Kilimanjaro – Dag 6

Mweka hek na Springlands Hotel so vinnig as wat jy kan

Maandagoggend 26 Junie 2006 en vir die eerste keer is jy nie lus om uit jou tent te klim nie. 5 dae se klim het uiteindelik sy merk gemaak op jou liggaam. Gister se afdraende het meer skade as die klim na die summit gemaak. Jou bo-bene voel lam en vandag is daar nog 3-5 ure wat vir ons wag. Alles is nat buite, jou stewels is nogsteeds vol modder en jou gaiters nogsteeds nat van gisteraand se mis reen.

Maar dan besef jy dit is nog net ‘n paar uur en dan is dit jy en ‘n warm shower, ‘n koue bier en dan daai bottel Eigevis brannas wat vir ons by die hotel wag. Breakfast val net op die regte plek en almal wil so gou as moontlik in die pad val om die laaste paar km so vinnig as moontlik af te tick. So net na 07h00 en ons is in die pad.

Vandag is daar nie Pole Pole nie – ons sleep vir die grensdraad. Die spirit tussen die ouens was soos dit die eerste dag of soos enige trip in SA. Dit is ongelooflik om te dink ons is nou al vir 6 dae saam op ‘n stuk klim en niemand is gatvol vir die ander se geselskap nie. Shit nou dat ek so daarna kyk laat dit my dink dat ons eintlik ‘n klomp siek bliksems is.

Die wereld is maar nat om ons en alles is vol monder. Hoe laer ons beweeg hoe dugter word die wereld. Die spannetjie wat hierdie paaitjie moes los werk het ‘n helse taak gehad. ‘n Uur in die dag en ‘n lugte reen breuk bo ons los. David en Daniel loop vandag agter en die twee praat ‘n hond uit ‘n bos. Ek dink nie hulle het een keer gestop vandat ons begin het nie. David is 25 jaar oud en is nou al so bietjie meer as ‘n jaar ‘n guide. Daniel doen die ding al bietjie langer en op 32 is hy by verre meer ervare as David. Sy engels is vrek goed en jou bek hang oop as hy begin praat oor die berg en die omgewing. Beide het ‘n passie vir wat hulle doen en met reg, want hulle is maar vrek goed.

Vandag is daar nie ‘n breuk vir middagete of enige iets anders nie. Hierdie pad loop een plek toe en dit is Mweka hek (EINDE) toe. Stadig maar seker begin ons bos wekkers kry wat aan die roete werk.

10h30 en die hele Willeklong span sleep Mweka hek binne. Een kick-ass avontuur is klaar en dit is iets wat ieder en elk nooit sal vergeet nie. Ons het saam klippe gek*k, saam velties gegoei en saam die hoogste berg in Afrika getakel. Ons was seker een van die onvoorbereidste spanne ooit as jy na die gemiddelde gewug in die span kyk. Ons teken in vir die laaste keer en klap ‘n koue bier weg op nog ‘n Willeklong avontuur wat sy g*t gesien het.

By Mweka is ons almal in ‘n 4×4 combi en reg vir die ride van ons lewe. Die pad is nat, k*k en ons combi het alles van toilet reelings, ‘n varing en ‘n roof rack wat lek soos die Victoria valle. Koes ‘n sloot hier en jy voeter amper in die ander een in. Ag ons voel werklik ‘n vere en as dinge moet rol moet dit maar kom.

So net voor 12h00 trek ons Springlands Hotel in en dit is reguit hotel kamers toe. Parma en oom Kobus check hulle goed uit wat hulle by die hotel gelos het. Omrede ons so vroeg by die hotel is word ons genooi na ‘n free lunch. Het lanklaas so lekker geeet soos op hierdie trip en elk het seker so kg of twee op getel.

Die hele dag word daar gepraat van bomme stoot in die swembad en nou is dit ons kans. Ok nou om Parma met ‘n soortvan ‘n swimsuit te sien is seker dieselfde feeling wat meeste mense kry as hulle ‘n scary movie te kyk. Shit man daar is mos reels en om die ding sonder ‘n hemp te sien was erger as toe ons oppad summit toe was.

