Skip to main content Scroll Top

Buitelewe

01 May: Cederbergfees

Dit is wraggies scary om te dink ons is byna in die middel van nog ‘n jaar. Die ding het dan nou die dag begin en oor ‘n maand begin ons die maande aftel na Kersfees toe. Hierdie jaar het seker, soos vir baie van julle, teen ‘n helse tempo begin en nes jy dink jou gat kan nou rus kry dan word hy in ‘n ander rigting geskop. Ek het ‘n wegbreek nodig gehad, sommer gou, en toe die boys noem dat die Cederbergfees om die draai is het ek…

20 Mar: Kamp langs die Breë rivier

Saterdagmiddag so net na die Stormers se wen in Australia is ek in Tigger oppad Robertson toe. Parma en Steve het besluit om ‘n rustige buitelug aandjie so langs die Breë rivier te hou en na ‘n harde week kan so uitstappie net goed wees vir die siel. Die ander wetters is gescatter tussen Vredendal & Malmesbury. ACDC blaas oor die radio en ek geniet elke oomblik van die rit. Hierdie is Tigger se laaste trip onder my toesig voor ek hom in ruil vir n Corsa Utility bakkie. Die besluit…

07 Mar: Boesmanskloof hike

18h00 en Kulula MN 101 sit sy wiele saggies neer op Kaapstad Internasionale Lughawe. Dinge moet nou vinnig gebeur want ek en Marli het net ‘n uur om by die huis te kom, te pak en dan om Vic en die res by sy huis te kry. Dinge word net ingegooi en dit wat ons vergeet is nou maar vergete en ons sal maar later daaroor huil as ons dit nodig het. Trek so net na 19h00 by Vic se huis in en na ‘n vinnige hello sê hier en daar…

08 Feb: Soplepels witblits & Atlantis se duine

So kom die nuus verlede week deur dat Elizca na ‘n plaas net buite Wellington toe getrek het en om die plekkie in te lyf gaan ons so ‘n rustige braaitjie hou. Nou in my kort bestaan op moeder aarde het ek nog nooit gehoor van ‘n rustige WK braai nie, maar ja kom ons probeer dit. Het skoon die kamera saam geneem want ek moet foto’s neem van so ‘n storie. Dink die koerante sal groot betaal vir die kiekies. Op my onlangse trippie Oudtshoorn toe het my oom vir…

27 Nov: Robertson Rocks fees

“Jonker jou vet bliksem, waar is julle? Julle moet gat-roer ou maat! Dit gaan ‘n grote wees” “F*k Soutie die bakkie gee klaar sy alles. Kou klippe ons is nou daar!!!” Anderkant Worcester voel dit vir my of ek my onderbroek kan begin opvreet van opgewondenheid. Wag al ‘n tydjie vir hierdie fees en na twee stil maande skreeu my liggaam vir die wegbreek. 21h00 en ons sleep langs Soutie en Petra se tent in. Mens kan sien die brak se bek is al droog en sy eerste woorde was amper…

23 Oct: ‘n Jeukerige 4×4 by Trekoskraal

Saterdagoggend 06h00 en ek kan nie meer Parma se inheemse, ondergrondse reuke hanteer nie. Liewe donder, val die ding se binneste dan nou uit sonder dat hy daarvan weet?? Sukkel my gat af om die tent se zip oop te kry en na ‘n paar harde woorde is ek en ‘n kopseer van hel uiteindelik uit. Die sonnetjie wil-wil sy strale oor Trekoskraal (tussen Vredenburg en Parternoster) gooi en die oë sukkel maar om oop te kom. Gisteraand se kuier was mos nou weer heeltemal verby woes uitmekaar geruk en ek…

26 Sep: Wildste braai agterop bakkies

Saterdagmiddag en ‘n vrag pals kom by Parma op die plaas by mekaar vir een helse mission. Vandag gaan ons probeer om ons wildste braai foto te neem vir die Willeklong kompetisie. Gee my skoon hoendervleis om net weer hieraan te dink. Hoe ons dit oorleef het is wraggies ‘n wonderwerk, maar ja so loop hy… Ons konsep was baie eenvoudig. Twee Isuzu bakkies gaan so na as moontlik langs mekaar hardloop (so +/- 50km/h) op ‘n grondpad terwyl Cassie die foto van ‘n leer in die oorkanste land gaan neem….

27 Aug: Trippie op na Leeukop

Ruan het vandag ‘n baie ware ding gesê: elke berg / hike wat jy klaar maak tel in jou TO DO lys. Dit hoef nie die hoogste, langste of verste berg / hike te wees nie. Dit hoef ook nie in verre lande te wees nie, maar hier in jou eie backyard is daar tonne van hierdie wonderlike roetes. Een van hierdie knape is Leeukop in die Moederstad. Ja ja ons weet elke wetter is seker al die koppie uit, maar na ‘n harde week en geen sprake van ‘n budget…

15 May: Kamp by Bontebokke Nasionale Park

Saterdagoggend 07h00 en ons is op die langpad Swellendam se wêreld toe om ‘n recce te gaan gooi by die Bontebok Nasionale Park. Ok, nou vir die ouens soos Kid, Neill en BoerBok – dit is waar mens tonne van die bekende Bontebokke sal kry en waar jy geskiet sal word as jy hulle probeer jag gewapen met net jou onderbroek en ‘n bottel brannas in die een hand. Noudat ek daaraan dink is ek eintlik bly dat BoerBok se dokter hom nie af gegee het nie. ‘n Klein uittreksel uit…

02 May: Cederbergfees

Clanwilliam is nie net bekend vir sy helse dam, die hitte, die groot grapgat legende Tolla van der Merwe en sy laaitie Wicus nie, maar is ook tuiste van seker een van die lekkerste feeste in Suid Afrika namens die Cederbergfees. Hierdie is nie een van daai feeste wat ter duisende mense deur sy hekke probeer jaag nie, maar probeer iets vir jonk en oud bied. Die dorpie se hoofstraat word versier met stalletjies en as jy nie teen tonne bekende kunstenaars vasloop nie moet jy net keer anders dans die…