Skip to main content Scroll Top

Avonture

baliesgat-kamp

18 Nov: Kamp by Baliesgat

Soos met ons Leeuwenboschfontein kamp einde verlede maand het dit hierdie spannetjie (Jonker, Van Tonder, Laas & Swart) net so bietjie meer as ʼn jaar geneem om weer die kamp ding te doen. Dus toe Danie met die voorstel kom dat ons weer ʼn reünie moet hou het almal begin om moontlike bestemmings in die pot te gooi. Dit was tyd dat ons ʼn nuwe plek moet gaan verken. Met die dat niemand al by Baliesgat was nie was die besluit sommer vir ons gemaak. Danie-hulle het besluit ʼn naweek is…

leeuwenboschfontein

24 Oct: Kamp by Leeuwenboschfontein

Die feit dat dit ons klomp manne amper 3 jaar geneem het om weer saam te kamp is wraggies ʼn skande! Maar soos die gesegde gaan – liewers laat as nooit. Middel Augustus het ek die 1st keer van Leeuwenboschfontein te hore gekom toe ons in die vallei langs die plaas gekuier het saam met vriende. Seker gemaak ek het dit op my “to-do” lysie gesit en toe ons (ek, Jacques & Frans) een laat middag gesels het dat ons weer ʼn kamp moet doen het dit na die ideale geleentheid…

ktp

24 Aug: Kgalagadi & Noord Kaap Toer

Hierdie was een van daai vakansies wat “long overdue” was. Met Lian wat nog net te klein was vir ʼn lang toer verlede jaar was beide ek en Marli lus om hierdie jaar die seuns op ʼn onvergeetlike avontuur te neem. Terselfde tyd was dit NB dat Marli buite selfoon sein kom, want anders gaan sy nie 100% kan onspan nie en sal altyd doenig wees met werk aksies. Van my kant was dit eenvoudig – hoe meer remote & eenvoudig die bestemming was hoe beter. Sondagoggend, 24 Julie, en ʼn…

Cederberg_Oasis

05 May: Kamp by Cederberg Oasis

Na ek en Jean se eerste pa-en-seun kamp verlede jaar Junie het my gat gebrand om weer ʼn avontuur saam met die knaap aan te pak. Wil dit actually ʼn instelling maak om so elke ses maande alleen met die seuns te gaan kamp. Met die dat Lian nou eers twee is het ek gedink om nog ʼn jaar te wag voor ons die knapie saam sleep, maar Jean se verkoue het nie beter geword nie en die aand voor ons sou ry het ons besluit dat daar nie ʼn kans…

guano_caves

01 Apr: Kamp by Guano Caves

Met die dat die kinders se skedule deesdae besiger is as ons sin, is ʼn oop naweek soos wit tande. En (hierdie is die swaar pil om te sluk) dit is amper 4 maande laas wat ons gekamp het so dit alleen is ʼn verdomde sonde. Paar vriende het Guano Caves aanbeveel en na ʼn klein hick-up met hul besprekings metode is alles, uiteindelik, gefinaliseer en was ons gepak en reg vir 3 aande se kamp Paasnaweek. Daar was GEEN stilte (opgewondenheid) in die Cruiser van die huis tot by Guano…

Vloedbos

19 Nov: Kamp by Vloedbos

Oor die jare was ek al bevoorreg om verskeie van Suid Afrika se kampplekke te kon besoek het. Nie almal was iets om oor huis toe te skryf nie, maar ʼn avontuur bly ʼn avontuur. Na ons onlangse besoek aan Vloedbos moet ek bieg dat hierdie stukkie kinder paradys tussen Caledon & Berdasdorp tans na #1 op my lysie van kampplekke gespring het. Dit is een van daai kampplekke wat fokus op aktiwiteit vir die familie, maar meer belangrik vir die kinders. Min kampplekke spog met so ʼn aktiwiteite lysie: Supertube…

Kagga Kamma

02 Oct: Kamp by Kagga Kamma

Met die dat somer sy kop begin uit steek en die ergste koue en reën agter ons is dit nou die ideale tyd om in die veld te kom met die kinders. Donderdagoggend en die laaste paar los goedjies word aangeskaf voor ons in die pad val vir ʼn 3 dae wegbreek. Die kinders kan nie meer die afwagting hanteer nie en was al van vroegoggend in die Cruiser. In Ceres word die Cruiser se tanks vol gemaak terwyl ons wag vir die Van Tonder’s (Danie, Elizann & kinders). Van hier…

tankwa_tented_camp

12 Jun: Kamp by Tankwa Tented Camp

Loop al lank met die idee rond dat ek en Jean ʼn solo trippie, sonder Marli en klein boeta Lian, moet doen. Toe ek op Facebook ʼn paar foto’s van Tankwa Tented Camp gesien het was die koeël deur die kerk – daar moet ons definitief ʼn draai gaan maak. Beskikbare naweek gekry (tussen al die kinder partytjies) en Marli geupdate van die beplande trippie. Ongelukkig was daar 2 weke voor ons moes ry ʼn “snag” met die dat die LC80 besluit het hy benodig ʼn nuwe head gasket wat beteken…

Karoo

12 May: Karoo grondpaaie

Vrydagoggend, 1 Mei, so net na 8am suiker 2 volgepakte voertuie (ek, Marli, Jean, Lian, Paul, Marina, Jismene & Chris) Wellington uit op pad na Wagendrift Lodge, die 1st van 2 stoppe. In Worcester word daar by die Shell Ultra City gestop waar Divan & Celia vir ons wag. Na ʼn vinnige koffietjie is ons konvooi weer op die pad en die VHF radio’s begin lewe kry. So 12km anderkant Touwsrivier word daar weg gedraai (regs) van die N1 op ʼn grond pad (P1469) wat al langs die N1 kronkel. Alles…

Tankwa Karoo

26 Jun: Tankwa Karoo se bitter koue

Middel van die jaar is op ons en dit is tyd dat ons weg kom van al die daaglikse doen en late en meer belangrik, om bietjie weg te kom van die rekenaars en selfone. ’n Kaartboek word nader getrek en daar word aandagtig aandag gegee waarnatoe die verskillende grondpaaie hardloop. ’n Aanvanklike roete begin vorm vat, maar iets pas net nie lekker nie – te veel teer (nasionale paaie wat ons moet ry). Ons soek vlaktes, grondpaaie, geen paaie, stilte….hoe minder hoe beter. Ek vat ’n kans en gee Johann…