Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Cederbergfees

Clanwilliam is nie net bekend vir sy helse dam, die hitte, die groot grapgat legende Tolla van der Merwe en sy laaitie Wicus nie, maar is ook tuiste van seker een van die lekkerste feeste in Suid Afrika namens die Cederbergfees.

Hierdie is nie een van daai feeste wat ter duisende mense deur sy hekke probeer jaag nie, maar probeer iets vir jonk en oud bied. Die dorpie se hoofstraat word versier met stalletjies en as jy nie teen tonne bekende kunstenaars vasloop nie moet jy net keer anders dans die Kaapse klopse jou om. Die vibe is bef*k en dinge is lekker kompak. Nie een van daai stories waar jy myle eers moet aflê om ‘n koue een in die hand te kry nie.

‘n Handtjie vol van die span het ‘n dag vroeër deur gekom en so paar watergate kom probeer uit toets en DAMN het die knape nie lelik 5de gekom nie. Die oggend briesie het vinnig sy g*t gesien en oom tier son is besig om ons van alle kante te voeter. Die dorp en strate is stadig maar seker om lewe te kry en dit vat nie lank of een kick-ass fees in volle gang is nie.

Die dag stap aan en samesyn word uit die hoogste rakke gebou. Met kunstenaars soos Bokkom, Rooibaardt, Valiant Swart, Dozi, Gian Groen, Southern Gypsey Queen & Jesse Jordan om net ‘n paar te noem was Vrydagaand een helse groot party gewees. Paar van die knape het die pap nog dukker aan gemaak toe ons by die dam gekom het wie weet watter tyd. Waar die wetters die krag kry sal net hulle weet want hierdie knaap het maar sy plek in geneem agter in Tigger.

Saterdagoggend en stadig kom daar ‘n siel hier en daar uit ‘n tent. Die bakkies lyk maar bleek en mens kan sien Vrydagaand het sy merk gemaak. Met die wete dat daar nog ‘n groot dag vir ons wag en dat die vorige aand se merk nog duidelik sigbaar is het ons die knaap met albei hande aan gepak.

Hitte was sommer van vroeg af teen ons maar die koues het darem gehelp waar hulle kan. Brill het voort gegaan waar hy die Vrydagaand gelos het en die Swartlandkelder ondersteun waar hy kan. Die kunstenaar tent het lekker lewe gekry en die vorige aand se houe was vergete. Info kom deur dat Kurt Darren die dag gaan optree en voor jy mes kan skreeu is elke liewe moontlike spasie om en in die tent gepak om net ‘n glimpse van die knaap te kry. Die res van die dag was gepak met kick-ass kunstenaars soos Ivan van der Merwe, Eden, Ezra, Christo & Cobus, Nic Stevens, Delta Blue & natuurlik ‘n groot Willeklong favorite Abel Kraamsaal wat sommer met ‘n Willeklong T-shirt die MG was vir die aand ook.

Dit raak alhoe mooiliker om hierdie feeste op te som, want hoe beskryf mens al die lekker tye en vriende wat mens daar ontmoet het. Shit ek kan vir dae skryf, maar ek dink nie daar is iemand dom genoeg om al my k*k te lees nie. Cederbergfees is ‘n moet en as jy dit nog nie op jou te Do lysie het nie moet jy jou g*t in rat kry en plan maak om daar uit te kom. Groot dankie aan al die ander wetters wat die fees gejoin het. Was vrek lekker om julle almal daar te hê en dan ook aan ‘n groot dankie aan Clanwilliam en sy mense vir hulle gasvryheid. Julle ROCK!!!

Leave a comment