Skip to main content Scroll Top

Avonture

Doringlaagte 1

18 Sep: Kamp by Doringlaagte

Loop al lank met die gedagte om skoonpa saam te neem op een van ons pa & seun kampe. Met die dat Marli in Denemarkte was vir so paar dae, het ek besluit hierdie is ‘n gulde geleentheid om hom saam te nooi na ons kamp by Doringlaagte. Vrydagmiddag so net na 3pm glip die vier van ons deur die Hugenote tonnel. Die seuns se opwinding borrel oor met die dat oupa gaan saam kamp en kort-kort moet ek hul keer want hulle praat sommer oor mekaar. Net soos ons die…

Groot Karoo

13 Aug: Groot Karoo se agterpaaie

Winter in die Karoo is altyd iets spesiaal. Alhoewel dit vrek koud is, is daar iets misteries rakende die gebied en sy mense. As geluk aan jou kant is sneeu jy dalk vas in Sutherland, alternatief verken jy elke onbekende grondpad in die distrik. En dit is presies wat ons die lang naweek weer gaan doen het. Verlede jaar het ons saam met die Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé) bietjie die Moordenaarskaroo gaan verken, so toe Marina vroeer die maand met die voorstel kom dat ons dalk paar grondpaaie gaan verken…

Mimosa

01 Aug: Jag by Mimosa Lodge

“Boys! Dis nou jag, boys! Dis nou jag!”, ʼn paar gevleuelde woorde wat die naweek baie gesê sou word en so ook die tema van die naweek. Donderdagoggend en ʼn fris span manne kom by Villamar Restaurant by mekaar vir ʼn vinnig cappuccino + roomys tasting voor ons die pad Beaufort Wes toe aanpak. Ons span vir die naweek is soos volg: So net na 9am en die twee bakkies se neuse trek N1 se kant toe. Die VHF radio’s begin lewe kry en die opwinding is groot onder die manne….

Gatsrivier 2

02 Jul: Kamp by Gatsrivier

Dit is weer Vrydag en hoogtyd dat ons ontsnap van die wêreld se geraas. Alhoewel die Kaap se reën uiteindelik gekom het, was dit nie ʼn groot genoeg verskoning om die naweek se ontsnapping na die Karoo te mis nie. Die wêreld is nat en ons ry in die reën van Wellington tot net na Theronsberg pas, anderkant Ceres. Die Groenewald’s, wat bietjie vroeër gery het, het intussen vir ons gewag waar die grondpad (R355) begin het. Soos altyd, begin die VHF radio’s lewe kry soos ons die voertuie se neuse…

Namakwaland 1

08 May: Namakwaland 4×4 Toer

ʼn Avontuur wat nie ontstaan om ʼn kampvuur nie, kan nie vertrou word nie – skryf dit neer as jy nie dit geweet het nie. Jy kan nie tuis sit en teug aan ʼn Rooibos tee en dink maggies dit sal nou lekker wees om die bakkies se neuse in die-en-daai rigting te stoot saam met die vrinne nie. Verbeel jou – terwyl jy jou briljante idee op jou vrinne WhatsApp groep bekendstel is die een dalk besig om sy longe langs ʼn 0/8 rugbyveld te verloor en ‘n ander is…

Jag

09 Apr: Jean skiet sy 1st bok op sy 8st verjaarsdag

7 April 2018 is ‘n datum wat ek en Marli nie gou sal vergeet nie. Dit is darem die datum toe ons groot seun, Jean, sy 1st Springbok op sy 8st verjaarsdag plat getrek het. Dit was nie net vir skiet gou ʼn bok nie…nee glad nie. Inteendeel die knaap het al van kleins af, as ek met die windbuks in die agterplaas doenig is, belangstelling getoon. Toe hy groter was het hy bietjie met Paul se .22 geskiet en toe een Saterdagmiddag toe laat ons hom agter die .270 lê….

AfriCamps

04 Apr: AfriCamp by Ingwe

Hoe gemaak as jy en die seuns wil gaan kamp vir Paasnaweek, maar die “beterhelfte” mooi vra dat ons vir ʼn slag iets meer geriefliker kies en vir ʼn slag nie in die bos/gramadoelas hoef te wees nie? Uhmmm. Met die dat ek nog altyd die seuns na die Adventure Land waterpark & olifant reservaat tussen Knysna & Pletterbergbaai wou neem, het ek besluit om Marli “halfway” te kry met haar versoek en vir ons ʼn eenheid by AfriCamps se Ingwe kamp bespreek. Elke kamp (tent) is volledig gemeubileerd met alles…

Zevenputs

19 Feb: Zevenputs, jou lekker ding

Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weet-van-beter” mense. Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot vlaktes vol klip, my gunsteling wegbreek plekke is om kop skoon te maak, moet ek bieg ek begin my kuiers & avonture langs die Weskus meer en meer geniet. Ek dink ook ʼn groot aspek van enige avontuur/naweek wegbreek is die…

Sea Shack

06 Feb: Ontsnap na die Sea Shack

Met die dat 2018 nie begin het soos ek gehoop het nie (eers Waterpokkies en toe die afsterwe van een van my kollegas), wou ek so gou moontlik weer aan die beweeg kom. Met “beweeg” bedoel ek dat ek daar buite in die wêreld moet wees en goed gaan beleef en verken. Met die dat Lian saam met ouma & oupa Vrystaat toe is, vir ʼn week, om vir sy oumagrootjie te gaan kuier, het ek gedink dit is tyd dat ek en Jean bietjie in die pad val Weskus toe….

zipzoom

29 Jan: Zipzoom

Sondagmiddag net na kerk en die Boland se hitte is op sy stukke alweer. As ons nie vandag uit die dorp (Wellington) kom nie, gaan hierdie klein huishouding van vier mekaar waarlik vrek maak. Kinders word skreeuend in die kar gegooi (skuus, bedoel rustig geplaas) en ons skiet Durbanville se rigting in. Altydgedacht Landgoed om meer spesifiek te wees. Het so paar weke gelede die Zipzoom Avonture op die internet raak gegoogle en dit ge-bookmark as iets om met die jongspan te doen, so hoekom nou nie vandag nie. Met die…