Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) – +/- 6 ure hike
Woensdagoggend 21 Junie 2006 en Parma snork soos ‘n ou Bedford trok wat sukkel teen ‘n hewel uit. Hoe de donder kan die brak nog slaap wonder ek soos ek vir die 1 000 keur na my sell kyk om te kyk of dit nog nie 06h00 is nie.
At freeken laas ruk daai irreteerende alarm (06h00) deur die kamer. Parma ruk sy muskiet net af en beide van ons kom face to face met mekaar soos wat ons op die kante van ons bed sit.
“Fok ou maat dit is seker nou maar tyd om hierdie randjie aan te pak. Wag al vir 6 maande vir hierdie dag” probeer ek in so cool Chuck Norris stem sê.
“Yeah. Hoe laat is breakfast nou weer?”
Ons gaan die hoogste berg in Afrika aanpak en die brak kan net worry oor sy pens. Gelukkig het ons nie gister uit gehaal en vandag met n wingerd kop op gestaan nie. Breakfast is so so en daar heers hierdie stilte wat mens effens ogemaklik laat voel. Ek was al seker 34 keer toilet toe en wragtig dit voel of ek weer moet gaan. Wat de donder gaan aan.
Die oggend son skiet vinnig uit en die uitstappie om net die sakke en gear by die hotel ingang te kry laat ons klaar sweet. Die hotel begin vinnig lewe kry en orals skiet daar mense uit met gear. Sommige maak reg vir ‘n Safari terwyl ander hulle sake duskant ons sin goei vir die inweeg. Sakke word vinnig geweeg en nou is dit net die wag vir die bussie om ons berg toe te sleep.
“Hi. Who is Henry and his 4 friends from South Africa?”
Agter my staan een van ons lead guides, David. My eerste indruk van die knaap is dat mens sommer gou kan sien aan sy liggaamsbou dat hy meer as 2 keer die randjie al uit is. Blad word geskud en dit is nie lank voor ons groot pelle is nie. Later join Daniel (ons ander lead guide) die geselsie en vir die eerste keer is daar hierdie rustige gevoel oor almal. Vicky laat weer sy winde uit met gemak en die gek skeurdery begin stadig plek vat.
Nes ons ‘briefing’ klaar is trek die hotel bussie die hekke binne. Sakke word gelaai en elk kry ‘n spot vir sy gat in die bus. Saam in die bus is 4 Amerikaners (Ron en sy vrou van Kansas, Mel van New York en Paul), al die lead guides en tonne opgewondenheid. Gisteraand was alles onder mis en ons kon glad nie die berg sien nie. Vanoggend is daar nog steeds geen sprake van die berg nie en elk wil net een glimps van die knaap kry sodat jy kan weet hoe hard jy gaan k*k.
Ek sit reg agter David wat voor sit en peper hom met allerhande vrae oor die berg. As ek klaar is trek Vic los. Later gee hy van sy peanuts vir ons seker met die hoop dat ons net ons bekke vir 2 min kan hou.
Skiet die pad terug lighawe toe en so 15km uit die dorp breuk ons regs met die berg wat nou glo reg voor ons lê. Teerpad word verruil vir ‘n kronkelinde grondpad deur die woud. Die wereld is groen en orals word daar gewaai van alle rigtings. Die bussie word seker wraggies as ‘n cash cow gesien deur die gemeenskap want almal wat jy sien smile asof hulle nou net die Jackpot gewen het. Shit as hulle maar net geweet het hoe min $ ons by ons het.
Stadig begin ons klim en klim en so ook word die paadjie rowwer en rowwer. So paar min voor die Machame hek trek ons links af vir ‘n ander trok om verby te gaan en nes die lot dit wil hê sit ons vas. Hele vrag is uit en almal stoot en druk waar hulle kan. Dit spin en modder vlieg, maar die knaap is uiteindelik uit.
By Machame hek staan daar klaar ‘n vrag porters en ouens wat tweede handse gear verkoop en wag vir ons. Almal teken in by die kantoor en jy kan voel die ouens wil nou net in die bos kom so vinnig as moontlik en die ding aan die gang kry. Sakke word vir die laaste keer gecheck, gahtters word aan gesit en walking sticks word reg gestel.
“Get your gear guys and lets do this thing!” skreeu David van waar hy besig is met al die porters en gear vir ons 6 dae avontuur.
