Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Koue aande in die Koue Bokkeveld

Blog Main Image Template 2

Dit is Junie maand en ʼn mens moet glad nie verbaas wees dat die aande in die Koue Bokkeveld onmenslik koud is nie. Ek & die seuns was nie lank terug op ‘n kamp (Solo kamp op die maan) in die omgewing, en alhoewel ons koue aande beleef het, was dié naweek se temperatuur saans net ʼn paar trappies laer.

Met die dat Tigger se ratkas op ʼn tafel by ou Martin van Heerden lê, besluit ek dit is ʼn goeie tyd om weer die grond tent uit die rakke te haal en die Hilux se bene te rek.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Schoongezicht is so +/- 30km van Op-Die-Berg, op die R303 pad wat na Citrusdal toe gaan. As jy van die R303 links afdraai is dit so +/- 5km se grondpad tot by die kampplek.

Blad word geskud en dit is lekker om weer al die bekende gesiggies te sien. Kinders is natuurlik op ʼn “explore mode” en al wanneer daar gestres word is wanneer dinge dood stil raak.

Maar voor jy jou kan kry, pop ‘n paar uit die bosse, ander verken die berg, swemgat, man hulle verken amper elke vierkante meter van die verdomde plek.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Ons was ʼn fris spannetjie gewees:

  1. Ek & seuns
  2. Bertie Joubert & gesin
  3. Tertius Joubert & gesin
  4. Liezel Joubert & gesin (Retief was op ʼn jag)
  5. Hugo Van Der Merwe & gesin
  6. Reinhardt Malherbe & gesin
  7. Dale Heramb & gesin
  8. Christoff Van Zyl & gesin
  9. Gerrie Van Zyl & gesin

Was lekker om weer saam met Carla se broers (Christoff & Gerrie) te kuier, veral Christoff (Rot) wat ek jare laas nog in Willeklong se dae gesien het.

Die eerste aand van enige toer of naweek wegbreek is altyd die hardste en dié een wat oorleef moet word. In ou Krummel se geval begin dit al hoe meer ʼn wonderwerk raak as hy die aand saam Baksteen (aka Bertie) kuier en hy wel die volgende oggend wakker word. Oomblikke soos sy tweegeveg met sy daktent op sy boswa toe hy 5de plek gekry het en op die grond beland het kom skerp deur!

Die eerste aand het weer nie teleurgestel nie. Ek kan ʼn groot avontuur bundel oor die gebeurtenis skryf, maar die kort weergawe is dat tydens sy vroegoggend nagmars terug na sy karavaantjie het die jong man besluit om sy eie pad te volg, en aai weereens het die jong man 3de (darem twee posisies op) gekry na ʼn puik struikel langs die afgebakende paadjie. Dankie tog, is geen bos paadjie beseer nie.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Een van die goed wat vir my uitgestaan het van Schoongezicht was die swemgat. Toe ek die swaai die eerste keer gesien het, het ek geweet ons gaan probleme hê met die kinders want hoe kan jy vir hul so iets wys en sê jy mag nie swem nie.

Die feit dat ons in die middel van die winter is en dit hoeka in die Koue Bokkeveld ook nog is, is geen faktor/rede vir ʼn kind nie.

Teen die “hoeveelste” smeek gesiggie gee ek in, en daai swaai word nader getrek.

Laat middag en paar manne verdwyn met die 4×4’s om bietjie in die sand te gaan rond speel. Hugo skiet ʼn kaart dat ons die latte ook moet vat, want sodra daai vuur aangesteek word later, dan is daai “window of opportunity” weg.

Die sand walletjie is net hoog genoeg vir die seuns (Liam, Jean & Ettienne) om te oefen en die gevoel te kry van hoeveel krag mens moet gee om net oor te gly. Gee jy te veel en jy duik met jou neus ander kant vas en groot kans jy kry skade op jou voertuig, te min…en soos die mannetjies geleer het, begin jy grawe. Gelukkig het ou Krummel kom help en die manne af getrek van die wal.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Ons was die naweek ook bevoorreg om ʼn verjaarsdag (geluk Ettienne!) te vuur en dit is altyd lekker as daar ʼn verjaarsdag maaitjie in die groep is. Ek was al bevoorreg om my verjaarskag op ʼn paar avonture te vier, maar die twee wat uitstaan is my 30st verjaarsdag op die hoogste berg in Afrika, Kilimanjaro (sal die res van die skakels onder aan die artikel deel) en op ons Namibië toer het ons gaan kuier op Verneukpan op pad Noorde toe.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Top naweek saam met top mense. Dankie vir al die lag en lekker kuier om die vuur julle.

Aan my twee seuns, Jean en Lian: Ek dink jul 2 knape sal saam stel dat die koue in die Koue Bokkeveld net iets anders is. Onthou mens is nie altyd gemaklik wanneer jy reis of goed aanpak nie, maar dit maak dit alles deel van die avontuur. As jul eendag om ʼn vuur sit en ʼn maat kla hoe koud dit is, wil ek nie hê jul moet daar met ʼn mond vol tande sit nie.

Dus gaan ek jul nog na baie kouer, warmer, ongemaklike plekke neem sodat as daar om ʼn vuur oor “onthou jy daai tyd…” dan wil ek hê jul knape moet kan saam praat. Ja Jean, ek weet jy skud jou kop en lag, maar as jy hierdie lees dan het jy al baie ongemaklike oomblikke saam met pa gehad.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Carla baie dankie vir al die reëlings.

Kliek hier vir ʼn paar foto’s en video grepe van ons naweek by Schoongezicht.

Camping @ Schoongezicht in the Koue Bokkeveld

Lees gerus meer oor ons Kilimanjaro avontuur hier:

Related Posts

Comments (3)

[…] is geleë aan die voet van die Skurweberge in die Koue Bokkeveld, Wes-Kaap. Met ons vorige besoek was dit DIEP winter, en my mens ek dink lanklaas so gebewe soos daai […]

Leave a comment