Skip to main content Scroll Top

Avonture

Sanddrif

20 Nov: Kamp by Sanddrif

Begin nou al soos ʼn tradisie raak om saam met hierdie lekker “mal” groep te kamp elke November. Lees gerus die vorige jare se artikels hier: 2015, 2016 en een vroeer die jaar. Alhoewel ons mekaar maar min in die jaar sien, is dit altyd een kamp waarna ek baie uit sien. Ek dink wat dit daai edge gee is die feit dat die 7 kinders veral mekaar se geselskap baie geniet. Happy child = happy parent 🙂 Die spannetjie: Danie het met die voorstel gekom dat ons in die Cederberge rigting in…

Roadtrip

13 Nov: Elandsbaai Hotel via Tankwa Karoo

Wou graag die artikel begin het met ʼn definisie wat die vriendskap verduidelik wat daar heers tussen ʼn paar siele saam met wie ek die naweek gehardloop het. Siele wat nie hul moeders se mooiste of slimste kinders is nie en ook nie hul skole verteenwoordig het in een of ander asemrowende sport nie. Baie van hulle sukkel om “sport” in Engels te spel. Hierdie is ʼn klas mens/siel/knaap eie aan homself. Ek het elke moontlike kombinasie op Google probeer, maar alles was hierdie mooi vleiende woorde wat my skoon ongemaklik…

Moordernaarskaroo

26 Sep: Moordenaarskaroo + twee Ouberg Passe

Om ʼn langnaweek tuis te wees is net so goed jy word vir die dorp se eerste klub rugby span gekies, maar in die voorry posisie in plaas van losskakel, waar jy jou talent kan uit leef met jou ligvoetige passies. Met die dat Mnr Afrigter se 110kg niggie graag haar sport talent wil versprei na die van rugby (gee ons asb krag) het hy goed gedink om haar jou plek te gee en jou na die dodelike posisie van #1 te skuif waar die oom oorkant jou jou sagte wang…

Scheppie Saus

12 Sep: Kamp by Scheppie Saus

Lengte is sekerlik een van die beste tye om in die natuur te kom. Dus as daar ʼn geleentheid kom om Tigger (ons ou 80 Series Land Cruiser) se bene te rek sal daar nie gehuiwer word om in te stem nie. Ons laaste stop voor ons die +/- 2 ure rit aanpak Scheppie Saus toe is soos oudergewoonte die Shell garage in Wellington. Die petroljoggies vertrap mekaar amper as daai +/-3 ton knaap daar stop, want hulle weet daar gaan nou baie sous getap word. Terwyl dit ʼn groot aanwins…

Eselbank

22 Aug: Kamp by Die Mond & Cederberg Oasis

Dit is soms moeilik om vir iemand te verduidelik hoe mooi ʼn verlate & dorre landskap lyk. Dit is heel verstaanbaar dat die meerderheid mense neig na mooi natuurskoon gebiede, maar vir een of ander rede kry ek altyd aanklank na plekke waar die niks knie hoogte groei. Een so gebied, bietjie meer as ʼn uur en ʼn half se ry uit Wellington, is die Ceres Karoo distrik. Nie ʼn gebied vir almal nie, en baie sal wonder wat de hel mens daar gaan maak. Die gevreesde R355 wat alombekend is…

Gecko Rock

11 Aug: Kamp by Gecko Rock

Vrydagmiddag so duskant 2pm trek die 80 Series se neus by die hek het. Die tyd het aangebreek dat ek en die seuns vir ʼn naweek ontsnap van die dag-tot-dag se gejaag en geraas. Beste manier om jou kop skoon te kry is om in die natuur te kom – punt! By Touwsrivier draai ons regs en volg die grondpad langs die spoorlyn vir so +/- 30km tot ons die Gecko Rock bord aan ons linkerkant kry. Die reservaat behoort aan die Deal familie (Jonathan & Sharon) van 2002 en bied…

Jamaka

15 May: Kamp by Jamaka

Met die dat Marli tans oorsee (Egipte & Spanje) reis, is daar geen rede om ʼn naweek tuis te wees nie. Dus het ek en Christo besluit om die seuns bietjie vir ʼn kamp te neem. Het al van verskeie vriende van Jamaka Organic Farm & Resort in die Cederberge gehoor en met die dat ek jare laas in die Cederberge was, was hierdie net die verskoning wat ek nodig gehad het. Vrydagmiddag 4pm kry ons vir Christo & Ewan by Kardoesie aan die bo kant van die Piekenierskloofpas. Die kinders…

Blog Main Image Template

10 Apr: Ceres Karoo Toer

Voor ons ons oë kon knip was dit weer skool vakansie en tyd om die seuns uit die huis te kry. Met die dat dit Jean se verjaarsdag, Vrydag 7 April was, het ons besluit ons moet teen Donderdag se kant terug by die huis wees sodat ons darem die knaap op sy verjaarsdag kan verras met sy geskenk. Dit het ons dus met 4 dae/3 nagte gelaat om die 80 Series se bene bietjie te gaan rek en van selfoon sein te ontsnap. Maandag laat oggend, 3 April, en die…

Weskus

31 Mar: Weskus Kuslyn 4×4 Toer

Saterdag, 19 November 2016, kom 5 van ons bymekaar om 1) ʼn paar koues saam te geniet, en 2) meer belangrik om ʼn datum te finaliseer vir ons Weskus kuslyn 4×4 toer. Definitief nie ons moeders se mooiste kinders nie, maar almal het wel dieselfde lus vir ʼn groot avontuur na die vreemde en dus is beplanning nie van kardinale belang nie, want beplanning vorm hoe ʼn trip moet beloop en dit is die laaste van ons behoeftes. Ons weet waar ons wil begin en waar en wanneer ons tuis moet…

Khomeesdrift

31 Jan: Kamp by Khomeesdrift

Nie ʼn groot persoon wat daarvan hou om Nuwejaars voornemens te skep nie, maar wil definitief daarop fokus om hierdie jaar (2017) meer gereeld met die familie te gaan kamp. Die seuns is nou op daai ouderdom dat hul alles daarvan geniet. As ons by die huis kom terug van ʼn kamp word daar reeds gevra wanneer die volgende een is. Dus toe Paul & Marina met die uitnodiging kom of ons wil join vir ʼn kamp by Khomeesdrif was die antwoord maklik. Khomeesdrif se afdraai is so 2km voor Riviersonderend….