“Ok guys. We are going to look after you so don’t worry. It is going to be easy. Just Pole Pole (slow slow)”!
En met die woorde draai hy om en ons skiet deur ‘n klein hekkie en breuk regs vir die begin van ‘n avontuur waarvoor 5 ouens nou al meer as 6 maande voor wag.
Pole Pole – om die kuns van hierdie storie reg te kry moet jy in ‘n ritme kom en jouself forseer om nie vinniger te gaan nie. Gaan jy te vinnig dan klamatiseer jy nie vinnig genoeg nie en is jou kanse om 5 895m te sien baie swak. Die pas is stadig en jy besef nie werklik dat jy die heeltyd klim nie.
Die roete van die Machame hek (1 750m) tot by die Machame kamp (2 950m) is ongelooflik goed uit gemerk. Ek reken dat sekere munisipalteite in ons land moet kom kyk hoe jy ‘n paadjie moet skep. Beide kante van die paadjie het storm kanale en elke 10m is een wat weg breuk van die pad om die water weg te voer.
Pole Pole
Soos enige van ons vorige Willeklong trips is ons altyd bevoorreg deur die mense wat ons op ons trips ontmoet het. Wel selfs hier in Tanzania was dit die geval en toe Ron (van Kansas) sy mond die eerste keer oop gemaak het by Springland Hotel het ons geweet die 60jarige ou ballie gaan moerse pret wees.
“You know what guys. We have real live Rattle snakes in Kansas. I will catch you boys one and post it to you”
Om Parma en Vic te sien die Engels goei was k*k snaaks, maar Ron se Kansas aksend het almal aan die lag gekry en bly hou. Op een stadium het ek gereken ek gaan nie die eerste dag eers maak soos ek lag nie.
Middagete ruk elk sy kos pakkie uit sy sak wat ons by Springlands Hotel gekry het en BLIKSEM as dit is hoe middagete lyk gaan ons woes lekker eet op hierdie trip. Bladders word weer volgemaak en met ‘n verpligte 3L water wat elk moet drink is elk klaar met hulle eerste 2L.
Die laaste gedeelte Machame kamp (2 950m) toe word gedeel met ‘n ligte reën. Die woud is dig, maar hoe hoer jy beweeg kan jy sien hoe seker plannte groei ook verdwyn.
Pole Pole
Laat middag skiet ons deur die woud en binne ‘n bank mis in.
“Welcome to Machame camp. Weldone guys! Please sign in and let’s get you guys to your tents.”
Ons kamp was aan die heel verste kant wat beteken ons is more die eerste span wat in die pad kan val. Ons 3 tente, matrasse en gear is klaar reg en dit is net ‘n geval om jou daypack die tent in te voeter. 2 bakke warm water word gou staan gemaak sodat jy kan was wat jy skoon wil hê. Na ‘n koppie tee skiet ons deur die kamp vir ‘n recce en om ook seker te maak dat ons Kansas pals darem ok is met hulle set-up.
Terug by die kamp en Parma kla van kopsere en dat hy nie goed voel nie. Shit ek hoop nie dit is tekens van altitude sickness nie. Skielik is die brak die tent uit en praat hy met Abraham en Jabok asof hy jare se k*k en hare wil confess. Die knaap laat loop en mens kan feitlik sien hoe hy gewig verloor.
“Liewe donder nou voel ek beter. Hoe laat eet ons vanaand?”
Die ouens breuk soos hulle lag, maar ook met ‘n groot relief dat almal darem ok is na dag 1. Na ‘n moerse aandete skiet elk sy tent in om sy gear reg te kry vir die volgende dag en dan om te kyk of jy darem so paar uur slaap kan in kry.
Die dag was lank, maar glad nie moeilik nie. Ons is knie diep in ons avontuur en dit is ma moerse lekker. Almal voel goed en die spirits is nog woes hoog. Elk droom van ‘n koue bier, warm boude en dat jou tent tog sal hou met die reën.
Nag ou grote.
[…] Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) […]
[…] Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) […]
[…] Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) […]
[…] Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) […]
[…] Dag 1 – Machame hek (1 750m) na Machame kamp (2 950m) […]
[…] Avonture Kilimanjaro – Dag 2 2 0 By Henry Jonker Avonture Vriende July 10, […]