Uit die water het ek en Ruan gou updates na pals in SA toe gestuur oor die trip en daarna die ander wetters buite die bar area gejoin. Die manne was sterk begin om die local bier te toets. Na die eerste een kon ek net nie meer die gas hanteer nie. Nee hel ek gaan vrek van die goed. Skiet gou terug hotel kamer toe en maak die bottel Eigevis leeg in een van Vic se water bottels. Dink nie die hotel gaan dit smaak as hulle sien dat ons ons eie brannas drink nie. Alles kom mooi in Vicky se Due South bottel in.

Die manne klap die biere hard en ek en Due South gee ons alles. Damn dit voel amper of ons by die huis is. Samesyn word uit die hoogste rakke gebou en almal het lankal van die berg vergeet. Ons is klaar op ons volgende avontuur / kuiertjie en dinge kan nie beter gaan nie.

Twee girltjies van die States (USA) join ons geselskap later en Vic is weer op sy stukke. Om Vic en Parma weereens die engels te hoor goei was k*k snaaks en toe ek hulle begin engels hoor goed praat het ek besef ek moet rustiger gaan op die brannas en coke.

Later is ons weer terug in die eetsaal vir aandete.

“Hey is there a Henry Jonker in your group?” vra een van die waiters.

Goeie hel het ons dan so baie geraas gemaak dat hulle ons nou wil uit goei wonder ek.

“Yeah I am Henry. What’s up?”

“We have a message for you sir. Can you please follow me.”

Wie de hel sal dan nou vir my ‘n boodskap hierna toe stuur wonder ek. Hoop nie die bleddy verkeers department het my fines hierna toe gestuur nie. By die kantoor aan gekom word ek ‘n koevert gegee. Was nog nooit ‘n ou wat op my laat wag het as dit by verrassings kom nie en met die ruk ek die knaap oop.

‘n Birthday kaartjie vir my en oom Kobus van die bulle van Tribe Safari. Terug by die ander ouens wat wag by die tafel en almal is verras met die kaartjie. Dit is nou ‘n baie nice verrassing. Soos ons opstaan kom dieselfde waiters terug na ons.

“Do you mind to sit for another few seconds please. We have another surprise for you.”

Moet my net nie se Liezl van Tibe Safari het strippers vir ons gereel nie. STUNNING!!

3 hotel personeel kom staan voor die tafel met ‘n verjaarsdag koek aan my en oom Kobus en begin Happy BDay in Swahili sing. Die hele eetsaal raak stil en dit voel wragtig of ek in die Spur sit.

Liewe genade gaan dit ooit stop. Dit raak net beter en beter. Almal laat loop met die koek, maar ons gaan dit nie alles opkry nie. Die res het ons maar onder die ander gaste gedeel.

Wat kan ek nou se vir die res van die aand wat julle nie al weet nie. Yeah dit was groot en die ouens het nie op hulle laat wag om die pap duk aan te maak nie. Daar was gekuier of dit die laaste dag op aarde was, maar na 6 dae op ‘n stuk klip mag ons maar.

Wel nog ‘n Willeklong avontuur het sy g*t gesien en daar is ‘n paar mense waarvoor ons dankie MOET se.

Liezl en die res die ouens by <a href="http://www.tribesafari.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>Tribe Safari</a> – shit hierdie girl het so baie vir ons gedoen. Sy het selfs die dag toe ons gevlieg het van JHB soentoe gekom en gesorg dat al ons gear en goed op die vliegtuig kom. Sy was amper soos ‘n ma vir ons en ek reken die arme girl het seker slapelose nagte gehad toe ons op die berg was. Baie dankie aan Lance, Liezl & Rose vir al julle reelings aangaande ons trip.

Dan aan ons familie, meisies en pals wat ons ondersteun het wil ons net se – dankie dat julle daar was, maar maak julle maar reg vir die volgende een, want ek dink hierdie is maar net die begin van nog ‘n paar wild Willeklong trips.

En dan laastens ons Skepper wat gesorg het dat elk veilig terug by die huis gekom het. Dankie ou Groot Seun.

Leave a comment