of ander rede het dit net gevoel dit wou nie einde kry nie. En op dit het die verdomde virus, COVID, ook nie gehelp met die bors nie, maar dit is alles iets van die verlede en ek kan nie wag vir Wellington & sy 40+ grade nie…sjoef. So, toe dit lyk of ons ‘n paar warm dae sonder reën gaan kry het ons onmiddellik plan gemaak om bietjie te gaan kamp saam met vriende. Reon Visser het vir ons…
Dit was weer tyd vir ‘n solo kamp met my twee gunsteling mense (my seuns) en nadat ek die fotos van Anton Trollip op Facebook sien van sy kamp by Moon River Bush Camp het ek geweet dit is ʼn plekkie wat ek alleen met my seuns wil gaan verken en beleef. Laaste paar wegbreke was saam met vriende en alhoewel ek die reise en naweek wegbreke saam met vriende baie geniet, is dit vir my ook belangrik om met my seuns alleen tyd in die natuur te spandeer. Vrydagmiddag en…
Een van die seuns (veral Jean) se gunsteling YouTube kanale is die van Brodie van YBS Youngbloods. Orals waar hy reis is sy hond, Stryda, saam met hom – of dit in sy UTV, Cruiser, boot of selfs op sy jet-ski, Stryda gaan orals saam. Ek het geweet dit gaan net tyd wees tot die jong man met die voorstel kom dat ons, ons honde (Pepsi, Basjan & Antjie) saam op ʼn naweek wegbreek vat. Wel daai dag het toe gekom… Pepsi (+/- 9 jarige Curley Coated Retriever), Basjan & Antjie…
Dit is Junie maand en ʼn mens moet glad nie verbaas wees dat die aande in die Koue Bokkeveld onmenslik koud is nie. Ek & die seuns was nie lank terug op ‘n kamp (Solo kamp op die maan) in die omgewing, en alhoewel ons koue aande beleef het, was dié naweek se temperatuur saans net ʼn paar trappies laer. Met die dat Tigger se ratkas op ʼn tafel by ou Martin van Heerden lê, besluit ek dit is ʼn goeie tyd om weer die grond tent uit die rakke te…