Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Trippie op na Leeukop

Ruan het vandag ‘n baie ware ding gesê: elke berg / hike wat jy klaar maak tel in jou TO DO lys. Dit hoef nie die hoogste, langste of verste berg / hike te wees nie. Dit hoef ook nie in verre lande te wees nie, maar hier in jou eie backyard is daar tonne van hierdie wonderlike roetes.

Een van hierdie knape is Leeukop in die Moederstad. Ja ja ons weet elke wetter is seker al die koppie uit, maar na ‘n harde week en geen sprake van ‘n budget nie het so paar Klonge besluit om ‘n Sondagmiddag die knaap uit te voeter.

Nou kan ek vir jou sê hoe mooi die berg en views deesdae lyk veral na baie reën, maar julle almal weet dit sekerlik al klaar. Wat ek WEL so bietjie wil op fokus is die knape wat ‘n GROOT probleem met hoogtes het en nogsteeds die stappie aan gepak het.

Ek het altyd groot respek vir mense wat nie sal toelaat dat hulle vrese hulle sal onderdruk nie of besluite laat beheer nie. Die stappie op is heel rustig en net die ideale ding om so bietjie te ontspan en te luister na al die k*k praatery van die ander.

Op een stadium doen jy so effense klim (4m) met kettings en dit is hier waar daai hoogte ding nou ‘n effek begin speel vir mense met ‘n hoogte probleempie. Toe ons op gegaan het was dinge ok en BoerBok en Madre is op met no sweat, maar af…eish!!

Madre was eerste en almal support en ondersteun waar hulle kan. Die girl bewe soos ‘n ou wat maande laas brannas oor sy lippe gehad het en met so bietjie hulp van die ander is sy plat op haar voete en reg vir die laaste stukkie na so paar gevreese minute. BoerBok se beurt volgende en soos palle nou maar is kry hy presies die teenoorgestelde response van die ander.

“BoerBok los gou die ketting en val vir n foto. BoerBok jy gaan jouself verby dood val jou lae rot. My sussie klim daai kettings beter af as jy…”

Almal staar en so paar ouens het seker maar ook gewens die wetter mis die ketting dat ons ‘n goeie kiekie kan kry. Arme Gissela sê maar niks nie en hou maar net dop hoe haar bewerige klong sy voete probeer reg kry.

Wie die bangste is weet ek nie, maar daai ketting het seker nog nooit so stukkie gewig aan hom gehad nie.

N paar stappers wat oppad op is het ook nou al die storie gejoin en ek kan sommer sien hulle het innerlik gebreuk soos hulle gelag het.

Na baie gesukkel en mooi praat is BoerBok die kettingtjietjietjie af. Bliksem, ek dink my ouma kon vinniger daaraf gegaan het.

Terug by die karre skiet almal gou La Med toe vir ‘n koue bier en yeah hier sit ek en vertel hoe ons gewens en gehoop het dat BoerBok sy gat moes afval vir ‘n nice kiekie.

Nou wonder ek…maak dit ons slegte palle of goeie palle wat net ‘n goeie kiekie vir hom wou geneem het wat hy eendag mee kan spog??

Leave a comment