Barranco kamp (3 950m) – +/- 8 ure hike
Vrydagoggend 23 Junie 2006 en almal is al vroeg uit die tente. Die oggend briesie kleef teen jou been en vir die eerste keer word die warm goed uit gehaal. Nes boer se kind waag Vicky en Parma eers die koue met die minimum goed aan, maar na so paar minute van tande klap is beide in iets warm.
Vandag is die dag wat ons klippe gaan k*k. Dag 3 word gereken as een van die moeilikste dae op die trip, maar beide David en Daniel (guides) probeer dit weg praat, maar die wete dat vandag tuff gaan wees is in almal se gedagte.
Breakfast loop soos ‘n jet en die warm tee doen net die ding vir die koue. Almal voel nog goed en sprake van kopsere is daar niks nie. Vic se 3L water het gister nie lank gehou nie en vandag besluit die knaap of 7L saam te dra. Stuiwe lyne ou maat. Oom Kobus se BDay is iets van die verlede en vandag word aangepak nes enige ander dag – sak jou kop bliksem en sleep vir die grensdraad.
Ron, sy vrou en Mel join ons weer vir die eerste leg.
“Have I told you boys about the horses we have in Kansas?”
Eish as Ron so begin dan gaan vandag ‘n LAAAAAAAAANG dag wees. Vic suip water asof hy een helse hangover het en op een stadium het ek gewonder of die brak homself nie probeer versuip met daai vrag water wat hy dra nie. Die klim is lank en reguit en dit is net een pad en dit is op. Sprake van plantegroei is daar NIKS nie. Dit is net stof en klip en lyk amper asof die Amerikaners en Iraqi’s ‘n woorde wisseling hier gehad het, want hier is NIKS nie.
Pole Pole
Jou gedagtes begin met jou mind games speel en jy begin mense by die huis woes mis. Wat as ek dit nie maak nie? Shit, hoe gaan ek maak as ek begin siek raak? Hoekom begin Parma skielik oulik lyk? Vandag sal ons goed na mekaar moet kyk en seker maak ons klamatiseer goed. Niemand wil sukkel met kopsere nie.
Die oggend briesie wil net nie sak nie en alles word gecover wat jy kan. Nie so seer vir die koue nie, maar vir die son. Gister se kaal, vet pens loopery het gesorg dat ‘n klomp van ons nie op ons rug kan lê nie. Het die son teen die sneeu weerkaatsing HEELTEMAL onderskat. Gaan nie daai selfde fout vandag maak nie.
Pole Pole
Jy klim en klim en klim en al wat jy sien is Kili voor jou en tonne rots en klip om jou. Later voel dit of jy jouself desmoers toe stap en net nie nader kom aan die berg nie. Elke nou en dan word daar gestop vir ‘n nodige water uitlating. Dit is ‘n funny besigheid, want jy suip liters water net om dit oor ‘n uur of twee uit te dinges. Maar ja as David sê drink dan suip ons sommer. Proe nou nie soos brannas nie, maar ja met ‘n bietjie verbeelding kan dit selfs soos ‘n hamburger proe as dit moet.
So na 12h00 kom ons UITEINDELIK by die split waar jy of links kan gaan via Lava Tower of regs kan gaan direk Barranco kamp. David en Daniel reken ons skiet reguit Barranco kamp toe want ons het die oggend gedeelte lekker stadig gedoen wat beteken ons het genoeg tyd gehad om te klamatiseer. Wel as hulle sê dinges dan dinges jy so hoekom sal ons met hulle stry. Almal het al effens wanna-bee kopsere begin kry, maar dit kom en gaan. Nog niks erenstig nie.
So halfuur later breuk ons vir middagete net so duskant ‘n ander groep. O ja net gou raad vir enige girls. As jy ‘n privaat gedeelte soek om jou daad privaat te laat bly, maar SEKER dit is privaat en dat geen ander spanne jou sien nie. Whahahahaha.
Almal was gatlam en moeg, maar die spirits was nog hoog en maak nie saak hoe moeg of k*k jy gevoel het nie die gekskeedery het net nooit einde gekry nie. Middagete sien gou sy gat en ons is weer op ons voete reg vir die laaste stretch Barranco kamp toe. Op die kaart wys dit dat dit nou net afdraende is, maar sprake daarvan is so skaars soos Ruan wat ‘n Tata sal koop – nie ‘n kans in hel nie. Bult op en bult af.
