Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Cederbergfees

Dit is wraggies scary om te dink ons is byna in die middel van nog ‘n jaar. Die ding het dan nou die dag begin en oor ‘n maand begin ons die maande aftel na Kersfees toe.

Hierdie jaar het seker, soos vir baie van julle, teen ‘n helse tempo begin en nes jy dink jou gat kan nou rus kry dan word hy in ‘n ander rigting geskop. Ek het ‘n wegbreek nodig gehad, sommer gou, en toe die boys noem dat die Cederbergfees om die draai is het ek geweet ek moet my gat daar kry. Ek moet die kop skoon kry en ‘n kuier saam met pêlle by ‘n fees was nog altyd die beste medisyne.

Vrydagoggend word die laaste huistakies gedoen en dan is dit in die bakkie en ons en die lang pad. Kry vir Rev en Merlene in Malmesbury voor ons die ketels wyd oopmaak na die dorpie met sy groot dam, Clanwilliam. Die wereld is maar woes nat en koud en ‘n fees organiseerder kan nie vir k*kker weer gehoop het nie. Ons hoop maar net nie ons reën nat vanaand nie.

Was nou al 2 jaar by die fees en om die een of ander rede kom ek altyd terug. Hulle het nie massiewe kunstenaars soos Dozi of Steve nie, en lok ook nie derduisende mense soos die Rittelfees nie, maar dit het seker een van die beste atmospheres en vibes en is net perfek vir ‘n klein dorpie.

Met ons aankoms is dit reguit na die feesterrein en sal ons later worry waar ons slaap vir die aand. Die res van die wetters (Vicky, Viola, Brill, Heinrich & Francois) het seker so uur na ons daar aangekom en Brill is oudergewoonte reguit na die soetwyn stalletjie toe. Knaap het verlede jaar ‘n onmenslike hoeveelheid van die goed weggeslaan en mens kan sommer sien die klein k*k is lus om die pap weer dik aan te maak.

Soos altyd is dit eerste die jonger bands wat deelneem aan die “Battle of the Bands” en dan die groot ysters soos Konsentrasiekamp 20, Anton Goosen, Gian Groen, Southern Gypsey Queen en laaste maar nie die minste nie, Jesse Jordan.

Was verlede jaar ons eerste keer wat ons die ouens van KK20 (Konsentrasiekamp 20) gesien / ontmoet het en damn dit was amazing om te sien hoe die ouens se musiek gegroei het. Teen diè tyd het die brannas weer soos jetfuel begin loop en het ons ‘n lekker possie so links voor in die Burger tent losgeslaan. Al die stress en gemors was iets van die verlede en almal was daar om ‘n kick-ass tyd te hê.

Wat is ‘n Cederbergfees dan nou as ons nie in Estie vasloop nie…???

Van al die feeste wat ek al by gewoon het ek nog nooit die geleentheid gehad om die legendariese Anton Goosen live te sien nie, maar dit was iets van die verlede toe die knaap later die aand op die stage verskyn en bliksem, hy is maar net ‘n legende.

Na hom het Gian sy ding gedoen en hy was weereens ‘n helse gunsteling onder die mense gewees. Van hier af het dinge bietjie meer spoed opgetel en toe Southern Gypsey Queen die stage vat, toe staat almal op hulle pote. Geen woorde kan hierdie band beskryf nie want elke keer wat ek hulle sien, laat hulle my staan met ‘n bek vol tande. Hulle laaste song, ‘n ou ACDC treffer, het die mense skoon mal gehad.

Met verlede jaar se besoek aan die fees was dinge 10 keer maller gewees en hoe party van die ouens dit oorleef het sal wragtig net hulle weet. So iemand was Brill. Eers het hy elke bottle soetwyn op die terrein persoonlik ontmoet en toe later die aand raak hy betrokke in ‘n ongeluk. Om dinge net so klein bietjie van ‘n twist te gee, vra die klein bliksem die persoon in wie hulle vasgery het vir ‘n lift terug kamp toe. But wait, there’s more… om die een of ander rede het die wetter twee ma helse pakke chips gekoop en diè moet ook nou saam…

Die jaar het omstandighede effe teen die knaap saamgeloop. Die soetwyn het sy knieë sommer vroeg losgemaak en aai die knaap moes op een keer vir ‘n NK, gevolg deur n TK, verdwyn net om weer terug te keer vir ‘n groot kuier. So kuier die ouens ‘n hond uit ‘n bos en siedaar hier staan ou Brill soos verlede jaar WEER met ‘n ma helse pak chips. As hy nie almal met die goed gooi nie, dan kry jy sommer ‘n handvol in die bek. Teen hierdie tyd is chaos al iets van die verlede en dinge kan nie beter nie. Ek en ou Vic besluit Brill en sy pak chips moet k*k en ons trek die knaap plat op die grond en maak hom een met sy pak chips. Die wetter het mos ‘n voorliefde vir die goed, so hoekom hulle dan nie van nader bestudeer nie??

Jesse en sy band het die aand met ‘n kick-ass vertoning afgesluit voor daar kampterrein toe geskiet is. Ons spannetjie het met 2 vermeerder, maar ons los dit maar daar; ek het ‘n idée Brill gaan binnekort sy EIE tent koop net vir incase hy weer in ‘n situasie beland waar sy teenwoordigheid ‘n 3de wiel is.

Saterdagoggend vroeg is almal uit die slaapsakke en reguit dorp toe vir ‘n bobaas ontbyt. Na ontbyt moes ek, Marli, Rev & Merlene alweer in die pad val want dit is nou reguit Kaasfees toe by Bien Donnè tussen die Paarl en Franshoek. Heinrich het al vroeg deurgeskiet en dit los nou nog net Vicky, Viola, Francois & Brill oor wat die res van die fees met nuwe durf gaan aanpak.

Ek het die ouens later die aand gesms en al wat teruggekom het is hoe groot dinge daar gaan so ek neem aan hulle het weer net hulle beste gegee.

Vir al die ou en nuwe pêlle wat ons daar gekry het, wil ek net baie dankie sê vir ‘n great tyd en Francois…ek het nog NOOIT IN MY HELE LEWE soveel gelag op een aand soos ek gelag het vir jou nie my maat. Jy is nie ‘n tier nie, maar jy is die tipe hero waarvan mens in comics lees!!

Onthou om agter die ore te was boys…

Leave a comment