Skip to main content Scroll Top

Buitelewe

29 Jun: Helderberg 4×4

Vrydagaand na so paar biere in die gat word daar besluit om die Helderberg 4×4 roete Saterdag aan te pak. Die verdomde roete is minder as 3km van my huis so dit is ’n skande dat ek nog nie daarop is nie. Paul reken dit is ’n goeie plan en hy en Marina gaan ons (ek, Marli en Jean) join. Dit sal Jean se eerste trippie wees so ek is skoon bly vir sy part. Saterdagmiddag skakel ek gou vir Jan, wat al die roete gery het en die reken hulle…

25 Jun: Biedouw 4×4

Daar is ’n paar dinge in die lewe wat ’n moet is. Jy moet braai, jy moet brannas vat (een of ander tyd in jou lewe), jy moet k*k, jy moet hoendervleis kry as die volkslied gesing word as die Bokke ’n mamparra spannetjie aanpak. Net so moet jy ook soms ’n manna naweek saam met jou mede ysters aanpak. Die voorstel word met die beter helftes bespreek en die reken dit is ’n great idee want hulle wil ook saam trek en die hare bietjie los maak…kan seker net boring…

09 Nov: Rittelfees

Maggies, ek raak al weer laks met die updates op die site. Rittelfees was al n week terug en ek kry nou eers kans om iets daaroor te griffel… Al waaraan ek gedink het toe die Rittelfees onderwerp op gekom het was HITTE, en vrek baie daarvan. Was al 3 keer daar en al 3 keer het ek by die dood gedraai as gevolg van die verdomde hitte. Marli op die ander kant was gretig om weer gesig daar te gaan wys – die kort van die lang storie is dat…

08 Oct: Ian se bachelors

Die naweek het ek net weer besef hoe dankbaar ek is dat my bachelors iets van die verlede is. Dit wil vir my voorkom of die goed net rowwer en harder word. Ek was nie eers die bachelors nie, maar aai die liggaam het lekker houe gevat laas naweek. Ou Ian het Vrydag sy moses tee gekom by sy werk toe Sammy & Denver hom kom verras het met ’n koue bier in een van sy oggend vergaderings. Sy werk kollegas het natuurlik van alles geweet en toe knaap dink nog…

25 Sep: Matroosberge hike

Damn die artikel is al 2 weke laat – maar liewers laat as nooit hey. Lengte het glo 1 September begin, maar soos die weer verander in die Kaap is daar geen sprake van mooi weer nie. Sprake dat daar nog sneeu op die Matroosberge was, het iets binne my wakker gemaak – hel ek wou mos nog altyd daai ekspedisie tent van my deur sy passies sit. Bespreek die trippie met Soutie en die is game vir enige iets. Vrydagaand so om en by 20h00 kom ons by die Matroosberg…

16 Aug: Hike na Stanley se liggie

Vir die wat hom ken sal weet die oom (Stanley) is ’n legende in die Ladismith omgewing. Hy het jare terug, 31 Mei 1963 om presies te wees, ’n liggie in die Elandsberg gebou en die kry sy krag van ’n kragopwekker wat aangevoer word deur water. So as die liggie nie brand nie weet die dorp daar is nie water in die berg nie – eenvoudige konsep, maar net een man het daaraan gedink en tot vandag toe is dit ’n bekende landmerk in Ladismith. Meer oor die liggie kan…

12 Mar: MOL fees

Die jaar het die organiseerders besluit om dinge bietjie anders te doen en herkenning gegee aan die naam van die fees: Musiek Oppi Lande. 10 km voor Malmesbury draai jy regs en dan so 800 m verder word jy verras met hierdie massiewe feesterrein in die middel van die lande. Parkeer plek & kampering is daar ten volle en jy kan sien die organiseerders het groot gemik die jaar. Tente kry hul staan en dit is tyd om hierdie fees aan die gang te skop. Hunters was die hoofborg van die…

01 Mar: Hier vrek ons wragtig vandag!

Die avontuurTJIE is al iets van die verlede en al die swaarkry, pyne en seerplekke is al vergete. Soos enige k*k idee het hierdie een ook sy ontstaan gekry om ‘n vuur tussen vrinne met ‘n paar koue brannes klaar in die gat. Hoekom, waarom ons in die middel van somer ‘n stuk grond pad te voet wil aandurf slaan my nog steeds te bowe, veral as hierdie genadelose Karoo grond pad / pas 84km is. As ek voor my eie spieël staan is ek die beste ding naas wit brood…

21 Jan: Drakensberge jou mooi ding

Van Fouriesburg het ons weer op die R712 geklip deur Golden Gate en dan net na die Sterkfontein Dam regs op die R74 oppad Bergville toe. So 30km verder kry jy die Royal Natal Nasionale Park afdraai. Van hier is dit nog so 20km tot by die reservaat se hek en kampterrein, Mahai, waar ons 3 aande gaan kamp. Wat hierdie reservaat so populêr maak is die wêreld bekende Amphitheatre, ‘n rok muur 5km in lengte en 500m hoog. Dit is iets wat gesien moet word as jy in die noorde…

19 Jan: Katse Dam jou wetter

Vrydag, 26 Desember, en ons groep (Marli se ouma & tannie-hulle en beide ons en skoonouers) vat die pad Bethlehem toe via Reitz. By Bethlehem word daar eers ‘n koffietjie en koeksisters geniet by M se ander tannie-hulle, waar haar ouers die aand gaan oorslaap voor hulle die volgende oggend die pad terug Kaap toe aanpak. Van Bethlehem af is dit op die R711 na Clarens en WOW, wat ‘n ongelooflike dorpie. Ek kan nou sien hoekom Clarens so baie die juweel van die Oos-Vrystaat genoem word. Van Clarens af is…