Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Wildste braai agterop bakkies

Saterdagmiddag en ‘n vrag pals kom by Parma op die plaas by mekaar vir een helse mission. Vandag gaan ons probeer om ons wildste braai foto te neem vir die Willeklong kompetisie. Gee my skoon hoendervleis om net weer hieraan te dink. Hoe ons dit oorleef het is wraggies ‘n wonderwerk, maar ja so loop hy…

Ons konsep was baie eenvoudig. Twee Isuzu bakkies gaan so na as moontlik langs mekaar hardloop (so +/- 50km/h) op ‘n grondpad terwyl Cassie die foto van ‘n leer in die oorkanste land gaan neem. Die een bakkie se bak is gecover met ‘n seil en is vol gemaak met water waarin die girls (Marli, Gissila & Madre) gaan mal raak. Die braai is gemount op die ander ene en die res van die span (BoerBok, Vic & Steve) is op hom. Ek en Parma was op driver duty en as ek nou terug kyk na die dag was dit seker die beste besluit ooit…

Na so paar demo runs is besluit dit is nou of nooit. Die swembad word op gestel op Parma se bakkie terwyl die kole lekker loop op Tigger se gat. Raaaait, glase word vir die laaste keer vol gemaak en ons poer poer stadig af na die begin van waar ons die foto van hel gaan neem. Die plan is dat ek regs gaan hardloop en dat Parpa so na as moontlik op my linker gat gaan kom. Die wetters op die bakkie moet maar klou vir wat hulle lewens werd is want teen 50km/h met beide hande los kan dit nogals scary raak.

“Jy reg Jonker?”

“Yeah, laat hom loop Parma!!”

Engines brul en ons is weg. Ek trek Tiggger so na as moonlik aan die regterkantste wal om genoeg spasie vir Parma te gee. So tussen die fokus om nie die donder om te voeter met my pals op nie moer Vicky my met ‘n yskoue, slap steak deur die gevreet. Dit is net bloed en k*k wat spat en ek moet vinnig skoon vee om die pad weer te sien.

“Vicky jou lae bliksem! Ek ry jou vandag van die bakkie af.”

“My maaaaaaaaaaaa ry beter bakkie as jy jou ou man!!!”

Die brannas loop hard en nou word daar vir die dood gekuier. Kyk so in my linkerkantste spieeltjie en sien Parma kom mooi in formasie in.

30km/h, 35km/h, 40 km/h…bingo 50 km/h.

“Julle lae bliksem reg daar agter?” skreeu ek deur die klein venstertjie terwyl Rooies oor die radio blaas. Casie gee die teken ek elk wat mal kan raak gee sy alles.

Damn dit was bef*k gewees. Kom ons doen dit sommer weer. Na nog so paar runs van beide kante word daar gereken die smag vir ‘n koue brannas (Eigevis) en coke is nou net te erg, en die dat alles by die huis is word daar besluit genoeg is genoeg.

Terug by die huis word ‘n plaas dam gou gevisit om al die modder en al die ander k*k af te was voor daar weer ‘n nuwe vuur gebou word. Die keer darem ‘n stilstaande een.

Wil net dankie se vir al daai goed wat hulle pals noem vir so kick-ass dag. Bulle ons het dit oorleef al was dit net net.

Leave a comment