‘n Kuier in die Karoo, veral in die diep winter, is altyd ‘n avontuur op sy eie en was ons trippie Bosvarkie toe (anderkant Calitzdorp) nie vir jou ‘n trip en ‘n half nie!! Die Bosvarkie begin al soos ‘n tuiste vir die Klonge in die Karoo word en mens kan boeke skryf na elke trippie by Mac en sy mense.
Vrydag laatmiddag en die bakkies skiet deur Du Toitskloof tonnel. Die berge om ons is bedek met sneeu en mens kan nie help om te dink dit is hoe dit seker lyk in die Alpe nie…natuurlik net op ‘n kleiner skaal.
‘n Vinnige knertsie word eers by Matt se restaurant / padstal op Ladismith gedrink voor ons die laaste 50km Calitzdorp toe pak. Die wêreld is koud om ons en ek weet sodra ek hierdie bakkie stop en uitklim gaan dit ‘n ander speletjie wees. Dit sukkel maar met die opslaan van die tent en die vingers wil nie saam werk nie. Terselfdertyd skreeu my siel vir ‘n brannas en coke so dinge gebeur bietjie vinniger as normaalweg.
‘n Ou weermag tent staan die ingang vol waar jy jou naweek kaartjie koop. Orals is daar hooibale uitgesit as sitplek en daar is genoeg hout en wingerdstomp om die vure die heelaand aan die gang te hou. Die vorige week se reën was iets van die verlede, so daar kan maar gekuier word tot die biesies bewe en dit is presies wat daar gedoen was. Karlien Husselman en Jaycee Crause het die mense tot laataand vermaak en Ivan het ook so paar songs later ingestoot. Die week se k*k en hare het sy tol begin eis en ek het die handdoek ingegooi en tent toe beweeg.
Saterdagoggend en die wêreld is koud…dit is woes koud. Zip die tent oop en word verras met ‘n wit prentjie. Die wêreld is toe geryp en skielik is daai nood nie so dringend soos wat ek gedink het nie. M lyk sleg…wil mos tier wees en tot 04h00 kuier. Vanaand gaan jy sukkel juffie…impak spelertjies!!!
Saterdagoggend is ons almal gou deur Oudtshoorn toe. Ek en M moes familie gaan groet en die ander is om Ruan se wiel te gaan reg maak. Terug by die Bosvarkie en <a href=http://www.wynandwindpomp.com target=”_blank” class="link10">Wynand Windpomp</a> is besig om al sy goed op te stel vir sy show later die aand. Ongelooflik hoe ‘n Boskroeg in die middel van die Karoo skielik lyk of dit reg is vir een mahelse konsert.
Die koue was maar ‘n bliksem en ek dink dit het baie mense by die huis gehou, maar dit bygesê het heelwat mense opgedaag vir die groot kuier en toe Ivan op die verhoog klim, was daar ‘n fris klompie mense.
Na Ivan se ‘set’ was dit Wynand, of soos hy sal sê "Die beste pomp in die dorp", se beurt. Ek het die knaap nog nooit live gesien nie en moet sê ek was nogals verras. Paula het so paar songs na Wynand ook ingeskiet voor daar besluit is dat ja, ons almal is tiere, maar die bleddy koue is net te erg so dit sal beter wees as ons alles binnetoe skuif.
Nou dit is +/- hier waar die kuier ‘n ander level bereik het. Laaste wat ek Brill gesien het is toe hy wys hy moet ‘n TK gaan vat want dinge voel nie meer lekker in die maag nie. Elke sport het maar sy beserings. M was klaar in die bed met ‘n maagkramp en ek dink die vorige aand se kuier het haar heeltemal gebreek.
Ek het later besef Ruan se idee (hoe meer en vinniger ons drink hoe vinniger gaan ons warmer kry en dan sal ons nie meer worry oor die koue nie) wel ‘n k*k ene was… Ons het gevat asof die dood om die draai vir ons wag, maar warmer het ons nie geword nie. Die koue het tot op die been gesny.
Die volgende gedeelte sal diè wat my ken, nie glo nie, maar ek het DIE KEER getuies!! So word daar gekuier en gesamesyn en die wêreld se probleme is iets van die verlede… Tussen alles besef ek later dat bliksem, al my pêlle is weg en dit is net ek alleen..?? Het ek dan nou die afgelope halfuur dan met myself gepraat?? Jip, diè keer was ek die laaste staande van die spannetjie. Moeilik om te glo? WEL SUCK IT UP SISSIE!!!
Die pad terug huis toe die volgende dag is soos elke trip – lank, hard en jy wonder hoekom jy jou liggaam deur hierdie elle lange hel gesit het…maar as jy die aand UITEINDELIK in jou bed lê dan smile jy net want jy weet jy het jou naweek tot die maksimum gebruik. Nog net 5 dae dan maak ons weer so…