‘n Bachelors party is maar ‘n ding wat gevrees moet word as jy aan die ontvangkant is.
Myne is darem, DANKIE TOG, iets van die verlede en moet sê met wetter pêlle, soos wat ek het, is ek dankbaar ek het goed daarvan afgekom.
Nou dat ek daai stukkie avontuur eerstehands ervaar en oorleef het is hierdie tipe avontuurtjies altyd iets om na uit te sien. ‘n Uitdaging, soms vrek snaaks, maar altyd goeie sports…dit is as jy saam met die regte ouens gaan.
Verlede naweek was weer so ‘n geleentheid waar vrinne bymekaar gekom het om ‘n yster (Bertho) vaarwel toe te wens met sy enkel loop dae.
32 stuk man het by Rooiduin, so paar km van Lambertsbaai, bymekaar gekom om net weer vir Bertho te laat verstaan hoekom en waarom en ABC hy hierdie enkellopende lewenstyl wil los.
Rooiduin is pure Weskus en jy is 10m van die see af. Die plek is woes bekend vir sy kreef en daar is nie nodig om rond te loop vir kreef spots nie. Jy voeter by jou tent uit, in jou wetsuit in en waggel die 10m see toe en as jy weet hoe die verdomde ding lyk, sal jy jou kwota van 5 hopelik kry.
Die groot naweek het begin Vrydag laatmiddag toe ‘n paar van ons bymekaarkom… Wag ‘n bietjie, wag ‘n bietjie: uit die man van die oomblik se eie mond “….what goes on tour stays on tour…”
Sorry maar die knaap het ‘n geldige puntjie daar.
Ou Reitz het wel die naweek baie goed opgesom: daar is kreef geduik, klippe geduik, kreef gevreet, neus gebreek, keel natgemaak, gebraai, boulle gespeel, aartappels gegooi, gestoei, nonsens gepraat, mossels geëet & bakkies uitgesleep (my ou arme Corsatjietjietjie).
Bertho jy is klaar / done / finito en moet sê ek het nie baie van die manne geken voor die naweek nie, maar na die naweek sal ek enige tyd weer saam met julle wetters om ‘n vuurtjie sit en van Pyp se yster Gin doppe drink.
Was ‘n great naweek. Baie dankie