Dit was weer daai tyd van die jaar, waar ons span (Clikit Media) weer so bietjie stoom moes afblaas na ʼn baie interessante jaar. Soos altyd is hierdie geleentheid nie net gepaard met ʼn lekker ete & paar drankies nie, maar ook ʼn avontuur wat aangepak moet word. Almal het voorstelle vir Elzet (ons Hoof van Kliëntediens) gestuur en op die einde is daar besluit om Scootours se “Adventure” opsie by Franschhoek. Die spannetjie het Saterdagmiddag so net voor 2pm by La Couronne Wine Estate aangemeld waar ons gashere vir ons…
Sport
Woorde soos Smitswinkel, Chappies (Chapmans Peak) en Suikerbossie sal ek nie sommer gou vergeet nie. Het al so baie daarvan gehoor, maar die Sondag 6 Maart 2016 het ek eerstehands gevoel om die bekende, gevreesde & respekteerde roetes te ry tydens my EERSTE Cape Town Cycle Tour 2016 (109km). Die Argus is nie net ʼn ikoniese resies nie, maar ook die grootste van sy soort in die wêreld. Dus, toe een van my kollegas (Elzet Cronje) met die voorstel kom dat ons die knaap (resies) moet aanpak saam met die MAD…
Sondagoggend, 17 Mei, 9am gaan die skoot af en 10,000 mense is weg om deel te neem aan die FNB Cape Town 12 ONERUN. Met die dat ek en Marli in geboelie is in die resies deur die Laases en dat ons amper NIKS geoefen het vir die resies nie was ons maar effe senuweeagtig vir die avontuurtjie. Op die ou einde het ons onself verbaas en die resies voltooi in ʼn tyd van 1:28 uur. Definitief iets wat ek weer sal aanpak. Welgedaan Kaapstad + FNB. Kliek hier vir meer…
So maand gelede kom die info deur dat Wellington Dukes (Old Boys rugby span) hul jaarlikse rugby dag Saterdag 5 Oktober by Groendal Sports gronde (Franschhoek) hou. Kalender word onmiddellik geraadpleeg, om te sien of SWAMBO ons nie weer in geboelie het vir iets nie, en voor ek my kon kry bevestig ek dat hul my naampie op hul lysie kan skribbel. Het maklik 10 jaar laas rugby stewels aangehad so moes eers ’n paar leen, steel, skollie… Is hierdie besluit van my ’n wyse, bravade, onnosele, asemrowende, ongelooflike, dom…(lys kan…
Dit voel soos jare wat ek en Marli laas ’n lekker breuk gevat het, en toe Adri (my suster) sê sy het vir ons en my pa-hulle kaartjies na die Bokke vs NZ toe in PE was dit net die teken wat ons gesoek het om weg te kom. Die week (+ 2 naweke) sou in 4 afdelings gedeel word. Eerstens was daar die toets in PE en kuier by my sus en swaar-hulle. Moet sê ek het lanklaas so lekker gees beleef by ’n rugby game – welgedaan PE en…
Was nog nooit ‘n groot fan van motorsport gewees nie, maar soos alles in die lewe het dit vinnig verander toe my paaie gekruis het met my groot pal, Ruan de Kock, so paar jaar terug. Die knaap is verby mal oor voertuie en is ook die columnist op Willeklong wat ons alles van voertuie en die sport vertel. Nou Ruan ken karre soos ek die talent het om ‘n situasie op te kan som as ek weet die k*k gaan die fan slaan, maar as daar nou een ding is…