Skip to main content Scroll Top

Buitelewe

19 Mar: Voorbereiding vir Kili

Kilimanjaro is om die draai en meeste van die ouens soek nog hulle skoene, k*k en hare. Junie is om die draai en voorbereiding gaan slegter as wat dit tans met die Stormers en Cats in die Super 14 gaan. Elke keer as jy jouself kan kry om darem te dink aan oefen dan tref daar een of ander kickass event jou en die thought van sweet en pyn is by die agter deur uit. Hierdie wrede sirkel van events het ons hierdie naweek weer hard getrek met een ma helse…

13 Mar: Woordfees

Dit is Vrydagaand en mens kan in die lug voel dit gaan ‘n grote wees. Jy kry gewoonlik daai gevoel net voordat ‘n verkeersknaap jou af trek en jy weet jy is nou net deur ‘n 60km/h in jou Ford Cortina en die klok het nie ‘n f*k op 60 gestaan nie. Dink daar was ‘n skaap ene voor die 60 – 160km/h. Na ‘n vinnige stop by Nu Bar om ys te kry is dit reguit Jan Marais Natuurreservaat waar Neill & Petra klaar gewag het. Die knaap is ‘n…

07 Mar: Geelstertfees

Laat Vrydagaand sleep twee bakkies vragte pals ‘n koue en winderige Stuisbaai kampeerterein binne. Die plek is verby vol en plek vir ‘n twee man tent is daar nêrens te vinde nie. Na ‘n halfuur se search & rescue kry ons uiteindelik ‘n spot wat toe wraggies nie verder as 200m van die ingang van die fees is nie. Dit kan mos net later vanaand tot ons redding kom. Tente kry vinnig hulle plek en almal is reg vir Struisbaai se jaarlikse Geelstertfees. Die set-up by die fees is heel eenvoudig….

16 Feb: Bokkomfees

Saterdagmiddag so net na 13h00 sleep Tigger ‘n moer warm Veldrif binne. Veldrif is die laaste dorp wat jy kry as jy met die Weskus pad (R27) reguit aan voeter. Baie weet nie van die plekkie nie omrede daar alyd ‘n links gevat word by Langebaan of Vredenburgl. Die visindustrie hou die dorp aan die lewe en vissersbote is orals te siene. Pure Weskus!!! Tente word gou gelaunch by Stywelyne kampterrein en mens kan die woeligheid in die groep voel soos almal nou net die knaap (Bokkomfees) wil aanpak. By die…

18 Jan: Kamp by Ysterfontein

Die vakansie is verby en almal is weer sterk besig om die wa deur die drif te trek. Met die son wat ons nog lekker hard voeter en karavaanparke wat nog wemel met vakansiegangers het ons besluit om gatskoon te maak Weskus toe en ‘n tent of 6 by Yzterfontein te gaan plant. Wil die Willeklong seisoen relatief rustig begin en stadig maar seker in die ding in kom. Blablabla Maar soos elke droom besef jy op een of ander stadium dat dit net ‘n droom is en dat die realiteit…

06 Dec: Robertson Rocks fees

Dit is Dinsdag en my liggaam en selfrespek is nogsteeds nie terug nie. Die Robertson Rock het sy merk gemaak die naweek en dit sommer met ‘n moerse hou moet ek by sê. Die begin van die einde – Laat Vrydagaand trek Tigger sy neus in by Silwerstrand kampterrein wat so ‘n paar km voor Robertson geleë is. Die plekkie (Silwerstrand) is nog al die jare bekend vir sy rustigheid, mooi natuurskoon en natuurlik as jy pappie se boot wil gaan af show vir die Saartjies dan bring jy hom hier….

24 Nov: Hangklip Bash fees

Toe ek die lineup kry van die ouens van Kophou het ek geweet ons moet ons gatte daar kry, maar toe ek hoor dit is by die Hangklip hotel het ek ‘n effe skewe bewerige gevoel in my g*t gekry. Daai gevoel wat jy kry as jy agter ‘n bees stap en jy kan sien sy rug trek so oprent en jy weet hy gaan nou van daai oortollige 300kg MacDonalds k*k ontslae raak. As jy nie sleep nie gaan hulle op jou begrafnis iets moet sê soos: “Hier lê Henry…

16 Nov: Voedsel en Wynfees

As iemand my eendag sou vertel het dat jy ‘n Willeklong trip net saam met girls gaan doen sou en net daar van my stoel af gevoeter het soos ek sou gelag het. Het nie ‘n probleem met die spesie nie, maar dit is mos net nie dieselfde om paniek te saai saam met girls as wat dit is saam met lelike, rowwe misrabele goed soos die bulletjies nie. Dit gaan mos net nie dieselfde wees nie. WRONG!!!!!!!!!!!!!!!!!!! In baie opsigte dink ek meisies draai die krane dalk meer oop as…

09 Nov: Bonnievale Bonanza

Die dag toe ek klaar gemaak het met die Lugmag en rugby het ek myself belowe ek sal nooit weer uit vrye wil hol nie, want my memories met sandsakke en paviljoene op en af was net te woes vir die knaap. Het slapelose nagte van daai k*k gekry en as ek tot vandag toe ‘n sandsak sien dan kom memories van pyn, lyding, poep, vloek, huil terug, om net ‘n paar damn emosies te noem. Ek is nie GEMAAK vir draf nie!!! Saterdagoggend 05h45 en hier staan ek weer met…

02 Nov: Rittelfees

Om die knaap te beskryf is wraggies menslik ontmoontlik. Geen mens kan in ‘n simpel artikel hierdie monster beskryf nie. So hoe nou gemaak ou boeta? Ag hel, ek sal maar net stick met dit wat ek ken en dit is al die goeie tye wat ons beleef het. Die gees en lus vir groot paniek was groot toe ons (Claudia, Paul, Vicky & en) laat die Vrydagaand Vredendal in jaag met Stoffel (Paul se Isuzu bakkie). Dit was Stoffel se eerste offisiële Willeklong trip en ons moes maar net klou…