Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

MOL fees

Musiek op die lande het so lekker gevoel op die tong en die feit dat van SA se top kunstenaars op dieselfde dorpie gaan wees het die keuse baie maklik gemaak dat mens nie hierdie fees kan mis nie.

Van die ouens het al die Vrydag na werk deurgeskiet en alhoewel my gat woes gejeuk het om hulle te join, het ek geweet dit gaan ‘n grote wees en dan is ek Saterdag weer pap tyres. Kom ons doen die slim ding en skiet liewers Saterdagoggend vroeg deur.

Francois (Sieb) het slaapplek êrens op ‘n plaas vir ons gereël en dit is later vanaand se probleme om daai plaas te kry. Sakke word vol sente gemaak en dit is skoolgronde toe waar vandag se chaos gaan plaasvind.

Geld wissel hande by die hek, ek kry ‘n ‘stamp’ en reguit na die Wellington tent toe om hierdie droë gevoel in die keel te help. Die week se reën was iets van die verlede en vir beter weer kon ons nie gevra het nie.

Met Pepsi as een van die groot borge was Coke so skaars soos hoendertande. Vandag is dit brannas en Pepsi… Mag ons tog net nie vrek van die goed nie.

Stuk vir stuk word die spannetjie groter en toe ou Oros sy verskyning maak, het ek geweet die speletjies is iets van die verlede en nou word die samesyn reguit in 5de rat gedruk, sommer sonder die clutch.

Sieb en Vic is soos maanhaar ysters soos hulle die speelveld cover opsoek na n oulike, eensame dametjie wat smag na hulle geselskap. As daar uiteindelik kontak gemaak word met iets wat oulik lyk, word alle hoop moertoe geskiet as Brill en Skaap hulle verskyning maak.

Hoe later dit geword het, hoe voller en besiger het daai tent geraak. Om by die bar uit te kom was ‘n uitdaging, so die rondtes het meer geraak. Later was dit so besig dat die bulle sommer direk by die Wellington rep ‘n paar groot goue seuns gekoop.

So net voor skemer het die hele spulletjie opgeskiet na die Pepsi tent waar al die groot ysters gaan optree en die twee wat ek nie wil mis nie is Robbie Wessels & Bok van Blerk. My maat my maat, ek het nog nie so groot tent op ‘n fees gesien nie. Mens sou glo Greenday speel die aand en daai big screen in die middel (vir die mense wat vêr agtertoe staan) was werklikwaar ma woes groot.

Het weer tonne ou vriende raak geloop en voor ons ons kon kry het ons ‘n lekker spot so 1/3 van vooraf teen die kant los geslaan. Dit skreeu, dit sing en dit juig en die vog loop soos water. Depressie jare is iets van die verlede en nou word daar gekuier vir die toekoms.

Om die een of ander rede word daar besluit om gou vinnig weer terug te skiet na die onderste tent (Wellington) om vinnig so paar koues weg te slaan. Maar op hierdie roete moet ons teen ‘n wal af gaan. Nou met al die tonne mense wat heen en weer daarop is, was dit ‘n snotgladde storie. So is hierdie knaap mos nou tier en sal my platvoete mos hierdie situasie lag lag hanteer….whahaahaha…moerse fout.

Mens. ek donner vir jou teen daai wal af dat ek hik. Ek kry my pose reg en is weer op my voete… terug op my gat want dit is nog steeds glad waar ek geland het. Vic en Sieb lag so laat ek dog hulle word aangeval. Plaas dat die bliksems my red van die uiterste embarrasment, maar nee, dit is mos nou my palle…

‘n Ewigheid later is ek skielik op ‘n plaas en dit is tyd dat ek hierdie 110kg horisontaal plaas. Volgende oggend word ek wakker en orals is dooie siele in die kamers. Soos ons by die plaashek uitry, sien ek ou Vic se bakkie onder ‘n boom staan…Manne manne…twee girls agterop die bakkie en een voor in…

Ek en Marli skud maar net kop, begin lag en ry verder…

Wie het nou gesê dit is maklik om ‘n Willeklong te wees…

Leave a comment