Pole Pole
Ons stap nie meer reguit op Kili af nie, maar beweeg nou so dat die knaap aan ons linkerkant is. Shit dit is massive en tog so naby. Voel amper of jy die knaap kan raak.
So 1 en half uur na middagete breuk ons vir ‘n ruskansie. Soos my gat die klip geraak het het my gemoed my verlaat. Altitude se $()!_#^ kid het my aan my ballas en damn dit voel of my kop wil ontplof. Parma kom sit voor met ‘n grin op sy bakkies en mens sal glo die ding het nou net ‘n Happy Meal by MacDonald’s gewen.
“Bliksem ouboet, maar jy lyk kak. Is jy ok?”
“Shit ou maat ek weet nie of ek besig is om te vrek of klaar gevrek het nie, maar my kop voel of dit wil ontplof”
“Vasbyt jou sleg ding ons is amper daar” rommel die brak af en gaan voort om sy Knickknacks pakkie te verwoes. Ruan is ook hande op die kniee en niks kom van sy kamp af nie. Oom Kobus en Vic moes WEEREENS ‘n veldtie vat en mens sal glo hy is besig om homself van binne te verloor.
Dit voel of die doods-engel langs my sit en al wat deur my kop gaan is dat ek ‘n teiken soek. As ek net weet hoe ver om te gaan kan ek my body aanpas om deur te druk vir die laaste stretch, maar hierdie ontwetende kennis waar jy nie ‘n bleddy clue het waar en hoe ver jy is nie is sielsbrekend. Stap nog al die jare met ‘n kaart en hou daarvan om te weet waar ons is, maar hier sak jy net kop en voeter voort.
“We are almost there guys. Ontly 1 hour left”
Liewe f*k, hy het dit seker so 3 uur gelede ook gesê en dit bly nogsteeds een damn uur. Het hierdie ouens ooit ‘n benul van tyd, begin ek wonder. Vir wat dit werd is kan ons nog 4 ure van die kamp af wees wat gaan beteken ek gaan vierkantige klippe begin k*k.
Paar 100m later begin ons sak en onmiddelik begin die kopsere beter word. Eers bid jy vir afdraende en as jy dit kry bid jy vir ietsie op. Die afdraende was hard op die kniee en NIEMAND was beindruk daarmee nie. Die jokes was klaar, lippe stukkend gebrand en al waaraan jy kan dink is waar de hel is hierdie kamp?
Ver in die verte sien jy kleur spikkels wat wraggies die tente moet wees of is dit nou net jou oë wat games met jou speel. Maar hoe meer jy af voeter hoe groter word die spukkels. Dit is wraggies Barranco kamp (3 950m).
16h00 en ons voeter Barranco kamp binne. Die dag was lank en almal wil net van hulle voete af kom. Weereens word die bakkies warm water naby die tente staan gemaak. Ruan se kopseer wil net nie weg gaan nie en hy besluit om so bietjie te lê. Die res van die ouens is almal ok. Geen kopsere en naarheid nie. Vanmiddag se koppie tee sukkel maar en alles wat jy doen is moeite. Barranco kamp is in ‘n kloof en dit is amazing want links en regs van jou is hierdie masiewe berge en voor jou is n “bed of clouds”.
Aandete kon nie vinniger kom nie en alles wat eetbaar was was vernietig. Ruan se suurstof lesing het effens gesak en die kopsere wil net nie weg gaan nie. David beveel aan dat hy ‘n kopseer pil drink en as dit nog nie weg is nie hy ‘n halwe Dimox (help vir die sintome van altitude sickness) moet gebruik. Ons is nou presies halfpad en die glory om Kilimanjaro te klim is lankal by die agterdeur uit. Dit is nou net ‘n geval om dag vir dag aan te pak en om te hoop en bid dat die altitude jou nie onder kry nie.
Elk loop vir sy laaste draai voor daar in die tente in gekruip word vir ‘n wel verdiende nagrus, dit is as jy kan slaap. Die wete dat ons oor minder as 18 ure gaan skiet vir die summit is in almal se gedagte. Jy probeer, maar die slaap kom net nie. Parma se gat het nog nie eers sy slaapsak geraak nie en die ding snork of die bleddy Fillestyne ons aanval.
3 down, 3 to go. Nag ou grote.
Lees gerus:
- Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m)
- Dag 2 – Shira kamp (3 800m)
[…] Dag 3 – Barranco kamp (3 950m) […]
[…] Avonture Kilimanjaro – Dag 2 0 0 By Henry Jonker Avonture Vriende July 10, […]
[…] Dag 3 – Barranco kamp (3 950m) […]