Saterdagmiddag so net na die Stormers se wen in Australia is ek in Tigger oppad Robertson toe. Parma en Steve het besluit om ‘n rustige buitelug aandjie so langs die Breë rivier te hou en na ‘n harde week kan so uitstappie net goed wees vir die siel. Die ander wetters is gescatter tussen Vredendal & Malmesbury.
ACDC blaas oor die radio en ek geniet elke oomblik van die rit. Hierdie is Tigger se laaste trip onder my toesig voor ek hom in ruil vir n Corsa Utility bakkie. Die besluit was maar ‘n harde ene, maar dit was tyd dat ek sekere prioriteite moes reg kry en een van hulle was om my uitgawes laer te kry. Mens besef nooit eintlik hoeveel jy uit jou gatsak blaas totdat jy dit op papier neer sit nie. Dog ek bliksem dubbel agteroor toe ek sien wat ek en M tussen ons twee blaas. Maar ja dit is ook iets van die verlede.
Kry die spulletjie (Parma, Marina & Steve) eers op ‘n wynplaas so tussen Bonnievale en Robertson waar die soetheid van moeder aarde eers getoets word. Elk stap met ‘n bottel Maskadel uit en ek besluit om gou fotos te gaan neem van my erf op Aston. Toe ek weer sien is die res ook daar en vinnig word daar besluit dat Steve ‘n kort pad agter die berge om ken terug Robertson toe. Whahahahaa….daai klein k*k het ons seker 4 keer laat verdwaal.
Uiteindelik terug op die plaas, Highlands, kry ons die laaste goed en is dit reguit rivier toe. Die windjie maak ‘n swem poging bietjie aan die mal onnosel kant en die naaste wat ek nou aan water gaan kom gaan in my glas wees. Parma se 9384938324 man tent kry vinnig sy staan en hy is seker die enigste wetter op moeder aarde wat so ‘n ma-helse tent het. Hout word gekap en kort voor lank is ‘n lekker vuur aan die gang. Met ‘n plaas bike in die omgewing kan mens mos nie stil sit nie en so kry elk sy beurt om amper sy naam gat te maak. Gelukkig het niemand in die river beland nie, want ek sal graag wou hoor hoe Steve dit aan sy pa sou verduidelik het.
Parma stoot so lekker stuk ribbetjie, wat Marina van SWA gebring het, op die kole en ‘n aand van lang k*k praat stories begin. Was lanklaas om ‘n vuurtjie waar daar nie vir die dood gekuier is of later die aand agter ‘n ystervark aan gehol word nie. Met die son se strale wat stadig verdwyn agter die koppie kom die koue en ‘n aand gevul met sterre te vore. ‘n Vrag ribbetjies word verwoes en kort voor lank kry ons elk sy spot in Parma se paleis van ‘n tent. Ek sweer ek kan my bakkie daarin parkeer.
Maar dinge is nie lekker hier in die maag nie. Dinge werk nie lekker saam nie en ek moet net keur of ‘n windjie bril hier van agter. Nou met ou arma Marina in die omgewing wil mens ook nie net links en regs laat loop met ‘n brullende bliksem nie. As dit nou net manne was was dit nou glad nie ‘n probleem nie. Parma ruk daai bottel Muskadel van hom uit en die knaap begin sy rondtes doen. O wee die knaap wil nie saam werk nie. Ek besluit om ‘n stealth ene te los en bid dat niemand daarvan sal weet nie.
O MY DONDER!!!
Al daai goed wat jou ouers jou teen gewaarsku het maal 10 en dit is wat ons toe onder die neuse gekry het. Ek dog ek donder net daar neer en kan sien hoe Parma na sy asem snak. Marina probeer keer maar die knaap is daar om te bly en die girl hardloop amper ‘n nuwe ingang deur die tent. Ons ouens breuk uit van die lag en Parma reken hy wil ook deelneem aan hierdie span sport. Aaai as ou Vicky nou maar net daar was sou hy by verre gewen het.
So is almal weer in die tent en ons probeer ‘n tweede keer slaap, maar ooo wee hier kom iets en ek moet net keer, maar voor ek o bliksem kan skreeu kom die klein bliksempie met so klein piep uit en skielik is daar stilte in die tent. Met die dat ek op die punt van die tent lê face my rug na ou Parma en ek kan voel hoe die knaap hier agter my begin ruk vir asem. Ek dog ek maak my nat soos ek innerlik lag, maar ek hou my pose.
“Wat is fout sjomma? Jy lyk of jy ‘n spook gesien het.”, vra ek met my so bekommerde stemmetjie.
“Nee donder JONKER!!! Jy vrek van binne jou wetter…Ons moet jou by n dokter or veearts kry, maar erens het iets gebreuk.”
Aaai dit was ‘n lang aand, maar later het dinge darem gekalmeer en ook maar net omdat almal al seer was van al die lag.
Marinatjie ou sjomma, mag ons nooit weer dieselfde tent deel nie…whahahaha!!!