Buitelewe

Stonehill Lodge

12 Nov: Familie tyd by Stonehill River Lodge

Een van die grootste probleme in vandag se gejaag is om tyd te maak vir familie. En ek praat nie van jou kinders en wederhelftes nie, maar jou groter familie: broers, susters, nefies, niggies, oumas, oupas en dan, as jy baie bevoorreg, is oupa- en oumagrootjies.   Nou ek sal bieg – ek was een van daai mense wat altyd die standaard verskoning van “ek is net te besig” gebruik het en as jy jou oë uitvee dan sien jy van hierdie individue dalk 1 of 2 keer ʼn jaar. Ja,…

Tankwa Karoo

03 Nov: Warm & harde naweek in die Tankwa Karoo

Ek weet nou nie of dit ‘n gesegde of ‘n wyse sê ding is nie, maar een ding wat ek al eerstehands beleef het is dat as jy iemand regtig wil leer ken gaan toer/reis saam met hulle. Om saam met hulle om die vuur te kuier tuis is “quick & easy”, maar as jy ’n paar dae saam spandeer en as daar soms ʼn hick-up of twee jou kant toe gegooi word dan sal jy ʼn idee kry van die persoon se karakter. Nou met die filosofiese stukkie agter ons,…

Blog Main Image Template

13 Oct: Naweek by Postberg Reservaat

Dat 2020 een mal jaar is, is ʼn relatiewe begrip om die minste van die jaar te sê, veral die laaste maand. Dit was tyd om die kop weer skoon te kry, maar meer belangrik om die seuns weer aan die beweeg te kry; weg van die huis en al die geraas. ʼn Onderwyser kan hulle ook net soveel leer in die skool, maar naweke is daar om hulle te leer van die lewe, ons mooi land en die plek wat ons Afrika noem. Soos 90% van alle wegbreek naweke was…

Blog Main Image Template

15 Aug: Jag by Mimosa Lodge

Dinsdag laat middag kom die nuus deur dat die regering dit goed gedink het dat jag ʼn dramatiese effek op die COVID-19 pandemie gaan hê en dus is daar ʼn onmiddellike verbod op die bedryf geplaas. Angs & anergie breek uit op ons WhatsApp jag groep. Ek voel aan hoe daar trane opbou by groot manne, want maggies ons gee nie om, om in gehok te wees in ons huise nie, ook nie as ons nie saam met vriende om ʼn vuur mag kuier tuis nie, maar my bliksem (skuus, maar…

Blog Main Image Template

17 Jun: Kuier op Plaatfontein

As iemand begin van die jaar vir my genoem het dat ons, en so ook die res van die wêreld, op ʼn “lockdown” gaan wees sou ek die persoon sterk aangeraai om sy medikasie weg te foeter want WTF dink jy ou maat. Hierdie is nie Hollywood nie – trek jou ronde gesiggie weg van die TV en lewe vir ʼn slag man #SiesMan. Maar ja, so is die koeël toe wragtig deur die kerk en oom Cyril se ons moet Jan Tuisbly vir ʼn paar maande. So word die beperkings…

photo_2020-03-20_10-47-42

20 Mar: Kamp by 22Watervalle

Met die dat Jean & Marli in Johannesburg was vir die Junior Nasionale Onderwater Hokkie kampioenskappe het ek en Lian besluit daar is nie ʼn manier dat ons twee tuis gaan sit oor die naweek nie. Vrydagmiddag word daar vinnig iemand gereël om na die honde te kyk oor die naweek, ʼn paar goed word in Tigger gegooi en dan is ons twee in die pad op pad Porterville toe. Die afdraai na 22Watervalle is op die R44 net buite Porterville (dit is as jy van Gouda se kant af kom)….

AlartsOewer2

26 Feb: Kamp by AlartsOewer

Vrydagmiddag so net na 4pm ry ek en Lian Rawsonville binne. Die jong knaap is verby opgewonde en hy het goeie rede. Ons twee is op pad AlartsOewer toe vir ons jaarlikse kerk, NG Wellington Oos, se “pa & kind” kamp. Net buite Rawsonville draai ons regs op die Louwshoek Boontjiesrivier pad (maggies daai is nou ʼn mondvol) tot ons die T-aansluiting kry waar Pannie & Kai vir ons gewag het. Soos dit nou maar is met tegnologie het oom Garmin ons (en so ook ʼn paar van die ander pa’s…

Camp Google 1

19 Dec: Kamp Google & Posroete

Die jaar het einde se kant toe begin staan en almal was maar lekker gatlam van die dag-tot-dag se gejaag. Ou groot Jacques kom toe met die voorstel dat ons vir ‘n aand moet wegbreek, net ons mans. Sy woorde was skaars koud en ʼn datum is vas gemaak. Beste om hierdie 48 uur avontuur op te som is die volgende twee video’s op ons YouTube kanaal. Tot ‘n volgende keer. Tarra

48966750293_e814e33ea9_o (1)

27 Oct: Saam met ʼn Rolbos & ʼn knaap van Afrika

Wanneer laas het jy saam met twee wildvreemde families in ʼn rigting in geskiet? Nee, ek praat nie van daai keer op hoërskool toe jou vriende vir jou ʼn blind-date gereël het met jou eie niggie nie. Wag, voor dit woes weird begin raak laat ek sommer reguit inspring met die storie. Hoe ouer ek raak hoe meer begin ek my verskeie sosiale kanale vir spesifieke doeleindes gebruik. Bv. Facebook is om al die belangrike verjaarsdae en nuus van families te kry, maar ook die een wat my tans die meeste…

Karoo kuier

14 Oct: Klein Karoo kuier…soms chaos

Sover is hierdie een van daai gat-oor-kop jare en dit voel byna of ons nie by alles uit kom nie. Vir een of ander rede het die seuns nog nie hul ouma-grootjie in Oudtshoorn gaan besoek nie en dus moes daar sommer gou ʼn plan gemaak word, want ons is reeds aan die gatkant van die jaar en dan raak die naweke sommer baie vinnig min. Die ou dame staan al aan die ander kant van 90 en dit is belangrik dat die jong knape tyd met haar spandeer. Terselfdetyd het…