Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

AfriCamp by Ingwe

AfriCamps

Hoe gemaak as jy en die seuns wil gaan kamp vir Paasnaweek, maar die “beterhelfte” mooi vra dat ons vir ʼn slag iets meer geriefliker kies en vir ʼn slag nie in die bos/gramadoelas hoef te wees nie? Uhmmm.

Met die dat ek nog altyd die seuns na die Adventure Land waterpark & olifant reservaat tussen Knysna & Pletterbergbaai wou neem, het ek besluit om Marli “halfway” te kry met haar versoek en vir ons ʼn eenheid by AfriCamps se Ingwe kamp bespreek.

Elke kamp (tent) is volledig gemeubileerd met alles wat jy nodig het en kan tot 5 mense per tent akkommodeer. Huidiglik spog hulle met 7 kampe regoor Suid Afrika en as jy nie van die tradisionele “slaan jou eie tent op in die bos” konsep hou nie, dan is hierdie definitief vir jou.

Wat AfriCamps uniek maak is dat al hulle tente presies dieselfde is. Dus as jy bv. by die een in Oudtshoorn al was en jy besluit om bietjie in Pletterbergbaai te gaan kuier, dan sal jy geen verrassings kry nie – alles, tot in detail, is presies dieselfde.

Eerste stop van ons kort avontuur was by my ouma in Oudtshoorn. My suster (Adri) en haar seuntjie (Stiaan) het ook ʼn paar dae by ouma kom kuier so dit was lekker om hulle weer te gesien het saam met die res van die familie in Oudtshoorn.

Kuier by oumagrootjie

Vrydagoggend en ons is na ontbyt op die pad Pletterbergbaai se kant toe. Alhoewel dit ʼn relatiewe kort afstand is, het ons eers laat middag daaraan gekom met al ons stoppe & kuiertjies langs die pad.

Soos gehoop was Marli uit haar nate gelukkig met ons verblyf (AfriCamp) en so ook die seuns. Ons uitsig oor die graslande by Ingwe (so paar km ander kant Keerboomstrand) was iets om te beleef en mens kon heeldag op die hout dek sit en jou verstaar na die natuurskoon om jou.

Vakansie in die Tuinroete

Die Tuin Roete is vol met toeriste aantreklikhede en om elke hoek en draai is daar iets wat jy kan aanpak met die familie.

Eerste op ons lys was die besoek aan die olifant reservaat (The Crags) wat die seuns sonder woorde gelos het … letterlik. Beide het ʼn groot liefde vir diere, maar om hierdie groot “gentle giants” van so naby te sien, is net ʼn ongelooflike voorreg.

https://www.youtube.com/watch?v=49eoNAxb-HA

Daarna, en op aanbeveling van Louise Human, het ons middagete gaan geniet by Enrico restaurant by Keurboomstrand wat stam vol was. Gelukkig was ʼn bietjie geluk aan ons kant en het ons met die intrap ʼn tafel buite gekry. Kan definitief hulle seekos geregte aanbeveel!

Seker onnodig om dit te sê watse onderwerp die aand se gesprekke by ons tent oorheers het.

Volgende oggend en die seuns is al vroegoggend woelig, want die dag het aangebreek waarvoor hulle nou al ʼn geruime tyd wag – Adventure Land se supertubes. Alhoewel ek myself van ʼn stukkie supertube op sy dag hou het ek geweet dit gaan ʼn lang dag wees met hierdie 2 knape. Daar gaan nie einde wees nie so ons moet onsself voorberei vir ʼn lang dag!

https://www.flickr.com/photos/henryjonker/40355910215/in/dateposted-public/

Die park is geleë tussen ʼn denneboom plantasie en dit is moeilik om te glo dat in die middel van die boom woud daar ʼn waterpark is. Soos jy die wandelpad af kronkel slaan die ongelooflike gesig jou tussen die oë en voor ek MES kon se het die seuns alles neer gefoeter en genael vir die eerste & naaste supertube.

Laat namiddag en ons kry die seuns UITEINDELIK daar uit. Die hele spannetjie is pootuit en ons was skaars by die hek uit en die moegheid oorval ons twee passasiers agter.

Enigste manier om so puik dag af te rond is ʼn kuiertjie om die vuur met ietsie kouds vir die keel.

Vakansie in die Tuinroete

Volgende oggend na ontbyt en dit was weer tyd om die lang pad huis toe aan te pak.

Kliek gerus hier vir ʼn paar foto’s van die kuier.

Leave a comment