Met die skrywe van die artikel, moet ek bieg – my lyf voel of ʼn Bedford lorrie hom getrap het. Net weereens besef ek dat, SOMS, is jag voorwaarlik nie sag op die lyfie nie, haha. Dit gesê, was ons bevoorreg om weereens ʼn suksesvolle Pa & Kind jag by Klaas & Bert Viljoen van Knoffelfontein te kon beleef. Hierdie sou ook my & Lian se tweede besoek in die Wes-Vrystaat (Luckhoff) wees en Jean se eerste (rugby besering die 1ste jaar en kon toe nie saam jag nie). Ons was…
Vrydagmiddag en die skoolsakke word in ʼn hoek gegooi en dan is ons aan die beweeg. Daar wag vir ons so +/- 340km voor ons ʼn vuur kan aansteek en die week op sy gat kan skop. Op Laingsburg en die “hoe vêr nog” vrae begin deur kom. In my truspieëltjie kan ek die 3 stelle oë van Lian, Reynhardt (ʼn maaitjie van skool) & Mila sien wat net losgelaat wil word. 1.5km voor Leeu Gamka kry jy die afdraai (die Kruidfontein bord is nie meer daar nie) na regs en…
Liewe mensdom, maar die jaar het met ʼn “bang” afgeskop. Dit voel of die seuns se skedule net meer en meer intens raak. Ons kla nie en ons weet ons moet dankbaar wees, maar my kop kort rus. Ek wil weg kom van Whatsapp boodskappe, en is lus vir rustigheid. Ek ping Izak van der Vyver van Buffelsrivier en vra of daar ʼn plek langs die rivier is, vir my en my hond, vir so 3 dae. Izak laat weet die saak is reg, en hy wag vir ons. Ons vorige…
Dit was tyd om die jaar op sy gat te stamp, maar voor ons almal in verskillende rigtings infoeter moes ʼn tradisie voortgesit word. Ons moet ín ʼn rigting skiet met min tot geen idee waar ons gaan eindig nie. Geen tente, so nee jy mag nie jou sussie se tent saam bring nie. Geen kos, ons koop soos ons reis. Verlede jaar het ons die Overberg lekker verken, maar die jaar het ons die voertuie se neuse Noord-Wes gedruk. Jacques het te hore gekom van ʼn plekkie teen die Weskus,…
Moeilik om te glo dat ons klomp vriende, bietjie minder as ʼn jaar laas saam gekamp het. Genade, wat het van die jaar geword. Ons sal hierdie situasie duidelik moet aanspreek by die volgende braai. Schoongezicht is geleë aan die voet van die Skurweberge in die Koue Bokkeveld, Wes-Kaap. Met ons vorige besoek so 2 jaar gelede, was dit DIEP winter, en my mens ek het lanklaas so gebewe soos daai aand. Die keer het ons besluit om in die Somer te kom kuier. Toe ek die foto van Alex Kock…
Ons kuier by Gecko Rock het tot ʼn einde gekom en ons is weer aan die beweeg. Volgende stop is by Laingsburg, 85km verder, en dan is dit nog so +/- 12km tot by Buffelsrivier waar ons vir die volgende twee aande lekker in die veld gaan kamp. By die ingang van die plaas ontmoet ons ʼn oud Boland Landbouer, Izak van der Vyver, en ons manne skud blad. Ons is van die eerste besoekers wat na die groot reën daar kom kamp, so die Buffelsrivier loop op plekke lekker diep….
Na ons twee aande se kuier by Zwartkop Guest Farm, draai ons regs op die R46 na Touwsrivier. Die Matroosberge regs van ons is spierwit onder die sneeu en ons 3 manne lag lekker in die Cruiser want ons weet die volgende paar dae in die veld gaan klippe kou verg. Gecko Rock is so +/- 26km buite Touwsrivier en hierdie sou ons derde besoek aan hulle wees. Ons manne het al die voorreg gehad om by hul Echo Valley kamp asook ʼn “wild” kamp (hulle was vol en het ons…
Vrydagmiddag en die weer in Wellington lyk kwaad. YR.com voorspel ʼn groot koue front wat deur die Weskaap gaan beweeg en die eerste reën gaan Wellington die middag al tref. Ek het geen begeerte om daarvoor te wag nie, so ons 3 manne en Mila besluit om in die pad te val Tankwa Karoo toe. Dawie Joubert van Zwartkop Guest Farm het ons manne genooi om bietjie by hul Lapa te kom kamp en as ek so na die donker weer in my truspieëltjie kyk, is ek dankbaar ons het die…
Donderdag laat oggend het ek gevoel soos Appel se liedjie FOUTE, want ʼn groot naweek het op ons gewag. Meer spesifiek, ʼn JAG naweek het vir my en die seuns voorgelê in Aberdeen. As gevolg van eksamen roosters wat geskuif het, kon ons nie die Woensdag saam met die res van die manne al deur geskiet het nie, maar Donderdagoggend is ons 4 manne (Joshua, Lourens se seun, het ook nog eksamen geskryf) direk na die eksamens in die pad gewees. Met al die groot reën wat ons oor die laaste…
Party mense mag dalk hul wenkbroue so effens op trek en party mag selfs die koppie vol “ek is so verdomp heilig” uit hul hande laat val as ek die volgende stelling maak. Ek was en is nog nooit iemand wat van die “mainstream” avonture of wegbreeknaweke hou nie. Het geen behoefte om Parys se torinkie, Italië se Instagram kus dorpies, Mauritius se oorde, Stilbaai/Hartenbos … bla bla en bla en al die ander “mainstream” kommersiële plekke te gaan ondervind of verken nie. Ek probeer maar altyd my oor teen die…