Skip to main content Scroll Top

Buitelewe

04 Dec: Bertho se bachelors

‘n Bachelors party is maar ‘n ding wat gevrees moet word as jy aan die ontvangkant is. Myne is darem, DANKIE TOG, iets van die verlede en moet sê met wetter pêlle, soos wat ek het, is ek dankbaar ek het goed daarvan afgekom. Nou dat ek daai stukkie avontuur eerstehands ervaar en oorleef het is hierdie tipe avontuurtjies altyd iets om na uit te sien. ‘n Uitdaging, soms vrek snaaks, maar altyd goeie sports…dit is as jy saam met die regte ouens gaan. Verlede naweek was weer so ‘n geleentheid…

26 Sep: Cederberge se Maltese kruis hike

Die week was lank en die weer verby mislik. Al wat ek wil doen is om in die berge te kom en hierdie liggaam se reset knoppie druk. Die natuur het altyd hierdie vermoë om jou te laat vergeet van jou daaglikse stres / probleme en as dit nie die situasie gaan verhelder nie sal die huidige toestand waarin ek my liggaam vind (verby onfiks) verseker dat ek aan niks anders dink as om net die dag te oorleef nie. Kry maar enige kaart oor die Cederberge en almal sal pronk…

29 Aug: Hantam Vleisfees

Laaskeer wat ek by Calvinia se jaarlikse Vleisfees was, so 3 jaar gelede, het ‘n groot, bef*kte knaap amper my kop van my lyf afgetik net omdat SY meisie MY kom vra het vir ‘n dans. Daai knaap was darem nou vir jou moeilik en mens ek moet sê my onderbroek het lanklaas so aan my boude geklou, maar ja dit is in die verlede. So hierdie jaar toe die knape sê ons gaan toer het daai stukkie verlede diep onder my bewussyn gaan sit en ek het gehoop, en seker…

18 Jul: Bittere koue en harde kuiers

‘n Kuier in die Karoo, veral in die diep winter, is altyd ‘n avontuur op sy eie en was ons trippie Bosvarkie toe (anderkant Calitzdorp) nie vir jou ‘n trip en ‘n half nie!! Die Bosvarkie begin al soos ‘n tuiste vir die Klonge in die Karoo word en mens kan boeke skryf na elke trippie by Mac en sy mense. Vrydag laatmiddag en die bakkies skiet deur Du Toitskloof tonnel. Die berge om ons is bedek met sneeu en mens kan nie help om te dink dit is hoe dit…

23 Apr: Kamp by Quaggaskloofdam

Die naweek het ek myself by die Quaggaskloofdam bevind, waar van ons pêlle aan die “Regional Inflatable Boat Racing” deel geneem het. Die Quaggaskloofdam is tussen Rawsonville en Worcester en is ʼn paradys vir boot en ski eienaars. Saterdag was ʼn mislike dag, weergewys, en die wind en reën het dinge nie maklik gemaak vir die deelnemers nie. Dam resies is gewoonlik gekenmerk aan plat water wat groot spoed beteken. Boot set-ups moes oor en oor aangepas word om met die weer verandering aan te pas. Later het die weer gebreek…

13 Jan: Baie reën en kos vir die siel

Dit wil voorkom of elke jaar maller en besiger raak. 2007 was by verre my besigste jaar ooit en die vakansie kon nie vinniger kom nie. Soos elke vakansie wil ek wegkom van die buzz van die stad en my voete in die stof kry. Ek soek die stilte om my, ek wil nie ʼn half miljoen Transvalers om my sien nie, soek nie rye by winkels nie en belangrikste van als wil ek plekke en dinge sien en doen wat ek nog nie vantevore gedoen het nie. Marli smag en…

11 Sep: Moorreesburg skou

Wat is erger as om saam met ʼn Aussie rugby te kyk? Probeer vir hom verduidelik hoekom jy na ʼn landbou skou toe gaan in die Swartland. Dit is net so goed jy praat met ʼn baksteen. Van al die landbou skoue wat ek al oor die laaste 4 jaar bygewoon het was, en sal, die Swartland skou by Moorreesburg altyd die een voor in die koor wees. Die skou raak nie net beter elke jaar nie, maar die vriende wat mens oor die jare daar ontmoet het kom keer op…

31 Aug: MOL fees

Musiek op die lande het so lekker gevoel op die tong en die feit dat van SA se top kunstenaars op dieselfde dorpie gaan wees het die keuse baie maklik gemaak dat mens nie hierdie fees kan mis nie. Van die ouens het al die Vrydag na werk deurgeskiet en alhoewel my gat woes gejeuk het om hulle te join, het ek geweet dit gaan ‘n grote wees en dan is ek Saterdag weer pap tyres. Kom ons doen die slim ding en skiet liewers Saterdagoggend vroeg deur. Francois (Sieb) het…

13 Jul: Kamp by Algeria

Verlede naweek het ek net weer besef hoekom ek Willeklong +/- 3 jaar gelede op die been gebring het. Dit is daai voertuig wat jou toelaat om net jou slaapsak te gryp en weg te breek van die stad, en natuurlik alles wat daarmee te paard gaan. Soms is dit sommer iets wat almal die Donderdagaand om ‘n vuur besluit het en voor jy jou oë kan uitvee is ‘n vrag wetters die volgende dag in bakkies en êrens op nog ‘n avontuur in Suid Afrika. Bliksem, dit is mos hoe…

28 Jun: Ronnies se watergat en Warmwaterberg

Vrydag laatmiddag en ʼn vrag van die Klonge is alweer op die R62, die keer na oom Ronnie se bekende watergat, Ronnie’s S*x Shop, waar ons beplan om die Vrydagaand te kamp. Vir beter weer die tyd van die jaar kon ons nie gevra het nie, en met ons aankoms so net na 22h00 het almal gesmag na ʼn lekker koue brannas. Oom Ronnie was oudergewoonte op sy plek agter sy bekende bar. Die gatlam en die week se stres by die werk was gou iets van die verlede en om…